ANC-hoofsweep kap terug na Madonsela

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kantoor van die ANC se hoofsweep het gesê dit is nie waar dat Thuli Madonsela, openbare beskermer, die teiken van aanvalle was sedert sy bevindings gemaak het teen pres. Jacob Zuma nie.

“Ons wil graag die ANC se respek en ondersteuning herbevestig vir alle instellings wat deur die Grondwet ingestel is om ons demokrasie te ondersteun, insluitend die kantoor van die openbare beskermer. Ons glo egter nie dat enige beginselvaste kritiek gebaseer op die werk van hierdie instellings, of meningsverskil wat uitgedruk is in die loop van robuuste debatte in die parlement, gelykstaande is aan ‘bose aanvalle’ – soos beweer word deur die openbare beskermer nie,” het Stone Sizani se kantoor gesê.

Madonsela het Maandag aan joernaliste gesê dat haar kantoor onder kritiek deurgeloop het sedert sy haar verslag oor opgraderings by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning bekend gemaak het. Madonsela het bevind dat Zuma onbehoorlik by die opgraderings gebaat het en ʼn gedeelte van die geld wat bestee is, moet terugbetaal.

Madonsela het verder gesê dit spyt haar om die aangeleentheid deur die media aan te spreek, maar dat sy nie genooi is om dit met die parlement se ad hoc-komitee te bespreek nie.

Sizani het in reaksie hierop gesê die komitee is aangestel om Nathi Nhleko, minister van polisie, se verslag te bestudeer en nie die openbare beskermer se verslag nie. “Dit is nie prakties of volhoubaar dat ʼn instelling voor die parlement geroep moet word wanneer ʼn mening gelug word oor verslae wat bekend gestel word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Wat n klomp snert . Die ANC het hul mes behoorlik in vir Tuli en niemand glo hul nonsens wat hulle nou kwytraak nie . Zuma se skelmstreke is ontbloot en die vuur raak vir hom warm en die kaders is bekommerd oor hul rit op die soustrein daarom is die OB n handbriek vir hulle.

Hansie ·

Tuli is ‘n irritasie vir die ANC. Hulle hou nie van die waarheid nie!! Sy gaan nie baie lank daar hou nie. Die publiek behoort ‘n stem te hê in die OB se aanstelling asook haar begroting want die ANC sny maar net haar inkomste en sonder geld kan jy nie die OB loop nie.

zahn ·

Thuli for president! Krap my antie, krap! Ek sal my vingers vir jou leen as jou punte opgekrap is, moet net nie ophou krap nie, jy krap te lekker!

J.Z ·

Wonder of die ANC geen skaamte het nie,dit is n feit hul hou niks van die waarheid nie.Stone Sizani, niemand met verstand dink iets van jou kantoor se respek en siening van die grondwet en demokrasie nie.

Winston ·

Van wanneer af het die ANC enige skaamte getoon. Magsbehep en Madonsela is nie geskik vir die organisasie nie. Sy is te eerlik. Krap te diep en te veel rond. Stel haar aan as President. Dit is waar sy moet wees want sy is eerbaar genoeg. Daar sal min van die Kabinet oorbly.

CHRISTA ·

Winston, as Thuli staan vir parlement, sal EK VIR HAAR STEM!! Sy staan haar MAN!! ‘The right man for the job is a WOMAN’!!!

Dave ·

Miskien sl Thuli ons volgende ambasadeur word in ‘n land presies aan die anderkant van die aarbol (of ten minste die pos aangebied word).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.