ANC-hoë van verkragting beskuldig

Argieffoto

Die ANC het bevestig dat ʼn lid van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) van verkragting beskuldig word.

Jessie Duarte, adjunksekretaris-generaal van die ANC, het aan die media gesê die party het die klaer aangeraai om die beweerde voorval by die polisie aan te meld.

“Dit het volgens wat ons verstaan tydens ʼn private geleentheid gebeur. Dit is die bewering. Die ANC sal niks doen daaromtrent in terme van die relevante feite insamel of dit behoorlik ondersoek nie. Dit is die werk van wetstoepassers,” het Duarte aan eNCA gesê.

Die ANC het intussen nog nie bekend gemaak of die amptenaar in sy posisie sal aanbly hangende die ondersoek na die beweerde verkragting nie.

Dié bewering kom kort nadat die ANC bevind het daar is geen bewyse van seksuele teistering teen Pule Mabe, die party se woordvoerder, nie.

Mabe het in Desember vrywillig aangebied om met verlof te gaan hangende die uitslag van die dissiplinêre ondersoek wat teen hom aan die gang was.

Mabe se 26-jarige persoonlike assistent het die klag teen hom ingedien. Die vrou het ʼn brief van 14 bladsye aan Duarte geskryf waarin sy om ingryping gepleit het.

Die vrou het beweer Mabe het haar by minstens twee geleenthede seksueel geteister en dat hul werksverhouding versuur het toe sy hom weggewys het. Sy beweer daarna is haar postitel verlaag en haar salaris verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dries du Toit ·

Korrupte diewe, teisteraars, verkragters, leuenaars, onbevoeg maar hulle regeer SA. Ek is vrek bang vir die toekoms

Lynne ·

Sovêr my kennis strek, is dit nie die 1ste ANC hooggeplaasde, wat van verkragting beskuldig/verdink word nie…….

Dries du Toit ·

Lynne jou kennis hoef nie ver te strek om te weet dat dit al n kultuur in die ANC is van teistering en verkragtings. Ek kan vir jou baie maklik 20 sake opnoem van beweerde teisterings en verkragtings teen hooggeplaasde ANC leiers. ZUMA ook daar. Iets om van te braak

Eben ·

Dit is ongelukkig die heersende kultuur in daardie politieke party. Vat Zuma as voorbeeld. Die goed kom algemeen voor en ek het per ongeluk sulke afgrysende foto’s
gesien.

Gert J ·

Indien verkragting wel plaas gevind, koekom is dit nie by SAP aangemeld nie???? Wonder??? Hoekom lank wag voor kla???

Pieta ·

Stem saam met jou Gert, meer as 2 maande na die “private party” blyk uiters verdag as swartsmeer en afdreig storie wat Sisi Kodwa terstond geopper het.

J van Rensburg ·

Nogal snaaks hoe daar nie nou gereageer word voordat al die feite nie op die tafel is nie. Maar laat ń laerskool juffrou net ń WhatsApp stuur dan is die hel los…

Swartwolf ·

Dis maar ANC styl daai volg net die voorbeeld van sy vorige president. Hoop hy het geshower na die tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.