ANC hou optog teen Walus se vrylating

Chris Hani (via Wikimedia Commons https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=29634474)

Chris Hani (via Wikimedia Commons https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=29634474)

Die ANC sal Maandag ʼn optog na die konstitusionele hof in Johannesburg hou in protes teen die vrylating van Janusz Walus, die man wat vryheidsvegter Chris Hani doodgeskiet het.

Die hooggeregshof in Pretoria het verlede week beveel dat Walus binne die volgende 14 dae op parool vrygelaat word.

Walus, wat 23 jaar in die tronk deurgebring het, het Hani op 10 April 1993 doodgeskiet. Hani was die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die hoof van personeel van Umkhonto we Sizwe, die ANC se gewapende vleuel.

Die ANC het Donderdag in ʼn verklaring heftig op die hofuitspraak gereageer en gesê Walus se verwagte vrylating is ʼn bespotting van geregtigheid en ʼn tragedie vir die Hani-familie en alle Suid-Afrikaners wat glo in menseregte en die reg om vir vryheid te baklei.

Optoggangers sal by die Mary Fitzgerald-plein byeenkom, van waar hulle deur die Johannesburgse sakesentrum na die konstitusionele hof sal stap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Darty ·

Ja nee, dis mos net die Hani familie, die boere wat op die plase vermink en vermoor word het mos nie familie nie!!!!!

Mielie ·

Wat n klomp narre, dis dieselfde stelsel Wat hulle president uit die tronk hou.

Isobel ·

Dalk moet ons in opstand kom oor die klomp plaasmoorde wat amper op n daaglikse basis plaasvind, maar met so n President is dit nie snaaks om te sien dat ons letterlik aan die kortste end trek nie

KP ·

Dit is ook net in SA dat publiek kan besluit oor wanneer n gevangene vrygelaat mag word en wanneer nie.
Solank jy net deeI is van die agtergeblewenis. Wat n grap.

fritz breitenbach ·

Hi KP die land was in groter gemors vandag as hy nie geskiet was nie .Hy was definitief president en dan sou alles genasionaliseer gewees het

Michael ·

Dan glo ek nie in menseregte nie……telling someone that cares

alida ·

Asof dit koning Hani gaan terugbring!!!!! Wallus het ‘n regverdige verhoor gehad, gevonnis en het sy vonnis uitgedien. Die regering moet vasstaan en hom vrylaat. Hy verdien dit.

François ·

Agge shame, ANC! Menseregte? Hani familie? Julle moet bietjie gaan kyk hoe verklaar die woordeboek daardie woord, bygesê as julle kan lees! Wat van die wit families wie se naastes vermoor is? Ek is nog steeds vas onder die indruk dat die ANC ‘n ‘hand in the pie’ gehad het. SAKP leier & stafhoof van Umkhonto we Sizwe?! Betrokke by twee verskillende partye & vermoor ‘n jaar voor die 1994 verkiesing? Het die ANC nie dalk hom as ‘n bedreiging gesien nie?

tamboti ·

Maroela plaas asb. foto van Walus, die berig gaan dan eintlik oor hom.

andre ·

@ Tamboti, ek stem heelhartig saam, Maroela moes eerder Walus se foto plaas en hani se foto verwyder. hanie se foto gee aanstoot.

Bruno Stef ·

Wat van Eugene Terreblanche een van sy moordenaars is sommer tydens die hofsaak al net n klappie op die hand gegee en vrygespreek.Eugene was ook n vryheidsvegter vir sy eie mense of jy nou met hom saamgestem het of nie en die moord op hom was meer grusaam as wat Hani ooit beleef het.

TTh ·

Walus is ‘n held en behoort ‘n heldeverering te kry en vergoeding vir sy tydperk in die tronk, die ANC behoort die rekening te betaal. Ou Chris Hani sou baie moeilikheid en dalk ‘n burgeroorlog veroorsaak het … net soos wat die EFF na streef vandag …

Reinhardt ·

‘n Held? Walusz was een moord weg van n burgeroorlog. Eks jammer, daar is baie fout in ons land, maar n burgeroorlog is die laaste ding wat ons kort. Hy is geensins n held nie.

Dan ·

n Bespotting van geregtigheid is wanneer een kader se lewe meer werd is as duisende ander (vroue en kinders ingesluit).

Christo Visagie ·

Gaan hou eerder ‘n optog vir witmense se regte en moorde wat julle kaders op ons en onskuldige kinders pleeg,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,die kaders maak my siek.

Liewe Heksie ·

“MENSEREGTE” anc het nie n idee wat dit beteken nie

Monica ·

Is hulle besig om ‘n “martelaar” van hom te maak? Hulle moet pasop dit kan “back fire” op die ANC. Mandela het ‘n martelaar geword omdat hy vir die ANC in die tronk gesit het. Die ANC het self erken dat hulle, hulle propaganda rondom hom gebou het.

pop ·

En nou vra Mev Hani wat dit van SA regstelsel se. Sy reken dis dat swart mense net vermoor kan word. Nogal het sy die vermetelheid om dit te vra. Dit nou na daar omtrent daagliks wittes op die grusaamste manier vermoor word. Kom ek help jou reg Mev Hani, in die vorige regering sou daar nie een moord ongestraf gelaat gewees het nie. Al die plaasmoorde sou ook nie gebeur het nie, want elkeen wat n ander lewe geneem het, het geweet hy sou doodstraf kry. Ons het wet en orde gehad. En DIT, is nie iets wat hierdie regering n “clue” van het nie. En hulle soek ook nie vrede nie. Anargie is ingebou in dna.

Gert ·

As jy jou straf uitgedien het MOET jy vrygelaat word.Is die Hanis so vol haat dat hul nie verstaan wat die hof gese het nie!!!!Janus moet uit tronk uit!!!

DPJ ·

Ek reken nie dit is korrek om om die. Ou SAKP held se foto met elke berig oor Chris Hani weer in die media te plaas nie. Dit verhoog die agresie aan albei kante net weer.
Ons moet versoening aan moedig.

karen b ·

liewe anc. ek kan nou nie kommentaar lewer soos ek wil nie, want al het my ouers my baie goed grootgemaak gaan maroela media nie saamstem met dit wat ek wil se nie. Ek stel dit egter aan julle dat hierdie totaal ongevraag is, want so gerieflik soos wat julle vergeet van al die euwel wat julle as ‘n party op ‘n daaglikse basis aanjaag, is ek in werklike verwondering dat julle wat eenheid propageer, maar nie eintlik wil he nie, gerieflikheidshalwe vergeet dat hani ‘n kommunis was, en dat almal moet voel soos julle? wat van die gevoelens van die ander mense in die land, wat julle se aan ons almal behoort, maar julle eintlik net in julle gatsakke wil steek, se menings? so ek dink julle opinie stink met mening.

Jan maak n Plan ·

Ek stem saam met die ANC. Die regstelsel is n klug. Kyk net hoeveel moordenaars en verkragters en bedrieers loop alreeds buite op straat rond. Kyk vir boetie Shaik – skot vry. Boetie Malema – skot vry, ouboet Jacob – skot vry. Nie een dag agter tralies nie. Arme Janusz sit al 23 jaar maar volgens aunty Hani mag hy nie uitkom nie. Nou wat van al die plaas moordenaars wat al op parool uit is. Sit hulle dan almal terug as Janusz nie mag uitkom nie. Dan is ons almal gelukkig.

Connie ·

Wat van Walus se menseregte. In hierdie land is menseregte net vir die swartes bedoel. Minderheidsgroepe het geen menseregte nie. As sy nie ‘n rassis was nie sou sy genome het van die plaasmoorde en witkinders wat sonder hulle pa’s groot word as gevolg van plaasmoord.e

Sarie ·

Nou skielik is die kaders so lief vir Hani. Daar in die dae van Quatro wou die groot indoenas soos Joe Modise ( miskien nambaone ook) hom teregstel oor hy teen hulle korrupsie opgestaan het. Oliver Thambo moes selfs ingryp. As ek reg onthou was daar ‘n artikel daaroor in die M&G. Mev. Hani moet liewer haar eie ANC vriende vra waarom Hani moes gaan. Wonder of daar nie insypelaars was en dit maklik vir Waluz gemaak het om Hani uit te vat nie. Hoekom was hy nie so streng bewaak nie.

Testertjie ·

Ek dink dis regtig tyd dat ons as ouers ons kinders ouer as 18 inlig oor wat aangaan in die politiek. Dat dit baie belangrik is om te stem. Kan dalk ‘n verskil maak.

Jen ·

Ag asseblief, mev Hani soek nou net aandag en haar dogter ook. En die grootste bespotting in die wereld is die Suid-Afrikaanse regering. Hierdie is weer ‘n rassitiese ding van hulle kant af want dis mos ‘n blanke man. Wat van Eugene Terblanche wat so wreed vermoor is. Daar het niks van gekom nie….was seker deur hulle beplan dis hkm dit doodgeloop het. Het iemand van die patetiese regering hulle al oor ontferm oor sy familie. Hy is beslis ‘n held en ek stem saam haal die kommunis se foto af asb, dis soos almal se ‘n groot belediging.

Williewerkie Wals ·

Die lotjie hou meer van optoghou as studente van brannewyndrink

jaco ·

in die tyd net na Hani se dood, het iets soos 80 swart mense gesterf in skielike geweld uit wraak vir die moord op Hani. dit was bloot ‘n “trigger” om verdere ANC-IVP geweld te skep. tydens Hani se begrafnis, het die stoet naby aan ‘n wit woonbuurt beweeg. ‘n paar huise wat aan wit mense behoort het is afgebrand. As Wallus hom net ingehou het of terug Pole toe is (Kommunisme was toe reeds 4 jaar lank nie meer in Pole nie), sou hierdie geweld en brandstigting nie gebeur het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.