ANC-hoë se dogter neem eie lewe

Jackson Mthembu. Foto: Flickr/GCIS

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het Woensdagoggend op Twitter gesê sy dogter het haar eie lewe geneem.

“My oudste dogter, Khwezi Mthembu, het gisteraand selfmoord gepleeg in ons huis [Pelican Park Parliamentary Village] in Kaapstad. Ons is in diep pyn. Ons weet nie wat daartoe gelei het dat sy haar eie lewe op die jong ouderdom van 25 sou neem nie,” lui die twiet.

Mthembu se twiet is met talle boodskappe van medelye begroet. Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, was een van diegene wat haar medelye aan die Mthembu-familie betuig het. “Mag haar siel in vrede rus,” het Mkhwebane getwiet.

Meer inligting was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hasie ·

Mnr. Mthembu, my en my familie dink aan julle met jul groot hartseer.

Melanie Venter ·

Mnr en Mev Mthembu My hart gaan uit na u toe. Mag die Here u toevou met Sy ontfermende hand As mede-ouer kan ek my nie in u ongelooflike hartseer indink nie Weet net u is in ons gedagtes

Nugter ·

Jammer oor hul groot verlies en hartseer mnr. Mthembu, mag God julle bystaan in hierdie tyd.

Alida ·

Baie sterkte aan die familie. Dit is tragies en bitter hartseer.

Genieve ·

Baie druk op ons jongmense en hulle kan niemand meer vetrou nie baie sterkte vir die families dis baie hartseer.

Ida ·

Stem saam die lewe is baie beslis hard en ongenadig teenoor die jongmense. Als om ons maak van almal senuwee wrakke en mense verloor hul lus vir die lewe. Elke dag se moord en dood en negatiewe nuus is genoeg om ons almal emosioneel onstandvastig te maak. Mens moet maar sterk staan en vir baie is dit nie maklik nie. RIV Khawizi

Anoniem ·

Ons innige simpatie met Julle verlies en mag Julle vertroosting vind by Jesus ? Sterkte ???

DeVill ·

So bitter hartseer.

My innige simpatie met die Mthembu familie.

HP ·

Baie hartseer en tragies, nog so jonk. Alle simpatie vir die ouers en familie.? RIP

Ellisras ·

As iemand bo 60 net die volgende. Ek/ons verstaan nie die druk van vandag se jongmense nie. Dit is baie anders as 50jaar terug. Simpatie aan die familie.

HP ·

Stem saam- ek kyk na my eie kinders. Vroee 30 en laat 20s. Hou my op die kniee en om dankbaar te wees vir elke dag.

Anna ·

So jammer… Ons bid dat God die ouers, familie en vriende se hande vashou. Kyk op.

Sanna ·

Beste ouers Mthembu, almal wat deur die selfdood van ‘n geliefde geraak word is ’n slagoffer. Sy was oortuig daarvan dat haar dood haar verligting sou bring van emosionele pyn. Baie sterkte. Mag God jul dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.