ANC-hoofsweep in Gautengse wetgewer bedank

Brian Hlongwa, gewese ANC-hoofsweep in die Gautengse wetgewer, skryf by dié foto wat hy op 24 September op Facebook gedeel het, dit gee hom hoendervel om voor die Universiteit van Oxford se ikoniese gebou te staan. Foto: Facebook

Brian Hlongwana het bedank as hoofsweep van die Gautengse wetgewer.

Kgapa Mabusela, woordvoerder van die ANC, het in ʼn verklaring gesê die besluit is geneem met die oog daarop om agt jaar oue bewerings uit te stryk sonder dat die kwessie in die hof draai.

Hlongwana het gesê die ANC is toegewyd aan geregtigheid en as hy moes aanbly in die wetgewer, sou dit die beweging se aandag afgetrek het van sy taak om ANC-ondersteuners te mobiliseer agter ʼn program om te verenig, hernuwe en werksgeleenthede te skep. “Ek is diep geëerd om te kon dien en die ANC-koukus in die wetgewer te kon lei.”

Die DA en die VF Plus het Hlongwana se bedanking verwelkom.

Jack Bloom, DA-LP, het gesê dié bedanking volg ná volgehoue druk van die DA. “Dit moes lankal gebeur het en is ongetwyfeld omdat die ANC kwesbaar voel voor die opkomende verkiesings.”

Volgens Bloom is dit 126 dae sedert die SIU-verslag die lig gesien het waarin Hlongwana se beweerde betrokkenheid by korrupsie van R1,2 miljard toe hy LUR van gesondheid tussen 2006 en 2009 was, gemeld word.

“Hlongwana moet nou dadelik vervolg en gestraf word vir sy dade.”

Philip van Staden, VF Plus LP, het gesê die VF Plus verwelkom ook die ANC se aankondiging. Van Staden meen Hlongwana het uit die ANC bedank weens sy beweerde betrokkenheid by die verskeie korrupte aktiwiteite terwyl hy destyds die LUR van gesondheid in Gauteng was.

“In ʼn spesiale ondersoekeenheidverslag word Hlongwana betrek by korrupsie van R1,2 miljard. Hierdie korrupsie het daartoe gelei dat die departement van gesondheid in Gauteng tot ʼn algehele stilstand gekom het, asook tot die Esidimeni-tragedie. Die VF Plus wil dit beklemtoon dat Hlongwana se bedanking vandag daarop dui dat hy wel skuldig is, maar nie daarmee gaan wegkom nie. Die VF Plus het reeds strafregtelike klagte gereed en gaan dit eersdaags by die SAPD indien vir verdere ondersoek,” het Van Staden gesê.

Van Staden meen Hlongwana se bedanking is nie net ʼn oorwinning vir die VF Plus en ander opposisie nie, maar ook vir mense wat weens onverklaarbare redes in staatshospitale en tydens die Esidimeni-tragedie gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Daan ·

DIT IS GEEN OORWINNING NIE. KRY DIE GELD TERUG EN STOP HULLE IN DIE TRONK VIR MOORD EN DIEFSTAL! DIT SAL ‘n OORWINNING WEES.

humor ·

Goeie nuus, maar wanneer kom die terugbetaling. Of wag ons steeds tevergeefs? Die terugploeg in sake van belang vir die eintlike belastingbetaler sal seker nie eens amper aan gedink word nie.

jean ·

Verseker met sy stert tussen die bene wegkom….ontkenning en weet van niks. Ons slaap rustig met die wete dat dit jare sal neem…..

Alida ·

Die geld is lankal weg. Ons wag vir vervolging en tronkstraf ASB!!!!

Jeremia ·

Sowaar amper bly geraak. Eintlik sommer opgewonde oor ‘n klaarblyklike nuwe tendens. Die kamerade begin nou self bedank.
Al kos dit soms jare se druk.
Maar ons ken nou al die ou storie: herontplooiing van kaders.
Iewers gaan die naam weer opduik.
En dieselfde wandade sal in die nuwe joppies gepleeg word – tot
vervelens toe.
Sonder om nou ‘n moan-gat te wees, het hierdie ANC-praktyk my nou al bevorder tot keelvol (om dit sagter te stel).
En diegene wat ‘verhuising’ voorstel. Gaan sommer maar vooruit. My mense was nie Voortrekkers nie, maar agterna trekkers.

Sarel ·

Tot net na die verkiesing dan gaan almal komtig onskuldig wees en terug kom. Kyk uit vir Zuma se terugkeer tot die Politiek.

Sarel ·

Wil kamtig korupsie beveg. Die destydse Minister van welsyn (Sassa) was net verskuif en nie ontslaan nie. Mense wat korrupsie pleeg verdwyn net of word bevorder en dan kom niks van die saak nie.

SjN ·

Ek glo hy kan nie eers so ver tel nie, eers was dit miljoene, korrup

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.