ANC in Gauteng kies hul voorkeurkandidaat

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die ANC in Gauteng het Saterdagaand in Irene in Centurion hul voorkeurkandidaat benoem om pres. Jacob Zuma op te volg.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het met 374 stemme die voortou geneem teenoor sy grootste mededinger, Nkosazana Dlamini-Zuma, voormalige voorsitter van die Afrika-unie, se 64 stemme.

Die ANC se 54ste nasionale verkiesingskonferensie word later vandeesmaand in Johannesburg gehou. Tot dusver neem Ramaphosa die voortou van die provinsiale rade en is hy, buiten Gauteng, reeds in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap as voorkeurkandidaat benoem. Dlamini-Zuma is die voorkeurkandidaat vir die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga.

Die hoopvolle presidensiële kandidate is Ramaphosa; Dlamini-Zuma; Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings; Zweli Mkhize, die tesourier-generaal van die ANC; Jeff Radebe, minister in die presidensie; Baleka Mbete, speaker in die nasionale vergadering; en Mathews Phosa, voormalige tesourier-generaal van die ANC.

Sisulu is Saterdag met 182 stemme benoem vir die pos as adjunkpresident in Gauteng.

Lees ook:

ANC-lede juig toe die uitslag bekend gemaak word. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anti Zumpi. ·

Moet my nou nie oor die volgende uitlating kruisig nie. Ek dink dit sal voordelig wees indien nkosisikkeleli zuma as president vd anc gekies word. Sy en die anc sal dan die 2019 verkiesing nie oorleef nie. Al die gewone nuwe demokrate hou nie van haar en die hoofskelm nie en sal gevolglik nie anc stem nie. As hoof ramaposie inkom het anderkleuriges groter probleme op hande as wat hulle nou het. So hier kom nog n belaglike ding. Hierdie man is n uitgesproke boers hater, so pasop vir hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.