ANC-hoë se vrou in hof oor ‘bedrog’

hof-hamer

Argieffoto.

Portia Sizani, die vrou van ANC hoofsweep Stone Sizani, het Maandag in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn nadat sy na bewering die Oos-Kaapse onderwysdepartement uit R1.2 miljoen bedrieg het.

Sizani, wat ten tyde van die beweerde oortreding die distrikskoördineerder van die departement van vroeë kinderontwikkeling was, word daarvan beskuldig dat sy “spookonderwysers” aangestel het en dan hul salarisse vir haarself geneem het. Die departement van vroeë kinderontwikkeling hanteer die aanstelling van Graad R-onderwysers in Oos-Kaapse skole.

Sizani het in 2014 skuld ontken op die 31 aanklagte van bedrog en geldwassery teen haar. Sy het Maandag weer in die hof verskyn, met ʼn groep vriendinne aan haar sy.

Daar is Maandag aan die hof gesê vyf getuies het skielik verdwyn en kan nie opgespoor word nie. Ao. Kobus Kotze, die ondersoekbeampte, het gesê die verhoor was reeds aan die gang toe dit aan die lig gekom het dat daar uitstaande getuieverklarings is.

Volgens Kotze moes ten minste vyf getuies voor die hof getuig. Hy het polisierekords, die mense se kredietrekords nagegaan en vorige adresse besoek, maar die mense het net “verdwyn”. Hy het gesê ʼn lasbrief vir die inhegtenisname van een vrou is uitgereik, maar sy het ook kort daarna verdwyn.

Die hof het ook gehoor hoewel 100 verklarings tydens die ondersoek afgeneem is, is slegs enkele daarvan aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) oorhandig, aangesien ondersoekbeamptes nie almal as relevant beskou het nie.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer die hof uitspraak sal lewer oor die toelaatbaarheid van sekere getuienis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

DPJ ·

Waar daar hoës aangekpa word verdwyn dokomentasies as ‘n reël sodat dielandroshof uit die hof kan gooi.

GES ·

Dit is nogal seer as die lang vingers in die geldlaai vasgeknyp word. Hahaha hehe eish !!

Drieks ·

En hy het seker ook nie geweet hoekom vroulief so baie geld maak nie. Net soos die hele “dam Anc” nie meer weet wie die Anc eintlik is nie.

Sarie 2 ·

Ek is ook van mening dat Raadslede en dies meer loskom weens gebrek aan getuienis. Daar was 100 verklarings afgeneem & genoeg getuies om ‘n goeie saak uit te maak… Nou is daar seker ‘n gebrek aan getuienis & die saak sal uitgegooi word!!! Sò word sake “gekook”, want hulle beskou nie die eed ss bindend nie!!!

Pieter.v ·

Weer n bewys van nepotisme en wanneernis genoeg genoeg,en soos so baie ander sake raak bewys stukke en getuies ook hier net weg as jy aan n sekere party behoort.

Zirk ·

Die hele ANC beskou steel as geregverdig, want dit kom hulle toé. “The spoils of war”. Want, volgens hulle, het hulle die eeue oue stryd teen “apartheid” gewen.
Daar bestaan ook nie gewetenswroeging of lojaliteit teenoor die land nie. En bowenal, ons het dan die HELE land by hulle gesteel. So, “ons” gee nie ‘n flenter om hoeveel geld is in die staatskas oor nie, dis ander dag se probleem.!

Liewe Heksie ·

Dink julle ok daar gaan so oor n paar jaar vlak grafte gekry word O nee jy kan hul bad en aantrek maar nerens heen vat nie

Griki ·

Ek het ook gewonder of die polisie dalk (letterlik) ondergronds moet soek na die getuies wat verdwyn het.

neelsie ·

Selfverryking d. m. v. bedrog en diefstal.
Tipies………voorbeeld kom van leierskap!

tamboti ·

Goeie kans dat die getuies wat “verdwyn” het, elders ge-herontplooi word met goeie poste vir beloning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.