Die ANC erken dat hulle verskeie foute oor die afgelope vyf jaar begaan het, maar is vasbeslote om uit dié foute te leer, het Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep, Donderdag gesê.
Mthembu het na afloop van die ANC-koukus se laaste vergadering van die vyfde parlement om verskoning gevra vir die koukus se steun aan verskeie onwettige besluite.
Een van dié besluite was die aanneming van ’n verslag wat voormalige president Jacob Zuma vrygespreek het van aanspreeklikheid vir onregmatige opgraderings aan sy Nkandla-woning. Dié besluit was strydig met die openbare beskermer se aanbevelings, erken Mthembu.
“Ons moes nee gesê het, maar ek dink ons het nou die fondament gelê vir die volgende ANC-koukus om te kan nee sê,” het hy gesê.
“Wanneer jy na ons toe kom met iets wat onwettig en ongrondwetlik is en jy wil hê ons moet dit implementeer, gaan ons vir jou sê om dit self te implementeer. Ons wil nie ons integriteit verloor nie.”
Pres. Cyril Ramaphosa het LP’s gedurende die koukus toegespreek en het volgens Mthembu die lede bedank dat hulle ʼn grondslag daargestel het vir “gesonde spanning” tussen LP’s en die uitvoerende gesag wat aanspreeklikheid betref.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
39 Kommentare
Ewe skielik, so na by aan die verkiesing nogal.
Die woord “integriteit” kan op soveel maniere geïnterpreteer word dat dit absoluut geen waarde of betekenis meer het nie.
Ek sal dit waardeer as jy ons in jou vertroue kan neem en en sommer nou al vertel watter foute julle vorentoe gaan maak waaruit julle gaan leer. Dis beter om voorbereid te wees.
Ek is nogal verbaas dat Mthembu dink die ANC het nog integriteit om te verloor.
Wat Mnr Mthmebu en sy koukus kollegas dus sê is dat hulle nie ‘n jaar of wat gelede integriteit gehad het nie en, in sy eie woorde, onwettige besluite gesteun het!!! Natuurlik het hulle nou integriteit uit die bloute bekom en kan dus voorts met die belatingbetaler se swaar verdiende geld vertrou word. Ongelooflik! Ek weet nie of ek die spulletjie sal vertrou om my hond te bad nie!