ANC-hoë skuldig aan dronkbestuur

Tony Yengeni. Argieffoto

Tony Yengeni. Argieffoto

Tony Yengeni, ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, is Vrydag in die Kaapstadse landdroshof skuldig bevind op ʼn aanklag van dronkbestuur.

Yengeni is op 11 Augustus 2013 in Groenpunt in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy roekeloos met sy wit Maserati in die straat gery het. Hy het in Junie verlede jaar ontken hy was dronk toe hy in hegtenis geneem is en gesê hy het die betrokke dag net drie slukkies “Afrika-bier” gehad.

“As ek vyf keer oor die wettige perk was, sou ek ʼn ernstige ongeluk veroorsaak het. Ek stem nie saam met die staat se saak dat ek dronk was nie,” het Yengeni gesê. Hy het die DA, wat die Wes-Kaap en Kaapstad regeer, daarvoor blameer dat hulle die saak teen hom opgemaak het as deel van ʼn politieke komplot.

Yengeni is ook in 2007 op ʼn aanklag van dronkbestuur in hegtenis geneem, maar later vrygespreek. In hierdie saak is hy vrygespreek en die Goodwood-polisiestasie se bevelvoerder afgedank en skuldig bevind op ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg omdat hy met Yengeni se bloedmonster gepeuter het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Christa ·

. . . . . . maar hy suip soos ‘n Vis!!! ‘n Mnr gedra hom mos nie so nie! Of het sy mnr weggeraak?

Johann ·

Ons verstaan nie. Al drink hy HOE..hy word nie dronk nie. Soos sy Regter pel wat al vir jaaaaaaaare ná n skuldigbevi ding van dronk bestuur stteds nie gefire is nie. ANC highflyers is mos onaantasbaar!

Annie ·

Hulle doen nooit niks verkeerd nie … ek is al so moeg vir die klug spil

Scalla ·

Daai battery acid in die Afrika bier het hom lekker gechoke,

Brie-brie ·

Dis my te verstaande dat ‘n persoon wat aan gekla is en skuldig bevind is deur ‘n hof, moet die persoon ook dissiplinêr aangekla word in die werkplek ook wat nou staande is in die anc.

Johanna Botha ·

So dink die mense hulle kan net mooi met alles wegkom ….wel hulle doen meeste van die tyd

w ·

Ai die swakkeling wil nou die DA blameer. Suur druiwe laat mens by almal fout soek behalwe by jouself. Los di botte of bky tuis as jy gesuip is

M A ·

My mond hang oop. Ek kan nie glo iemand bekend is uiteindelik skuldig bevind nie. Hulle kom gewoonlik weg met moord. Yee-ha!

Gideon ·

Ag so dan kan ons almal nou maar links en regs alles doen in die ander provinsies en sê die ANC het ‘n komplot teen sekere groepe mense, wat beslis die waarheid is!!

Zirk ·

Dis tog altyd almal se skuld behalwe jyself. Hoor bietjie hierdie een;
Dis Jan van Riebeeck se skuld, want hy het brandewyn die land ingebring.
( Terloops, waar kry die kader die geld vir ‘n Maserati.?)

John ·

Die kerel lyk nie gesond nie. Erken daar’s ‘n probleem en kry hulp anders gaan jou lewer en niere oppak.

vra maar net ·

is die destydse Goodwood polisiestasie-bevelvoerder heraangestel en dienooreenkomstig vergoed? of bly hy nou maar skuldig? soos al die blankes wat skielik skuldig aan die een of ander nietige oortreding skuldig gevind en afbetaal word om plekke te maak vir n kader of omdat hy te “oud” of sien is? SKAAM JULLE!

Ronel ·

Suip, raak dronk, klim agter jou stuur in ry en soos ‘n vark. Stel mense se lewens in gevaar en kom weg daarmee, maar o wee. Moet tog net nie ‘n tweet maak oor kolonialisme of iets goeds sê oor apartheid nie, dan word jou kop geeis.

Adam Boshoff ·

As hy n parlementslid moet hy nie nou geskors word weens sy kriminele oortreding nie of geld dit nie meer

Cornelius du Rand ·

Julle rassiste. Het julle nog nie besef nie dat swart kaders nie kan fouteer nie. Dit is natuurlik appartheid se skuld. Dit is wit wette wat swart mense te na kom.. Onthou net wit mense kan foute maak en rassiste wees. En onthou om enige kritiek teenoor ‘n swart persoon uit te spreek maak jou ‘n rassis. Dit is soos die ANC lede in die parlement gekreeu het. Al die wit boere moet lewend begrawe word. Hoe durf julle wit mense beweer die kader was dronk. Kaders kan nooit verkeerd wees nie.

Bill vd Karoo ·

Blankes doen presies dieselfde as hulle kinders word arresteer vir dronk bestuur. Blankes is nie engele nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.