Sizani sê Madonsela het haar mandaat oorskry deur daarop aan te dring dat president Jacob Zuma moet reageer op die bevindinge in haar finale verslag oor Nkandla. Sizani sê Madonsela is verplig om die verslag by die parlement in te dien. Hy het gesuggereer dat Madonsela haar verantwoordelikheid teenoor die wetgewer verontagsaam deur te wag vir die president se reaksie. “Wat as die president nie in die tydsraamwerk wat deur die openbare beskermer gegee is, reageer nie? Verbied dit die openbare beskermer om haar verslag by die parlement in te dien?” het Sizani gevra. “Sy moet die verslag in die parlement ter tafel lê.”
Madonsela het in lyn met die Wet op die Etiek van Uitvoerende Lede vir Zuma twee weke gegee om op die bevindinge van haar Nkandla-verslag te reageer. Madonsela se verslag is op 19 Maart bekend gestel en het bevind dat Zuma en sy familie behoorlik by die veiligheidsopgraderings aan sy privaatwoning in Nkandla gebaat het. Die DA het Max Sisulu, speaker, versoek om ʼn spesiale ad hoc-komitee op die been te bring om die moontlik om Zuma te vervolg te ondersoek. Sisulu het Dinsdag bevestig dat hy die moontlikheid ondersoek. Hy het wel uitgewys dat Zuma 14 dae het om op Madonsela se verslag kommentaar te lewer.
Los die vrou, sy kwyt haar uitstekend van haar taak.
Laat Zuma vir hom kry hy kort n bekruk dat hy kan reg kom hy weet nie eers wat in die land aangaan as sy Oom Mac nie vir hom se en sy verslae uitskryf nie skande madisela 10uit10 vir jou hou so aan
Stone Sizani. Dit is nou soos om stink winde te loop en los en almal te kritiseer wat hul neuse toe druk. Verlaat eerder die toneel so vinnig as moontlik !