ANC-hoës vas vir dronkbestuur

hof-hamer

Argieffoto.

Twee ANC-hooggeplaastes het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van dronkbestuur.

Mlungisi Johnson, ʼn ANC-LP, en Anele Qaba, uitvoerende hoof van ekonomiese ontwikkeling in Nelson Mandelabaai, is Sondag in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur.

Die twee is vasgetrek toe hulle in Allister Millerweg in Forest Hill teen mekaar gebots het.

Volgens die klagstaat staan Qaba tereg op aanklagte van dronkbestuur en ʼn oormatige hoeveelheid alkohol in sy bloed. Die saak teen hom is uitgestel tot 31 Mei wanneer die uitslae van ʼn bloedtoets beskikbaar sal wees.

Johnson het afsonderlik in die hof verskyn op dieselfde aanklagte. Hy staan egter ook tereg op ʼn aanklag van roekelose en nalatige bestuur. Volgens die klagstaat het hy glo in die baan vir aankomende verkeer gery en só die botsing veroorsaak.

Johnson se saak is ook tot 31 Mei uitgestel terwyl daar op die uitslae van die bloedtoets gewag word en om hom geleentheid te gee om ʼn regsverteenwoordiger aan te stel.

Albei mans is vroeër op borgtog van R1 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Liewe heksie ·

En wat gaan hul daaraan doen haha dit is anc hehe untouched

NEL ·

Nee wat die ANC kader val so een na die ander uit die bus uit. Hulle vier nou al die oorwinning van die Nelson-Mandela baai verkiesing maar ek het nuus vir hulle.Die DA gaan seevier in al die streke met Masimani aan die stuur. Kyk wat het met friend Fransman in die Kaap gebeur.Dink mos hy was op ‘n spesiale naweek uitgenooi, kan mos nie sy hande tuis hou nie, daar is hy in die sop. Sal sien wat met die twee gebeur. Word seker oor die vingers getik en more stap hulle in beter poste in.

Kaspaas ·

Ons weet nou al niks gaan van dit kom. Die instruksie is seker al gegee om die bloed monsters te laat verdwyn of die dossier.

Willie ·

Moenie weer nie, hoor!. Oppas vir julle…..En hof verdaag.

Anna-Marie ·

Geen haan sal weer daarna kraai nie, so sal Maroelanuus ook nooitweer opvolgwerk daaromtrent plaas nie.
In Desember se week voor Kersfees was daar ‘n gru blouligbrigade ongeluk buite Amsterdam; Mpumalanga. Die minister se naam het nooit eers uitgelek nie, daar was dood op die toneel en die minister en sy gevolg het die toneel onwettiglik verlaat nog voordat hulp opgedaag het. Dalk ook met hul eie beserings daar padgegee. Maroela het daaroor berig maar die belangrikste is nagelaat om ooit genoem te word. Wie was die minister, waarvoor ‘n blouligkonfooi terwyl almal reeds met vakansie was en amptelike verpligtinge gestaak was, waarheen was hul oppad en konkrete feite tov spoed en beserings is nooit weer aangeroer nie. Ten tye van die ongeluk was daar op sosiale media gesuggereer dat die amptelike voertuig wat aan die aankomende verkeerkant gejaag het en die ongeluk veroorsaak het 209 Km per uur tot stilstand gebots het. hHierdie was nooit genoem in die statistieke van die Desember ongeluk en verkeerssyfers nie. Nou sê ek weer; niks sal ook volledig oor bogenoemde OosKaap hooggeplaasdes berrig word nie.

Jan maak n Plan ·

Nou lag ek darem lekker. Almal hierbo stem darem oor een iets saam. Hierdie twee sogenamde kaders gaan ook skotvry daarvan afkom. Ek wonder as ons vir dronkbestuur gevang word of ons ook R1000 borg gaan moet betaal?????
Absoluut komieklik. LMGA!!!!!

Mossie ·

Waaaaa oor alll die moeite en en en en hulle gaan tog niks oorkom nie. Stop die bohaai en gee vir hulle nog drank en ande karre laat hulle kan aabgaan en opvoeter soos hulle lekker kry die belasting betalers betaal dit tog in elk geval

Dee ·

Dieselfde sinnetjie oor en oor. Julle kan mekaar vir vir plagiaat aankla.

GES ·

Die anc hoës suip vir die 1ste span. Daar was gelukkig nie lewensverlies van onskuldige mense nie. Baie om voor dankbaar te wees.

HEVW ·

Maroela wat ons tewete kom aangaande die Amssterdam – ongeluk is teleurstellend. Ons sal regtig opvolginligting waardeer.

Gert ·

Ons wag al twee en n half jaar vir bloedmonster uitlae van besope wat oor rooi lig gery het.Navrae help niks!!!SAPD kom nooit terug met antwoord.Hoe is dit moontlik dat hul uitslae 31 Mei bsekikbaar gaan wees?? Moenie als glo wat jy lees van narre nie

Theresa B ·

Hiervan gaan niks kom nie. Weereens die untouchables……………………

m ·

nee wat hier gaan niks van kom nie, hierdie mense koop hulle pad oop. Sal miskien net waarskuwing kry om volgende keer versigter te wees.

lynette ·

Maroela, dis nou eerste keer dat ek julle iets vra, maar waarom word hierdie berig geblok wanneer ek dit will aanstuur? Ander berigte gaan deur maar wanneer ANC hooggeplaasdes betrokke is, kan ek berig glad nie aanstuur nie!!!!!! Waarom? Is hierdie mense spesiaal vir julle?

Sune van Heerden ·

Dagsê Lynette

Die berig behoort glad nie te “blok” wanneer jy dit wil aanstuur nie.
Laat weet ons asseblief by [email protected] watter boodskap jy sien of stuur verkieslik ‘n skermskoot, dan kan ons tegniese span jou help om die boodskap aan te stuur.

Alternatief, gebruik gerus hierdie skakel om na iemand aan te stuur: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/anc-hoes-vas-vir-dronkbestuur/ of plak daardie skakel op jou sosiale media indien jy dit daar wou deel.

Laat weet asseblief as jy nie regkom nie.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Danie Malan ·

Kom ons klink ‘n glasie op julle bevordering !!!! Daar sal nisk gebeur nie, tereg het julle gese, die docket gaan weg raak, die bloedtoetse ( indien dit wel geneem is natuurlik ) sal mee ge-tamper word en dan is dit nie meer geskik as bewys nie en whalah, Bob is your uncle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.