ANC in die Wes-Kaap lê klag teen Facebook-‘rassis’

Skermskoot van 'n plasing wat van Vanessa Hartley se Facebook-rekening gedoen is

Skermskoot van ‘n plasing wat van Vanessa Hartley se Facebook-rekening gedoen is

Die ANC in die Wes-Kaap gaan ʼn klag van rassisme by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aanhangig maak teen ʼn vrou van Kaapstad wat glo rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het.

“Vanessa Hartley, ʼn inwoner van Houtbaai, het ʼn aanstootlike plasing op Facebook gepubliseer,” het die ANC Sondag in ʼn verklaring gesê.

Hartley het glo geskryf: “They are like stupid animals. We should tie them to a rope. Too many Africans flocking to Hout Bay. Draw up a petition. Soon there will be nothing left of Hout Bay”.

“As die ANC in die Wes-Kaap kan ons nie toelaat dat dié provinsie deur die euwel van rassisme vasgebind word deur die broederskap wat die mosaïek van die provinsie moet wees nie. Ons verwerp Vanessa Hartley se rassistiese uitlatings as ʼn verwronge siening van waaroor hierdie land gaan en dit is definitief nie verteenwoordigend van die meerderheid van mense in hierdie provinsie nie. Rassiste sal nie die laaste woord inkry nie,” lui die verklaring.

Die ANC versoek die MRK om die maksimumstraf en regstellende maatreëls binne hul vermoë toe te pas om seker te maak dat dié tipe gedrag verwerp word en nie weer sal voorkom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Riaan ·

Terwyl hulle besig is moet hulle sommer n saak ook maak teen die vrou wat n foto op fb gesit het en se sy hoop al die wit kinders verdrink

Griki ·

Het iemand ‘n klag teen haar ingedien? Dit help nie ons kla omdat daar net teen wit rassiste opgetree word as niemand die swart rassiste aankla nie.

CQ ·

Dankie Griki!!! Ons is baie goed as dit by kerm en kla kom…. Maar dis ook waar dit bly!
As ons ook meer Sake maak teen die mense wat teen ons oortree sal dit dalk bietjie beter gaan….

pieterdp ·

So maklik kla die ANC swart mene as iemand hul veroordeul. Maar wat doen hulle om hul eie aansien te verbeter. Niks krysig die wat iets sê.

M A ·

Die bewoording van daardie Facebook inskrywing is hoogs verdag. Blankes, selfs Afrikaanse mense, skryf nie so nie.

Fake ·

Sal my glad nie verbaas as dit ‘n fake profile is of haar profile gehack is om verder haat teen blankes aan te blaas nie. Houtbaai het nog altyd ‘n groot anderskleurige teenwoordigheid gehad, veral op die strande .. kan nie glo dat dit nou skielik ‘n probleem sal wees nie.

Andre ·

En soos gewoonlik kan die Afrikaanse media nie wag om hieraan dekking te gee nie.
Ek sien geen berigte oor elke klag wat die ANC NIE gele het teen ander groepe wat rasistiese uitsprake maak nie. Dit behoort aan die groot kok gehang te word.

Jordaan ·

Maar jy weet mos swart mense kan glo nie rassisties wees nie. Net so belaglik soos die sogenaamde “geregverdige” diskriminasie wat ons grondwet goedkeur!

Jean ·

Ja Andre, jy is so reg, al die Afrikaanse koerante sal heel eerste hieroor berig en die vordering met ‘n valkoog dophou. Gaan kyk asb in ander koerante soos die Sowetan of swart op wit rassisme ooit genoem word, selfs in die Afrikaanse koerante geniet dit nie veel dekking nie. Ek se nog altyd ons grootste vyande is WIT AFRIKANERS!

Jan van Riebeeck ·

Die vrou is in elk geval heeltemal gelukkig met wat in die res van die land gebeur, solank dit net nie in Houtbaai gebeur nie.

Andre ·

Kry julle eers vir Malema onder beheer voor julle wil mal raak oor mense se PRIVAAT facebook uitlatings. Dis darm nie op NATIONALE NUUS gese nadat sy uit die HOF uit is oor presies dit nie… Kom reg asb…
Ek stem ook nie saam met die uitlatings nie, two wrongs don’t make a right, maar julle span die wa voor die os…

gerda ·

lyk my iemand sit die heeltyd voor die rekenaar en soek hierdie tipe kommentare om in die koerant te plaas. Waarom nie ook op die swart face book intekenare spioeneer nie?Plaas daardie inskrywings dan ook.Ek is seker daar sal ‘n paar negatiewe kommentare uitpop!!

Fake ·

Whaaa maar wat van al Malema se uitsprake oor hoe hy boere gaan slaughter en dat alles die witmense se skuld is en hulle geen reg om enige land of grond in SA het nie? En die Studente wat gese het “a white boy must first die” en KILL WHITE by al die howe en Mmusi se foto van drie mans met klippe wat die wittes moet doodgooi? Se my asb tog hoekom word swart op wit rassisme nie ondersoek nie? Lyk soos ‘n fake fb profile, sal my glad nie verbaas as die ANC verder rassehaat opstook deur fotos van wit persone te gebruik om rassistiese uitsprake teenoor swartes te maak net om die haat en wraak verder aan te blaas nie.

Rina Vermeulen ·

Deloris vra ek ook sy het nie gesê swart mense nie. Hul neem aan dis op hulle bedoel .Wats die doel om elke keer sulke uisprake aan die groot klok te hang en as hul mense dit doen met veel erger bewoording is dit reg. So gatvol vir dit terwyl ons land op baie gebiede kerpeer van ellende en hul gee soveel aandag aan dit siek. Ek sê nie sulke uitsprake is reg nie maar asb kry jul prioriteite reg en fokus op goed wat regtig ñ veskil in die land kan maak.Behandel sulke uitsprake van enige ras op dieselfde wyse.

Mike ·

Ja asseblief stop alle haatspraak, veral die van sekere politikusse en mense wat geweld teen ons boere aanhits.

John ·

Onthou dit is in die WP wat die ANC nie beheer nie. Die doodstraf en niks minder nie sal hulle daar opeis. ‘n Heksejag kom alweer…

BS ·

Kla maar eers vir Zuma en die hele ANC aan oor “kill a boer kill a farmer!’

Alida ·

Tot vervelens toe weier die media en nuuslesers om reguit te noem dat 5 swart mans ‘n onskuldige vrou doodgeskiet het of ‘n plaasaanval uitgevoer het, maar verwys elke keer in die doodkis berig na 2 blankes wat ‘n swartman aangerand het. MM gaan alweer nie hierdie kommentaar plaas nie ek weet.

Piet Le Roux ·

Ek kan nie sien hoe enige saak teen die persoon kan slaag : sy sê hulle ” is like animals” en nie dat hulle diere is nie.
Dan verwys sy na “Africans” wat van toepassing is op alle burgers van die land, insluitend haarself.

GES ·

ʼn Mens wonder soms as die skoen pas dit graag aangetrek word.

Murray ·

Wie pleeg plaasmoorde? Waar is die ANC en DA dan ? Wat word dan gedoen as mense gemartel word. In hierdie land is daar geen regverdigheid nie.

Theuns ·

Die MRK maak jag op witmense. Zuma het nog 5 MRK Kommisarisse aangestel, en almal is swart!

pieter ·

Die term Black verwys in SA na (swart, bruin, indier), dus hoekom sy na swart mense as ‘africans’ verwys.

as jy nie sosiae media etiket het nie, bly weg.

Hewitt ·

Kyk wat het ene @KotoFUTURE op twitter te sê vir Ernst Roets: “u will not stop the coming revolution” “ppl in townships and squatter camps are talking about hacking ur ppl.” “ur kids will not oppress. ur the last generation” “ppl do horrible things, they chop heads” “I just want you to know that ur ppl’s luck is running out” “the time has come, you will see what unravels in the near future. We are fed up” “If I were you id be terrified of millions of black ppl in SA as they are getting ANGRIER by the day” “If I were you id be sh%^#ng my pants right now” Gaan hierdie ongesiens verbygaan, of gaan hieroor ook ‘n ophef gemaak word soos wanneer blankes iets te sê het? Hierdie mense praat van moord en slagting, geen blanke het nog sulke uitlating gemaak nie, maar word vervolg en voorbeelde van gemaak!

vierkleur ·

Ja ,sal graag wil sien of iets aan die saak gedoen word. Snaaks hoe ulle openlik kan beskryf wt hulle aan die blankes wil doen.
Ek se , hou op met julle dreigemente en kom van ons aan. Ten minste kan ons dan optree in self verdediging .

Willie ·

Want die sogenaamde blanke politieke partye lê nie klagtes teen swart-op-wit rassisme, EN voer dit deur tot die bittere einde, soos wat die ANC doen nie. DIT is waarom geen haan kraai oor Malema en kie se streke nie. Daar kan geredeneer word dat dit in elk geval nie sal help nie want die hele regstelsel is ook grotendeels deurspek met rassisme teen blankes. Afriforum prober wel, maar daar is ook te veel praat en te min doen.

Maggie ·

Ons mag niks sê nie. Wat van die 2 wit poppe op die stok voor die hof met kisstorie. Dis maar sommer hul reg om ons aan te vat en te straf. Vat die ANC ook aan hulle is erger!

Jakoba ·

Haar Engelse taal klink vir my meer na ‘n swart persoon wat dit geskryf het en daardie blanke vrou se foto gesteel en daarby gesit het. As daar ‘n vals FB blad geskep is met haar foto en naam kan FB dit trace en ANC het nie ‘n been om op te staan nie. Ek dink ‘n EFF lid het daardie blad geskep, die Engels is te verdag. ANC moet eers seker maak van hulle feite voor hulle aantygings maak

Maria Van Dieweeck ·

Hierdie boodskap lyk vir my nie soos n Engelse meisie se spelling nie.

Hilda ·

Die is nie n jong meisie nie, en haar fb lyk geensins of sy n rassis is nie.

Johann ·

Blykbaar het die ANC darrem ingestem dat Houtbaai se naam nie hoef te verander nie. Die naam weerspieël blykbaar feitelik n verteenwoordigende voorstelling van die area. Blykbaar geskiedkundig bekend vir die in en uitvoer van hout. En veral deesdae die behoud van hout in die area?

mc ·

“same old…….., same old………, same old ………….”

Jakoba ·

Nog iets wat vir my verdag lyk oor daardie engelse sin is dat die dame ‘n engelse van het. ‘n Engelse persoon sal beslis nie ‘n sin in sulke swak engels skryf nie wat vir my duidelik soos daglig is dat dit beslis nie sy is wat daar geskryf het nie maar dat dit iemand is wat glad nie engels magtig is nie.

Penellope Jones ·

Wat my bitter ontstel is dat net een so ‘n tipe inskrywing op Facebook ALLE blankes benadeel omdat almal as rassiste gesien word wat doodeenvoudig NIE so is nie!
Wanneer gaan mense besef dat om sulke inskrywings te maak, ALMAL benadeel en dat iemand WEL pers toe sal gaan daarmee ?

Hilda ·

Hierdie is nie n jong meisie nie. En op haar fb lyk dit glad nie of sy n rassis is nie.

Hugo ·

Kan ek al my skermskote van “African” rassiste ook dan deurstuur? Gaan loer bietjie op ander “Engelse” nuuswebwerwe wat “Africans” kwyt raak. Google se translate is nie altyd 100 persent akkuraat nie maar ‘n mens kan tog uitmaak die gevoel van haat wat oor ons “nie-Africans” uitgespreek word. Tog sit ons terug en bekyk die Sirkus wat voor ons afspeel – HofnarMalema, RingmeesterZuma, en ek durf nie die res van die vergelyking te trek nie.

Ek stem saam die plasing lyk maar effe verdag – dalk ‘n kuberkraker wat nou maar iets teen haar het? of dalk was sy so dom om so iets op sosiale media kwyt te raak.

Al wat hierdie plasing deur MM reg kry is om te verseker dat ek sukkel om my kos af te sluk deur die onregverdigheid wat besig is om oor die land te seevier!

#braak

Yoli ·

Dis hartseer dat mense deurmekaar raak met ‘n Dagboek wat vir jou private gedagtes en gevoelens is en Facebook..sodra dit op is, is dit daar vir die wereld om te sien. Mens sou dink die Penny Sparrow ding sou dit duidelik gemaak het. Die media ‘love’ hierdie tipe goed, mense klou daaraan vas en gee die ‘juju’s van die wereld net nog meer ammunisie. Ons leef in ‘n onregverdige stelsel. Ons gaan dit nie nou klop nie. Die wit mens is gesien as ‘n rasis blote velkleur. Uitsprake soos die help nie ons saak nie.
Haar hele lewe gaan nou verander en verwoes word vir wat..?
Gister lees ek ‘n berig van nog ‘n plaasmoord die naweek en een van die opmerkings van ‘n Nie-Blanke, was ‘dankie tog ‘n biejtie goeie nuus op die vervelige sondag…’ Maak dit nuus? Niemand se ‘n woord daarvan nie…dis hoe dit mos nou is hier in SA.
Ek dink aan die girl, daar le nou ‘n lang en moeilike pad vir haar voor.

ANEL ·

Ja nee, so sal al die wittes se aanmerkings oral op die media wees, maar hulle kan doen en sê net wat hulle wil. My swaer saterdag so voorval gehad by Romanz in Van der Hoff Pretoria, net omdat “Mnr” induk voor almal in die ry, en my swaer ordentlik vir hom sê almal staan in die ry. Toe is dit duidelik aan hom vertel, al ons wit boere gaan vrek gemaak word. Hulle is absoluut net geensin gebonde aan wette en respek nie. En 1 van hulle maak dat ons die res haat. Liewe hemel dit maak mens briesend.

Theresa ·

Nee! Kry die leiers in hierdie land eerste om om verskoning te vra oor alle rasisstiese uitlatings al deur hul gemaak. So onbekende iemand stook nie eintlik kwaad nie – en hoe kry hul haar facebook gelees??? I spy with my little eye???…

Die groot sterk leiers is maar bra kleinlik. Ek is oortuig daarvan dat wanneer hul ‘n werklike goeie, hoflike respek uitdraende klomp mense word, baie ander sal volg. In tussen is dit mode om vir enige rede onder die son vir die minderheid te vertel hoe hul dood gemaak sal en gaan word.

ekke ·

MM, maak julle kommentare so oop, dat ons foto’s kan plaas.. Ons sal julle oorlaai met hulle rassistiese kommentare… of jaag julle ook sensasie na deur dinge aan te wakker oor wit teen swart gevalle…maar min te se het oor swart teen wit gevalle?

Oom Kalahari ·

Hierdie vrou (Vanessa) is met ‘n slenter gevang. Daar moet besef word ‘n derde mag is hard aan die werk om haat, konflik en anargie te skep. By werksfunksies as jy in onguns is sal jou pos en lewe draaglik wees as jy ‘n toilet moet gaan besoek en jou selfoon bly agter weens vertroue. Die hoofstroom media is geselekteer om op spesifieke doelwitte vir dae aan te wakker op voorblaaie, maar om die weklike uitdagings wat in die land aan gebeur is te verskans. Hierdie is beplande optredes om moorde te kan regverdig in SA tot die buitelandse gemeenskappe. Houtbaai en gemeenskappe was nog altyd oop en vriendelik tot alle gemeenskappe en is ‘n vakansie aantreklikheid en vir die inwoners is die ekonomie en ontwikkeling nog altyd ‘n prioriteit. Na al die onlangse gebeure wat so opswaai in alle media berigte maak oor “rassisme” maak hierdie skielike optrede (plasing) baie verdag en veral met die vakansie ingang. Dalk soek iemand haar werks posisie en wil haar in ‘n swak lig stel of het ‘n agenda om haar te na te kom.

Lance ·

Gaap ….nog ene ….al SO moeg vir dit …kry ook maar eers die eff onder beheer en al die moorde en verkragtings ….dit vergelyk gladnie met n ou FB posting nie ….

Rina Vermeulen ·

Petser ek weet nie wat bedoel jy op my kommentaar” ag kom nou lol” sy het nie die woord swart mense gebruik nie maar Africans. Het jy geweet baie oorsee se mense sien Africans as enige ras wat hier bly .Ek behoort aan n buitelandse chat groep ek weet asook mense in ander Afrika state is ook Africans sê maar net ook lol.

Dirk Breytenbach ·

Die kommentaar lees:”They like stupid animals”. Dit beteken eenvoudig hulle hou van dom diere!!! Dit lyk vir my ook na ‘n liegstorie. Interessant hoe daar teen die spoed van lig opgetree word en die straf ook sommer voorgeskryf word, wat nou van die onafhanklikheid van die howe en onskuldig tot jy skuldig bevind is. Boendoehof al reeds in sitting!

Jen ·

Wat my so omkrap is die DA. Hul veroordeel die uitlatings ten sterkste. Soel altyd hulle monde uit oor blankes se uitlatings. Maar het jy hul al ooit gehoor hul monde oopmaak oor al die walglike uitlating van die eff en anc lede teenoor ons blankes. En om nie eers van al die moorde te praat nie. As dit nie vir die blankes was nie het hul nou nog op die kantlyn gesit en wag om stemme te kry. Dis tyd dat ons blankes die VF en Solidariteit en almal wat vir ons opstaan ondersteun en die klomp haarsprakers ook begin aankla. Hul kan dit nie alleen doen nie

Von ·

Duidelik kyk hulle hierdie mis. Wat die girl gese het is ‘n baba teen wat op die FB blaaie gepos word. Gaan soek maar South African Hate Speech Archive blad op FB en gaan lees wat daar aangaan. Dit word net onder die mat ingevee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.