ANC in Ekurhuleni: Grondbesluit ‘reuse-mylpaal’

Jongizizwe Dlabathi, ANC-hoofsweep in Ekurhuleni se metroraad. Foto: Facebook.

Die ANC-koukus in Ekurhuleni verwelkom die raadsbesluit om vier eiendomme vir openbare doeleindes sonder vergoeding te onteien.

“Dis ʼn reuse-mylpaal in die geskiedenis van die stad Ekurhuleni en in Suid-Afrika in die algemeen,” het die koukus by monde van die ANC-hoofsweep, Jongizizwe Dlabathi, gesê na aanleiding van eergister se besluit wat met 109 teen 77 stemme geneem is.

“Dis deeglik opgeteken dat die stryd om die grond aan die mense terug te besorg nog altyd ʼn politieke stryd was onder aanvoering van die ANC tesame met talle progressiewe organisasies,” het hy gesê.

Maar Phillip de Lange, DA-leier in Ekurhuleni, sê die metro-gebied het meer as 119 informele nedersettings. “Mense smeek om huise en titelaktes, maar die ANC-beheerde koalisie kon steeds nie sy grondwetlike mandaat vervul om behoorlike behuising te voorsien nie, al het hy die nodige geld tot sy beskikking.”

Hy sê die DA glo nie om ʼn proses van onteiening sonder vergoeding te begin sal meer huise help lewer nie “aangesien die ANC eenvoudig nie die politieke wil het om die mense te dien nie”.

Phillip de Lange DA-leier in Ekurhuleni. Foto: Facebook

De Lange beskuldig die ANC daarvan dat die behuisingsagterstand sedert die koms van die demokrasie in 1994 “eksponensieel toegeneem het weens die party se gebrek aan behuisingsvoorsiening en korrupsie wat hoogty vier. Wat gaan nou verander? Dié metro is reeds berug vir die slakkepas waarteen hy titelaktes aan inwoners uitdeel.”

Tog sê Dlabathi: “Die ANC-koukus is van mening dat die mense van Ekurhuleni sal baat vind by die onteiening van verlate, rustende of ongebruikte grond sowel as geboue vir openbare doeleindes en ontwikkeling. Dit sal verder bydra tot ons verbintenis daartoe om 100 000 huise te bou en 59 000 gedienste erwe teen die einde van die huidige ampstermyn te bou.”

Hy gee toe die metro het nie met die nodige “spoed en dapperheid beweeg om die grondkwessie op te los nie, maar is bemoedig deur die raadsbesluit [om grond te probeer onteien sonder vergoeding]”.

De Lange sê die parlement sal in elk geval in November oor die saak beraadslaag. Hy beskryf die ANC-burgemeester van Ekurhuleni, Mzwandile Masina, se voortydige voorstel om grond sonder vergoeding te onteien as “ʼn goedkoop politieke foefie om kiesers te paai”.

Dlabathi sê egter die ANC beskou die raadsbesluit as ʼn teken van besliste optrede “en dat dit ʼn toetssaak sal wees om die ou orde af te takel aangesien grond ʼn deurslaggewende deel is van ons radikale sosiaal-ekonomiese trajek”.

Die organisasie Black First Land First se Gautengse tak (NLF-GP) het in reaksie op die burgemeester se plan gesê: “Ons sal die situasie dophou om te sien watter implikasies dit het gegewe die huidige debat oor grondonteiening.”

BLF-GP wil weet of die burgemeester op lang termyn in die mense se belang sal optree en “of dit net ʼn stap is om stemme in die 2019-verkiesing te kry. Ons sal ons nie weer om die bos laat lei nie. Genoeg is genoeg!” het Ntsako Mthethwa, hul adjunk-sekretaris, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Johan H. ·

Jjys reg ja genoeg is genoeg. Nou weet ons waar ons met julle en jou presedentjie staan

Burger ·

Sodra hierdie mense ‘n besluit neem, moet jy weet dit is nie in die beste belang van die inwoners nie en dat dit gaan boemerang, maar intussen is hulle in die kollig daaroor, en dit gee hulle genoegdoening, al is dit net vir ‘n maand of twee.

In maatskappye word bestuurders en mense in sekere poste ge-evalueer of hul die visie het om vir ten minste drie tot vyf jaar kan beplan, sekere mense het die visie om hul nalatenskap vir ‘n leeftyd te laat staan.

Marie Visser ·

Die erwe is seker verlate want die eienaars bly oorsee – gee nie meer om oor n ou niksbeduidende erfie nie

Alida ·

Ek dink die grootbek ANC gaan nie n spieel nodig he om hul agterstewe te sien nie.

RM ·

The Romance of Communism. They might celebrate now but they are wrecklessly signing away their own futures. Africa has a certain proclivity for self destruction.
If the world wasn’t prepared to see bloodshed across racial lines in 1994, why would it tolerate it now with social media? Mandela has a peaceful legacy. That however happened 26 years ago. Many people are getting introduced to a tiny country with images of Farm Murders and a big scary looking Ramaphosa. Die wiel draai stadig maar seker.

Asmain ·

Het ek iets gemis: gedog die grondwet moet nog gewysig word alvorens onteiening sonder vergoeding wettig is?
Maar o ja, die wette van die land is mos net op sekere mense van toepassing.

Piet ·

Jy moet maar weer die Grondwet gaan lees, onteiening is reeds moontlik, en die vergoeding moet besluit word deur die hof, en in sommige omstandighede kan dit besluit word dat vergoeding nul is.

Frikkie Geld en huis ·

Puik Fliek!!! Maar sal “our people” verstaan waaroor dit gaan ??

Anoniem ·

Tsek, julle ruggraatlose lafaards wat alles verniet wil hê. Te lui om te werk, julle moet dit met “wette” afvat en dan tot in die grond afbreek! Niemand gee om watter mylpaal julle dink julle bereik het nie, julle bly lafaards!

Natan ·

Eier in die gesig van Cyril. Hy het mos hierdie week op Bloomberg TV gesê dat grondgrype nie in Suid Afrika voorkom nie. Hierdie tel teen hom.

Gedienste erwe…die toestand van die Vaal Rivier?

Smirre ·

“Return the land to the people” ….regtig ? Om weer onhigieniese onveilige misdaad deurtrekte “squatter camps” he bou……volgende is “toilets” ipv long drops. Slag dan bees om die “land redistribution” te vier. Al wat hier uitbroei is misdaad, siekte en nog armoede. Wys my waar dit gewerk het in Afrika. Een gemors op die ander. Lees maar weer “IQ and the wealth of nations”……maak jou eie gevolgtrekking.

Hettie ·

Nou verstaan ek nie ! CR het dan nou net vie Trump en die res gesê dit sal nooit in SA gebeur nie !
Stuur die inligting vir CNN!

Anoniem ·

Dit is nou die grootste klug wat jy kan hoor en sien gebeur. Hoe onteien jy grond sonder vergoeding as die eienaar van die grond jou geld skuld. Dit is wat hier gebeur die eienaars skuld die munisipaliteit miljoene vir erfbelasting en wat nou gebeur die raad le beslag op die grond vir die uitstaande skuld dus is dit nie onteiening van grond sonder vergoeding nie want die eienaar verloor sy grond maar sy skuld word ook afgeskryf want sy grond gaan vir die uitstaande skuld nou hoe kom hulle nou by onteiening sonder vergoeding.

Johann M van Heerden ·

Tweede Zim. Hier kom dit. Waar is FW, Roelfie, Nel, Barend en Pikkie nou met hulle beloofde ‘wigte en teenwigte’ . Wie gaan hulle tot rekenskap roep?

Bob ·

Stem saam. Die politieke leiers van ouds en hul nageslagte moet onteien word van al hul held en eiendom. Hulle was die GROOT diewe. !!!

Andre ·

Gee grond “terug” aan die wat dit nog nooit gehad het nie.

Thai Dlamini ·

Yes, thank you. Just show you how long it was stolen. Once a thief always a thief. People should take responsibility of the wrong their forefathers had done. All whites benefited from the thievery of their forefathers. Time to except, apologize and pay up.

Burger ·

You and you ANC lazy cadres will think of every trick to grab land from legal owners and property what they worked for. Go figure and then report back on what you achieved in life, except destruction.

Burger ·

Your claim to fame is burning tyres and cause destruction.

Eish Tai eishhhh... ·

You and your forefathers are originally from north Africa Tai Dlamini..So tell me actually who came and stole the land of other tribes such as the San people??.If there is anyone that should lay claim to this land South Africa it is them the San people and not you lot!Old Shaka Zulu was a very good example of how non peaceful you lot were and your old corupt leader zuma reckons you were at peace with all before the whites came…hehe what a lie and joke!
Go back to school and ask them to teach you your forefathers real background history instead of this anti-white indoctrination they have brainspooled you with! I dare you to look at your history before you start preaching so you dont come forth as a complete idiot who chooses to ignore the facts! So what about that injustices eh brother???Oh yes of course it is only the whites than can be called thieves and racists by ignorant people such as yourself!Do you even realize that most whites have paid for land or might still be paying it off.
Your mindset is why South Africa is heading the way it is….typical rubbish status and worst to come..You just want everthing for free, you dont underdstand you need to have integrity and to work for it and earn it and not just want and receive for mahala..eishhh….

To breed or not to breed ·

@Thai….easy to own land. It’s called Birth control.

Swartwolf ·

Cyril is een van die op wie die artikel ” IQ and the wealth of nations” betrekking het. Dink jy regtig jy kan sy woord vertrou ???

Tokkolos ·

Thai
Jy sekerlik undercover
Stopit ons gee die 1 teveel aandag ??????????

Snowball ·

@Thai Dlamini, when a person benefits from his forefathers, as a result of their cognitive abilities (you know, being able to build ships in the 1600’s, being able to think strategically to benefit himself and his community), those benefits will manifest in the lives of all his descendants, as it is part not only of his history but of his genetic make up. That is why Afrikaners weathered the storms of the Cape, resisted the British in the Anglo Boer war, and will triumph beyond the communist rape of the ANC. You, and your people will one day have to face your children, when they ask you where their inheritance is, and what will you answer them, if all you can master is deceipt, destruction, mayhem and corruption. Think therefore, not only about my forefathers but contemplate (if you can paddle past the populist slogans the ANC nurse you on) what you have been successful with in SA in the past 24 years….Soon, you will have to collectively start taking the blame for your mistakes. Will you then turn to your children and blame YOUR FOREFATHERS? Each generation passes through time and leaves a footprint in SA. It is not the Afrikaner’s time anymore. It is yours. Own up, create, invent, develop your languages, educate your children, master skills, uplift your communities, expand your horizons through your OWN ABILITIES. That is what my forefathers did, and I still benefit from it. It has nothing to do with owning land!

Jan ·

Ja al julle ou slim afrikanerkies met al julle tegnologie en grade en diplomaties word vir n ride gevat dear n paar ongeskoolde ou grootbekke….

Dear(Liewe) Jan ·

Geletterd, geleerd, belese en berese, dié is ons. Met skelm, slu, onnosel en korrup wees, is die grootbekke ons ongelukkig ver vooruit.

Jan ·

Skuus man, ek vra om verskoning, iemand het my profiel gekaap. Ek het dit nooit gesê nie, ek is net verkeerd aangehaal.

Se wie ·

Taking from peter to pay paul het nog nooit gewerk nie. Maar die CNA is mos altyd n eeunif so agter die tyd.

JAN ·

Niks is nuut nie.
Onthou u Minister Jan Haak wat al die grond opgekoop het van Drakenstein berge? As belegging tov toekomstige ontwikkeling.??
Wel hulle vertel toe Niel Armstrong op die maan land toe kry hy vir Gatiepie daar wat na Baas Djan Haak se proteas kyk….
Hy vertel toe dat hy water somme uit die “SIE van Kalamitie ” skep.
See van Calamity hmmm??

JAN ·

Wat van al die diamant myn konsessies aan die weskus vanaf Lutzville tot by Angola !!!

Plak maar die die kiekies boetie jannie ….

Jan ·

Broer JAN, plak asseblief jou bewyse hier neer, want niemand glo jou nie. Ek ek gaan dit versekerlik nie vir jou doen nie.

Jan ·

O ja, eers was dit al die grond van die Drakensteinberge, nou het jy ‘n ander plek wat jeuk, daar langs die Weskus af.

JAN ·

Boetie jannie die gesprek gaan oor die meriete van onteiening . Dis nie so eenvoudig nie.
Ek vertel van reuse gebiede van diamantmyne.
Suid van Alexander baai is staatsgrond tot by Port Nolloth . Noord van Oranje Oppenheimer syne tot by Ludertiz verder noord is ook privatiseer George Kahan . ens ??
Sien die swartes weet dit alles beter as wit jannie want hulle het geslagte lank daar gewerk…
Soos JAN ook.

Jan ·

Dus het die minister destyds die grond vir die staat opgekoop en nie vir homself nie. DIT was wat my die eerste genoop het om te reageer. Maar dan ook nie dit soos jy dit in jou eerste kommentaar het nie, berg en al. Deesdae behoort alle mineraalregte aan die regering, en hulle hoef niks op te koop nie.

Frans C ·

Die ANC het nooit aanbewind gekom op grond van die nuwe sg beste grondwet in die wêreld nie,maar wel op grond van die beloftes vervat in hul Vryheidsmanifes,wat talle onvervulde beloftes vervat.
Toe ek dit destyds aan die verstand van sg NP kandidate bring is ek uitgeskel en wou sommige van my mede amptenare my te lyf gaan veral toe ek die 1994 verkiesing uitslag,maande voor die tyd korrek voorspel het.

Een ou het darem die moed van erkenning gehad en erken dat ek reg was en hy spyt is
dat hy toe nie vir die regte party gestem het nie.
HIer is ‘n uitreksel uit die oorspronklike.
” THE LAND SHALL BE SHARED AMONG THOSE WHO WORK IT!
Restriction of land ownership on a racial basis shall be ended, and all the land re-divided amongst those who work it, to banish famine and land hunger;
The state shall help the peasants with implements, seed, tractors and dams to save the soil and assist the tillers;
Freedom of movement shall be guaranteed to all who work on the land;
All shall have the right to occupy land wherever they choose;
People shall not be robbed of their cattle, and forced labour and farm prisons shall be abolished.”

JG ·

@Bob…is jy dalk verwant aan Bob (noord van die Limpopo ) ? Jou dwaas-sinnige uitsprake laat my so vermoed.

Catherine ·

Lagwekkend !Weet nie van harde werk nie. Sal die pad volg van alle onteinde grond. Just be patient….in the future you will be begged to take farms back

JAN ·

Aan klein jannie.
Het jy al die onvoltooide snelweg wisselaars in Kaapstad Foreshore gesien? Die moeder van monumente van die NP.
Dis geen geheim en geen rocket science dat onteiening die enigste oplossing is…. Maar hoe?
Ek reken dit moet as nasionale monument verklaar word ter nagedagtenis aan die moord op Verwoerd.

Jan ·

Ek het daar grootgeraak, voor die monunent en daarna. Ek het in Panorama gewoon. En ek sal daai fotos van Verwoerd se moord nooit vergeet nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.