ANC-hoofsweep eis R1 miljoen van Hlaudi

Jackson Mthembu. Foto: polity.org

Jackson Mthembu. Foto: polity.org

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, sleep die SAUK se Hlaudi Motsoeneng hof toe oor “kwaadwillige en lasterlike bewerings” wat Motsoeneng teen hom gemaak het.

Moloto Mothapo, Mthembu se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê Motsoeneng het tydens ʼn regstreekse uitsending van die New Age se sakeinligtingsessie, “verregaande bewerings en bedekte dreigemente” teenoor Mthembu gemaak.

Motsoeneng het Mthembu glo gewaarsku om “nie baie geraas oor die SAUK te maak nie” en beweer Mthembu word deur ʼn versteekte motief gedryf. Motsoeneng het ook glo gesê die ANC-hoofsweep probeer hom “kaap”.

“[Mthembu] se regsverteenwoordigers, Nicqui Galaktiou Inc., het op 2 November ʼn brief aan mnr. Motsoeneng gestuur en ʼn onmiddellike openbare verskoning en terugtrekking van sy lasterlike bewerings geëis. In die brief is ook geëis dat Motsoeneng al die besonderhede bekendmaak van die beweerde vergadering waar die beweerde ‘kaping’ skynbaar plaasgevind het,” het Mothapo gesê.

Nadat Motsoeneng glo nie op die brief gereageer het nie, het Mthembu se regspan met die hofprosedures begin en die hofstukke sal binne die volgende paar dae op Motsoeneng beteken word.

In die hofaansoek eis Mthembu dat Motsoeneng R1 miljoen aan hom betaal en ʼn openbare verskoning uitreik in gedrukte- en uitsaaimedia, binne sewe dae na die hofuitspraak. Daar word ook geëis dat Motsoeneng Mthembu se regskostes betaal.

“Hoewel die goed wat Motsoeneng oor die algemeen uitgeblaker, gewoonlik geïgnoreer word, is hierdie bewerings van so ʼn aard dat dit, indien dit nie teengestaan word nie, die hoofsweep se goeie naam in die openbare oog kan benadeel,” het Mothapo gesê. “Om sy naam en die integriteit van die parlement ten opsigte van sy posisie teenoor die SAUK te beskerm, wend die hoofsweep hom nou tot die hof.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

En so pak die wolwe en skape mekaar in die kortgras…hehehehehe. Kan n hele paar episodes van DAYS OF OUR LIVES dek….

Jan ·

Die ANC wolwe en skape, tot nou onlangs was almal net skapies.

Alida ·

Ai dit is goed om te sien hoe val die wiele af en hulle “sort” mekaar uit.

GES ·

Kry ʼn ringsitplek en bly uit die kruisvuur. Die vertoning het begin ….

Lance ·

Hy gaam niks kry nie want die sauk man doen net wat hy wil ….hy is verhewe bo die reg ….mos al baie gesien …

Jef ·

So aan sy gesig te sien het hy op n stoel met dorings gaan sit.

snoefie ·

as ek so kyk het sabc ster sy doel gedien. hy raak nou n verleentheid anders sou die hoofsweep maar laag geslaan het.

kolskoot ·

jy is reg hoor. die minions leer nie. sodra due manipuleerder sy doel bereik het kry die minies skuld vir alles en kry hulle die koue skouer. so een van die dae is n nuwe hoofsweep in die anc.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.