Die ANC in die Wes-Kaap gaan ʼn klag van rassisme by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aanhangig maak teen ʼn vrou van Kaapstad wat glo rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het.
“Vanessa Hartley, ʼn inwoner van Houtbaai, het ʼn aanstootlike plasing op Facebook gepubliseer,” het die ANC Sondag in ʼn verklaring gesê.
Hartley het glo geskryf: “They are like stupid animals. We should tie them to a rope. Too many Africans flocking to Hout Bay. Draw up a petition. Soon there will be nothing left of Hout Bay”.
“As die ANC in die Wes-Kaap kan ons nie toelaat dat dié provinsie deur die euwel van rassisme vasgebind word deur die broederskap wat die mosaïek van die provinsie moet wees nie. Ons verwerp Vanessa Hartley se rassistiese uitlatings as ʼn verwronge siening van waaroor hierdie land gaan en dit is definitief nie verteenwoordigend van die meerderheid van mense in hierdie provinsie nie. Rassiste sal nie die laaste woord inkry nie,” lui die verklaring.
Die ANC versoek die MRK om die maksimumstraf en regstellende maatreëls binne hul vermoë toe te pas om seker te maak dat dié tipe gedrag verwerp word en nie weer sal voorkom nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
55 Kommentare
Terwyl hulle besig is moet hulle sommer n saak ook maak teen die vrou wat n foto op fb gesit het en se sy hoop al die wit kinders verdrink
So maklik kla die ANC swart mene as iemand hul veroordeul. Maar wat doen hulle om hul eie aansien te verbeter. Niks krysig die wat iets sê.
Die bewoording van daardie Facebook inskrywing is hoogs verdag. Blankes, selfs Afrikaanse mense, skryf nie so nie.
Gaap…
En soos gewoonlik kan die Afrikaanse media nie wag om hieraan dekking te gee nie.
Ek sien geen berigte oor elke klag wat die ANC NIE gele het teen ander groepe wat rasistiese uitsprake maak nie. Dit behoort aan die groot kok gehang te word.