ANC-hoë ontken beskuldiging van verkragting

Zizi Kodwa. Foto: ANA

Zizi Kodwa, waarnemende ANC-woordvoerder en hoof van die presidensie in die ANC, het in ʼn verklaring die beskuldiging van verkragting teen hom ontken.

Kodwa, ook lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het in ʼn verklaring gesê hy is op 14 Februarie deur Jessie Duarte, adjunksekretaris-generaal van die ANC, ingelig dat die ANC ʼn brief ontvang het van ʼn vrou wat beweer hy het haar verkrag.

Daar is ook in die brief aangevoer dat hy ʼn vrou seksueel aangerand het en twee vroue bedwelm het. “Ek ontken hierdie beskuldigings met die minagting wat dit verdien. Ek weier om my aan afpersing te onderwerp. Die belangrikste is dat ek weier om te buig voor vuilspel deur lafaards wat vanuit hul faksies in donker hoeke vroue gebruik om my te beveg of te neutraliseer.”

Volgens Kodwa is dit tragies dat ernstige maatskaplike kwessies soos verkragting en seksuele aanranding ingespan word vir politieke gewin. “Ek wil graag die swak maar gevaarlike poging tot politieke afpersing en manipulasie ontbloot en veroordeel aangesien dit georkestreer is deur elemente wat ons politiek omskep in ʼn plek waar vuil truuks soos tydens apartheid aangewend word om ander stil te maak.”

Kodwa het gesê hy win regsadvies in om ʼn saak van afpersing of laster aanhangig te maak. “Ek sal nie rus tot ek die identiteit vasgestel het van diegene agter hierdie vuilspel wat hulle van hul apartheidsmeesters en -hanteerders geleer het nie.”

Die ANC-vroueliga het intussen versoek dat die ANC dit oorweeg om Kodwa met onmiddellike inwerkingtreding te skors indien ʼn strafregtelike klag teen hom aanhangig gemaak is.

Duarte het vroeër aan die media gesê die party het die klaer aangeraai om die beweerde voorval by die polisie aan te meld.

“Dit het volgens wat ons verstaan tydens ʼn private geleentheid gebeur. Dit is die bewering. Die ANC sal niks doen daaromtrent in terme van die relevante feite insamel of dit behoorlik ondersoek nie. Dit is die werk van wetstoepassers,” het Duarte aan eNCA gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Zorro ·

Hoekom dit ontken? Daar sal mos in elk geval niks met hom gebeur.

Johanna Botha ·

Ontkenning met die anc …beteken dis waar en eg ???????

Johan H. ·

Dis nou die kaliber van mens wat die land probeer beheer… al so moeg vir die lot

Boy van die Suburbs ·

Ag asseblief! Hou apartheid uit jou persoonlike gemors! Oukei!!!!!

Koos Ubuntu ·

Stem! As hulle apartheid gebruik as skuiwergat dan is hulle gewoonlik skuldig.

John ·

Nee, dis die duiwel wat mens voor versoekings laag swig… Probeer maar die regter oortuig dat dit apartheid se skuld was….

Johan Pieterse ·

Nou is dit apartheid se skuld. Wonder hoekom hy nie Jan van Riebeeck blameer nie.

jAN ·

waar daar n rokie is ,is daar n vuurtjie, maar soos gewoonlik sal hy dit ontken

Kits Sop ·

Dit is net te naby die verkiesing om toevallig te wees. Dit het byna ‘n jaar terug gebeur en die dame skryf ‘n brief. Ek ken nie vir Kodwa nie. Maar ek dink die ou is onskuldig.
Dit is ‘n te ernstige saak om misbruik te word.

Adrian ·

Vuil truuks van apartheid …. ekskuus as daar ooit n party in die land was met smerige vuil truuks is dit die ANC. Zizi jy gooi beskuldigings rond om die saak eenkant toe te laat gaan, dit is die vuil truuks wat jy nou toe pas en dit wys meer daarop dat jy baie het om weg te steek:::: tyd sal leer

Nic ·

Is dit nie amper word vir word dieselfde as wat Zuma in sy verkragting saak gesê het nie? Hoekom kry ek nou skielik die gevoel dat Kodwa ook niks gaan oorkom nie?

Lerato ·

Die vroueliga wil Zizi laat skors nav bewerings.
Maar
Oor Manana wat in ‘n hof skuldig bevind is dat hy vroue aangerand het is hulle doodstil!

Michael ·

Ai apartheid ek het al vergeet wat dit is kan iemand my weer inlig wat dit nou weer was. Hoe siek !!!!!

Verkiesing-vuilspel ·

@ Kits Sop,
Ek stem saam met jou.
Dis vuilspel hier reg voor die verkiesing…
Wonder wat is volgende? Wié is volgende?

Es ·

Hoop sy sondes en leuens ry om. Om hier na apartheid te probeer gryp is sekerlik n poging om die oe na iets anders te wend, hy sou seker die rassekaarg wou speel as hy kon. Wel hy is nou seksities, Wil hy Vroue se reg omhom te weier af maak, daarom verwys hy ook na die donkerhoeke.

Mariana ·

Ai ai altyd apartheid se skuld. Ongelukkig is dit eie aan die ANC, sal nooit enige misstappe erken nie. Arme vrou sal nêrens kom met haar klagte nie. Op einde kry sy net nog seerder. Jammer maar die onaantasbares kom weg met alles.

Adrian ·

Zizi , dit was by ‘n privaatgeleentheid so dan was dit n ANC ding ne, so die aanklaers is dus ANC lede , ok nou hoe kan die ANC lede apartheid truuks toepas ???

Samuel Botha ·

Als is apartheid se skuld.Kan hulle nie hulle man staan nie.

Gert J ·

Hoekom probeer hulle altyd apartheid die skuld gee vir hulle slegte gedrag. Apartheid is afgestel al 26 jaar terug. Neem die verantwoordelikheid op vir jou gedrag.

Emma ·

As hulle nie weet watter kant toe nie en wat om te se nie is dit apartheid se skuld wie vreet dit nog op. Nee wat is julle opvoeding en is ok om met vrouens te mors kom staan julle man as jy jou nie kan gedra as drank volop is nie. Sal die saak dophou so moenie probeer onder die tafel invee nie slag wil ons resultate sien.

Jack Klok ·

Of die aantyging waar is of nie, die beskuldigde sal dit ontken “met al die minagting wat dit verdien”. Dit is dus futiel om te verwag dat hy enigiets anders sal sê..

Aan die ander kant, of dit waar is of nie, die ANC vroueliga neem altyd die vrou se kant en aanvaar goedsmoeds dat die klaagster die waarheid praat. Die betrokke beskuldigde moet onmiddelik geskors word.

‘n Paar maande gelede het ons ‘n soortgelyke geval gehad waar ‘n sekere Dr Ford (sy is ‘n vrou) Donald trump se keuse as regter van die Amerikaanse Supreme Court beskuldig het van verkragting. Trump se teenstanders het onmiddelik ge eis dat Rgetr Kavanaugh gediskwalifiseer moet word. ‘n Deurtastende ondersoek deur die FFBI het egter bevind dat Dr Ford gelieg het, deur die Demokrate opgestook is om Kavanaugh te beskuldig – sy was ‘n klasmaat van hom op hoërskool. – en dat dit moeilik sou wees om sy onskuld te bewys. Hoe bewys jy dat jy iets nie gedoen het nie 35 jaar gelede?

Al soortgelyke gevalle moet met ‘n oop gemoed benader word. Niks moet as vanselfsprekend aanvaar word nie behalwe dat mense veel veel eerder sal lieg as om die waarheid te praat. Vir politici is die persentasie 99%.

Wiehan ·

Ek weet ook van ‘n man wat deur sy eie vrou van verkragting aangekla is. Sy is toe weg met ‘n nuwe boyfriend terwyl by San gehou is vir sy saak. Na 3 weke kry hy borg en die saak neem omtrent 6 maande. Toe die boyfriend al haar geld op gebruik her en al haar meubels en kar verkoop get, skop by haar Onder die allie. Sy gaan trek toe die saak terug sodat sy net ‘n dak oor haar kop Kan hê. Hoekom so maklik Vir vrouens on te beskuldig en dan later Nie eers aan gekla word as hul gelieg get nie. Sê Nie Zizi is onskuldig Nie maar gee him kans. Vrouens Kom Nou met moord weg

Trol ·

Weer word die”apartheidsmeesters” aka blankes se hand daarin gesien. Ek het nerens gelees dat iemand geld van hom geeis het inruil vir swye nie. Is dit nou bravade of vrees?

Elbie Naude ·

Twee aspekte wat my pla. Hoekom reageer die klaagster nou eers ‘n jaar na die voorval, en dit per brief aan die ANC se hoofkantoor? Hoekom nie reguit polisie toe nie?
Tweedens het ek persoonlik al ervaar(en ook al talle kere in die media gelees) dat die raskaart baie maklik op die tafel gegooi word wanneer daar skuld is en geen ander uitweg is beskikbaar nie. Hierdie saak maak die ANC glo baie bekommerd en Me Duarte beveel selfs die klaagster aan om polisie toe te gaan. Geen interne ondersoek en bevinding nie? Groot geel, swart en groen slang in die gras.

Eben ·

Kodwa dis nie apartheid nie dis verseker die ANC se strafkampe ….. of het die ANC vergeet wat alles daar gebeur het?

jaco ·

Kader ontplooiing en jobs vir ANC kaders is ook maar ‘n vuil truuk van apartheid. In die apartheidsjare was die Broederbond die “think tank” agter die regerende Nasionale Party en lekker jobs is gereeld vir Broederbonders uitgedeel. Senior jobs in die staatsdiens en skoolhoofde van veral wit Afrikaners was amper almal Broederbonders. Broederbond lidmaatskap het ook gesorg vir top posisies op moderature van die 3 Afrikaanse susterkerke.

Francois ·

Ja Jaco, klink my jy was daar, en het gedeel want hoe sal jy dan nou anders weet?

hendrik ·

Ontken ontken ontken. So maklik soos dit. En natuurlik is die blankes daarvoor te blameer. Maklik ne jou ou hanswors. Hy’s soos iemand wat in n sirkus werk: Net n paar toorwoordjies en POEF!! weg is die probleem.

Gerrit ·

Defnitief skuldig , apartheid verwysings , hoe onnosel on na iets onrelafant sonder tersaaklike feite te gryp .

SjN ·

Hoe van die ANC, is dit dalk hul probleem. Almal is so hoog op dat daar niemand is om die werk te doen nie, arme oom Jan.

Schalk ·

Francious ingeligtes in SA weet nog meer,dit is net die oningeligte …. blindes wat dit nie weet nie.Kyk maar net na project Hammer FW de Klerk.

Anti-ZIZI ·

Zizi get a life. where there’s smoke, there’s usually a fire. Surely you’re gonna blame apartheid for your lusts.

George in Bloem ·

Janee,dis maar weer die ou storie. As jy skuldig is en ‘n weerligafleier soek speel maar die gerus die rassekaart of blameer Apartheid. Dis mos hoe die ANC rol. Niks nuuts nie net vreeslik amusant vir my om te dink die verwagting is daar dat die ondersteuners onnosel genoeg is om die snert te glo. Die kwaliteit “leierskap” van die swart partye in Suid Afrika is regtig teleurstellend en skokkend. Red nou ‘n nasie met die spul narre.

George in Bloem ·

Janee,dis maar weer die ou storie. As jy skuldig is en ‘n weerligafleier soek speel maar die gerus die rassekaart of blameer Apartheid. Dis mos hoe die ANC rol. Niks nuuts nie net vreeslik amusant vir my om te dink die verwagting is daar dat die ondersteuners onnosel genoeg is om die snert te glo. Die kwaliteit “leierskap” van die swart partye in Suid Afrika,veral die regende party, is regtig teleurstellend en skokkend. Red nou ‘n nasie met die spul narre.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.