ANC-hoë wend hom tot hooggeregshof

Andile Lungisa. Argieffoto: Raahil Sain/ANA

Andile Lungisa, die ANC-raadslid en provinsiale hooggeplaaste, se aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis van twee jaar tronkstraf is Woensdag in die Port Elizabeth-streekhof van die hand gewys.

Lungisa is in April skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer en Woensdag tot twee jaar tronkstraf gevonnis.

Luthando Ngqakayi, prokureur vir die verdediging, het aan verslaggewers gesê hy sal binne die volgende paar dae ʼn hofaansoek by die Port Elizabeth-hooggeregshof indien. Volgens hom sal Lungisa waarskynlik in die North End-gevangenis aangehou word tot dan.

Maroela Media het vroeër berig landdros Morne Cannon het bevind Lungisa het met opset ʼn glasbeker oor die kop van Rano Kayser, die voormalige burgemeesterskomiteelid vir vervoer, stukkend geslaan tydens ʼn chaotiese Nelson Mandelabaai-raadsvergadering in Oktober 2016.

Kayser het verskeie snywonde aan sy kop en nek opgedoen en foto’s het gewys hoe hy bloed oral oor hom gehad het.

Die vergadering het in sulke erge geweld ontaard dat sommige raadslede berading moes ontvang.

Bewyse wat aan die hof voorgehou is, sluit ʼn video in wat deur die DA-raadslid Renaldo Gouws geneem is wat wys hoe Lungisa die glasbeker oor Kayser se kop stukkend slaan voordat hy op die vlug slaan en hoe Kayser agteroor tuimel en op die vloer te lande kom.

Cannon het Woensdag bevestig dit is ʼn strafregtelike saak en nie ʼn politieke saak nie. Cannon het ook in ag geneem dat Kayser ernstige beserings opgedoen het wat noodlottig en met katastrofale gevolge kon wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JY MOET SIT ·

NEEWAT Jy moet gaan sit, julle kry mos lekker as die wit doodskis ouens 16 jaar tronkstraf kry, so ook as Vicky Momberg wat niemand aangerand het nie 2 jaar tronkstraf kry . lekker as wittes tronkstraf kry vir ‘aanranding’ . jy moet maar jou tyd in die tronk gaan uitsit, ek hoop eintlik hulle VERHOOG jou straf na 5 jaar laat jy nou ‘n les kan leer of dink jy jy gaan loskom?

SjN ·

Hy kan bly wees dat die k woord ook nie gebruik is nie, dan sou die vonnis seker 10 jaar gewees het.

Jacques ·

Hy moet vir hom kry , so draai die wiel ook vir die wat dink hulle is bo die wet . Hy kan bly wees ek was nie die regter nie , dan sou daar poging tot moord openbare geweld en sommer net om seker te maak rassistiese saak ook by gekom het .

Koos1 ·

Lees ek mos nou op ‘n ander nuuewebwerf dat die ANC vroue liga hom ondersteun en die landros veroordeel. Nou is alles baie meer duidelik.
Die ANC top bestuur het geen beheer oor die ANC nie! Praat mooi versoenend in die parlement maar hulle jeug en vroue ligas staan geweld voor en glo geensins aan die onafhankilkheid van die regsbank nie. O ja glo ook nie aan video getuienis nie (seker kolonisties?).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.