ANC-hoë se vrou skuldig aan bedrog

Portia Sizani (Foto: ENCA.com)

Portia Sizani, die vrou van voormalige ANC-hoofsweep en deesdae Suid-Afrika se ambassadeur aan Duitsland, Stone Sizani, is Vrydag skuldig bevind aan 15 aanklagte van bedrog en nege aanklagte van geldwassery in die Port Elizabeth- kommersiële handelsmisdaadhof.

Sizani het die Oos-Kaapse departement van onderwys uit meer as R1,2 miljoen bedrieg deur vervalste aansoeke vir graad R-onderwysposte te verwerk.

Sy was in daardie stadium die distrikskoördineerder vir vroeë kinderontwikkeling en het glo “spookonderwysers” aangestel en tussen 2009 en 2010 na bewering hul salarisse in haar sak gedruk.

Landdros Mputumi Mpofu het gesê Sizani was die “opperbrein” wat weerlose mense misbruik het met die belofte dat sy hulle poste in die departement sal gee. Mpofu het gesê Sizani het voordeel getrek uit die slagoffers se onkunde en hulle geteister om geld aan haar oor te betaal.

Mpofu het Sizani ook gekritiseer dat haar verdediging niks verder gegaan het as blote ontkenning nie.

Sizani het emosieloos in die beskuldigdebank gesit terwyl die uitspraak gelewer is en het agterna met haar regspan gepraat.

Sy is vroeër onskuldig bevind op ses aanklagte van geldwassery en een aanklag van bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hennie ·

Moet haar seblief tog nou nie te hard foeter oor daai brose handjies van haar nie! Onthou net, sy moes al daai geld nog loop blaas het ook…en dis harde werk!

NET EK ·

Lekker uitgevang neh !!!!! Maar ja kom ons sien wat met haar gaan gebeur ……. seker niks

Wonner ·

Sy gaan seker nou gepos word Duitsland toe na haar man toe waar sy in weelde kan verder lewe !!!

Klip in die bos ·

Nog n toevoeging van ‘n massastuk op die skaal van die anc se demokratiese regering.

Johan ·

Gewoonlik kry oortreders soos sy gou bevordering. Sy word dalk een van die dae nog ‘n Minister. Wie weet?

ne ·

Ai die mense kan net nie geld uitlos nie. Dit lyk vir my of almal lang vingers het. Net jammer sy is betrap by die koekieblik.

alida ·

Dit regverdig darem seker ‘n paar jaar agter tralies of hoe?

fred ·

nog n ANC amptenaar wat korrupt is…hoeveel nog wat seker nooit gevang gaan word nie….wonder hoeveel jare sy gaan sit?…of miskien n ander lekker pos in die fraudelent ANC regime…

? leser ·

wat ons (wit) nog van skelm streke moet leer, het hulle alles al lankal bemeester ???

Ryan ·

Was dit nou ek of jy dan was dit ‘n groot storie. Blou ligte, tralies, oranje pak – alles, kom ons kyk hoe sy net liggies oor die hand geraps word en gevra word om dit nie weer te doen nie..

JWC ·

Ag nee! Hoe kan dit tog wees?? Hoe moes sy geweet het dis verkeerd??? Haar leermeester JZ het dan soveel meer van ‘n voorbeeld gestel….. en hy is blykbaar nog ‘n held! Ai tog…. soveel dubbele standaarde! As ek nou in haar skoene was, sou ek die Menseregte Kommisie genader het…. hulle het mos ‘n baie meer sober uitkyk op die gemeenskap(pe) en met haar herkoms is dit dalk heel gergverdig… wie weet??

Juffrou ·

Sy moet in haar persoonlike hoedanigheid gedagvaar word vir leerondersteuningsmateriaal ens waarsonder kinders moes klaarkom agv haar gierigheid. Daar is immers kinders in rural dele wat kon baat deur hulpmiddels. Skaamteoos!

fred ·

lees nou hierdie saak het reeds in 2012 begin maar deur gesloer en getuiges wat verdwyn het nou weer op die rol gekom….baie van die aanklagte was ook geskrap???? sy is seker baie jammer die Zuma era is amper verby……en daar is baie meer van hulle met geraamtes in hulle duur karre wat nie lekker slaap nie ..

MJ ·

Daar is ooglopend genoeg breinkrag om hierdie slinkse planne te kon uitdink en deurvoer. As daardie breinkrag tog net gebruik kan word om die goeie te doen…. Waar sou die land tog nie al gewees het nie!

Gert van Wierdapark ·

Met haar agtergrond in geldwassery sal ‘n joppie by die SA Munt seker nie te vergesog wees nie! Sy het die “hands on” styl skynbaar goed onder die knie.

Jan ·

Nou is sy beter gekwalifiseerd vir n hoeer pos in die ANC, sy klim nou die leer na bo by ANC

Gert J ·

Gaan sy nou tronk toe of gaan hulle haar parlement toe vat om die ander te join

Schalk ·

Jammer dis nie nuus dis die nuwe norm.Berig asseblief oor ANC wat nie by bedrog betrokke is nie vroeer was dit hoe bome wat meeste wind vang.Vandag is dit kaktusse wat……….Ai toggie.

Lerato ·

Nee hulle gaan haar ambassadeur maak. As een in ANC verbrou maak hulle hom/haar ambassadeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.