Sizani het die departement van onderwys glo tussen 2009 en 2010 uit meer as R1,2 miljoen bedrieg toe sy as onderwyskoördineerder gewerk het by die eenheid vir vroeë kinderontwikkeling in Port Elizabeth.
Die staat voer aan dat Sizani werk gereël het vir sogenaamde “spookonderwysers” wat nie bestaan het nie. Sy het mense glo diensaanvaardingforms laat teken, wat op haar aandrang ook deur skoolhoofde geteken is.
Sizani is in Desember 2012 in hegtenis geneem en haar verhoor is glo vir meer as ‘n jaar vertraag weens beweerde swak gesondheid.
Die verhoor gaan Donderdag voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
En die finale uitslag sal wees…You are free to go…
Peter says – you forgot to add: and see you in court again, soon!
Snaaks dat alle ANC korruptes altyd een of ander siekte het wat hulle beskerm. Is daar enige eerlikes in die ANC regering. Sal seker maar ‘n kort lys wees. Geen opgeskorte vonnis vir haar. Laat sy sit!
Lekker man lekker. Onthou al die vorige “siekes” wat nou lekker rondloop. Maar wys jou nou net. Hulle streke sal nooit verander nie. Wil net meer en meer hê, lieg en bedrieg. Deel van hul daaglikse roetine.
Getroudes moet tog weet as iets vrot ruik by die ander; hierdie ANC-hoofsweep gaan wel seker nie ondersoek word nie.