ANC-hoofsweep ‘betreur’ PPE-tender

ANC-hoofsweep Pemmy Majodina (Foto: Chantall Presence/ANA)

Pemmy Majodina, hoofsweep van die ANC en een van die regerende party se mees senior afgevaardigdes in die parlement, sê sy “betreur” die betrokkenheid van haar seun by ʼn tender om persoonlike beskermingstoerusting (PPE) te verskaf.

Mkhonto weSizwe Majodina was betrokke by die kontrak om in Januarie vanjaar termometers ten bedrae van R52 000 aan die ANC se verkiesingskantoor te voorsien.

Majodina het gereageer op ʼn berig in Sunday Times dat haar seun die enigste direkteur is van die maatskappy, King Mzimshe Trading, wat glo 150 termometers teen R350 stuk aan die party se verkiesingskantore landwyd voorsien het. Die maatskappy is in Bhisho in die Oos-Kaap geregistreer.

Sunday Times het voorts berig Majodina het die transaksie verdedig en gesê dit was nie nodig om dit as ʼn oop tender beskikbaar te stel nie, omdat die bedrag betrokke minder as R100 000 is.

“Die hoofsweep is bewus dat dit bes moontlik gesien kan word as ʼn soort misbruik van haar kantoor en nepotisme weens die verwantskap met haar seun,” het Nomfanelo Kota, waarnemende koukuswoordvoerder, gesê.

“Die hoofsweep benadruk haar gevestigde verbintenis tot die handhawing van die reg.”

Kota sê die hoofsweep het reeds in haar persoonlike hoedanigheid aan die ANC se integriteitskommissie geskryf oor haar bereidwilligheid en versoek om vrywillig voor die kommissie te verskyn.

“Dit is eweneens die voorneme van die hoofsweep om haar aan ʼn parlementêre etiek-ondersoek te onderwerp indien sy gevra word om dit te doen, sodat enige persepsie dat regulasies verontagsaam is uit die weg geruim kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ovelia ·

My broer is van top reps. WGO ht hom genader vir ppe. Regering ht nt besluit disal ni gedoen word nie. Alles gaan deur regering se skelm maatskappye wt gestig is om te voorsien. Skelm en met bedrog

Nie Verbaas ·

Dit is verskriklik fassinerend hoe ANC altyd alles betreur eers nadat hulle uitgevang word en alles verdwyn soos mis voor die son en korrupsie stoom voort. Hoeveel gevalle is daar nie al oor berig nie en ons korrupte ANC doen absoluut niks daaraan nie.

Pappa Beer ·

Wow! Bedrog, diefstal en korrupsie deur die anc? Wie sou nou kon raai.

Persheks Adri ·

Die land betreur dat julle klomp patete in beheer is hoor en daai foto spreek boekdele eish

Genis ·

Ons betreur dat CR nie die appels het om jou te laat loop nie… Ander lande duld dit nie

Lian ·

In ‘n normale demokrasie moes sy bedank het, want een van haar familie het onregmatig voordeel getrek .

Yvonne ·

Sjoe toe boemerang haar en seuntjie se plan…shame sy is darem ‘jammer’ sy is uitgevang….verrot van bo tot onder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.