ANC in Gauteng maak beloftes oor grond, e-tol

David Makhura, premier van Gauteng. Foto: GCIS

Die ANC in Gauteng het Sondag gesê hy sal alles in sy vermoë doen om volgende jaar se nasionale verkiesing “met ʼn oorweldigende meerderheid” te wen en dan weg te doen met e-tol in dié provinsie.

“Die ANC se provinsiale konferensie het besluit e-tol moet gaan. Ons sê weg met e-tol!” het Jacob Khawe, die nuutaangestelde provinsiale sekretaris, by die konferensie by die St. George’s hotel in Irene, Pretoria, gesê.

“Ons doen ook ʼn beroep op die regering om te kyk na lewenskostes wat die hoogte in geskiet het. Ons moet sê nee vir korrupsie. Nee vir staatskaping. Ons moet toegewyd wees om ʼn oorweldigende oorwinning vir die ANC in die 2019-verkiesing te verseker,” het Khawe gesê.

Die drie dag lange konferensie het gister tot ʼn einde gekom.

David Makhura, premier van Gauteng en voorsitter van die ANC in die provinsie, het ter afsluiting van die konferensie gesê dat die party nie sal wag vir die parlement om tot ʼn slotsom te kom oor die kwessie rondom onteiening sonder vergoeding nie, maar sal voortgaan om oop grond so gou as moontlik beskikbaar te stel.

“Ons gaan nie vir die parlement wag nie. Ons sal onbeboude grond, insluitend regeringsgrond, teruggee aan die mense. Ons is vasbeslote dat die grond teruggee moet word aan die volk,” het Makhura gesê.

Hy het gesê die ANC is ook vasbeslote om die sosio-ekonomiese probleme wat inwoners in die gesig staar aan te spreek. “Ons wil die mense van Gauteng verseker dat die ANC julle baie ernstig opneem. Ons staan voor ʼn stryd en dit is om in 2019 te wen. Ons is gereed om die verkiesing te wen.

Intussen is die ANC gereed om “hul stemme te laat hoor” tydens die verhore oor die voorgenome wysiging van die grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak wat binnekort in Gauteng sal plaasvind.

ʼn Opgewekte Makhura het gesê die provinsiale ANC is na afloop van die konferensie “meer verenig en vernuwe” en hy het belowe hy sal as die voorsitter van die ANC in Gauteng nie teleurstel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Theresa B ·

Ja nee – daar sal nou vele beloftes gemaak word na aanloop van die verkiesing. Die ergste is dat almal hulle glo. Na al die jare het niemand enige iets geleer uit al die gepraat nie.

Ronel ·

Maklik om beloftes te maak oor e-tol wat moet weg, as hulle die mense is wat dit ingebring het? En soos jy sê, die massas glo nou weer die leë beloftes. ‘nuf said

JAN ·

wat die sogenaamde leiers nie alles kwyt sal raak…. beloftes …… en CR swyg maar te bly hulle gaan stemme werf maar korupsie vier hooggety.

Diefie ·

En ons almal weet hhhooooeeee lllllaaaannnkkkk is ANC se gou moontlik! Na 25 jaar het gou as moontlik nog nie aangebreek nie. Net afbreek het so gou moontlik gebeur.

Sarel ·

Ja, julle het nou die maklike deel met lekker vol magies gedoen, Nou moet dit in die praktyk met harde en doelbewuste dade tot uitvoer gebring word . Hoe nou verder ANC ????

Realis ·

Vergeet van die beloftes, julle is al vir meer as 20 jaar aan bewind. Ons weet die land as geheel is slegter af vandat die ANC aan bewind gekom het. Is die mense van die land beter af? Is enige ras beter af?

Perspektief ·

@Realis – ek glo die mense wat nou na 22:00 in die aand sonder ‘n pasboek kan kom en gaan waar hulle wil, wat kan swot waar hulle wil en vakansie hou waar hulle wil, wat in hul moedertaal onderrig kan word (al is dit nou net in die grondslagfase) – m.a.w die meerderheid van die land – is beter af ja.

Carl Jordaan ·

Die e-tol is die bekostigbare komponent. Dit is steeds onbillik, want daar word brandstof heffings ingestel vir pad onderhoud. Die werklike geldmakers is die konsessie houers wat buitensporige winste maak en motoriste gruwelik uitbuit. Hulle verklaar nie winste nie, maar kyk maar na die verkeer op die N1 tolpad Durban toe en maal dit met die tariewe, dit is astronomies. En as die konsessie tydperk verby is, word dit maar net hernu, want dit genereer geld betaal dalk belasting en maak sekere individue skatryk.

B-man ·

Die brandstofheffing is veronderstel om na padonderhoud te gaan, maar tessourie het gesien dis ‘n goue gans en nou gaan dit staatskas toe. Dis deels hoekom die paaie lyk soos wat dit lyk. Gelukkig word die tolpaaie nog onderhou, maar die tol is té hoog… en dis die N3 wat Durbs toe gaan.

David ·

…maar baklei die DA nie al lankal teen etol en gee reeds titel aktes uit nie?

ES ·

Lagwekkend! JZ, wat die leier (en president) van hul regerende party was, het die e-tol d.m.v. wetsontwep ingestel en nou “veg” hulle (die regerende party), ewe skielik vir die afskaffing daarvan??

Johanna Botha ·

Wel wat julle tot nou bereik het is n groot mislukking …alles is verwaarloos gebreek bangkrot of gebrand . Maar die massas stem nogsteeds anc ….hoe oonosel kan mens wees en wat gaan dit neem om die lig te sien !

tamboti ·

Dis reg Johanna, groot mislukkings en baie groot skade. Maar nou baklei die ANC teen alles wat die ANC self veroorsaak het en wil nog meer nog vinniger doen? Noodwendig nog meer moeilikheid en anargie – want dan kan hul meer blaam plaas op die ” nagevolge van apartheid” Op die einde as die land gebreek is, sal hulle darem skatryk ge-oes het, en die volk met aalmoese aan hul voete hou. Viva Africa!

Siek en sat ·

Dis iets wat julle goed kan doen ANC. Promises promises promises. Doen al daai goed en ek ‘join julle’.

dejager ·

ANC ondersteuners betaal in elk geval nie e-tol nie .Al hoekom die leiers e-tol wil skrap is dat dit die regering magteloos laat lyk.Hulle kon dit nog nooit afgedwing kry nie-dit laat die magtige regime maar redelik impotent lyk.

Se maar net ·

Bla bla bla….weereens word beloftes gemaak wat op niks gaan uitloop nie.

Koos de Meyer. ·

Ek wil nog sien of die e tol af geskaf word. Heffing in die brandstof gaan vir belasting en nie vir die paaie nie. Melk sal hulle ons melk. Heuning om die mond en slaan met ‘n doring tak oor die agterstewe.

Lee ·

Ag asseblief!!! Die ANC is die lot wat E-Toll ingebring het in Gauteng nou word daar weer lee beloftes gemaak. Net ‘n verkiesings-foefie want hulle weet hulle bverloor te veel stemme. Seker ‘n April fools joke!!

jaco ·

Die ANC-regering het e-tol ingestel, maar die ANC sê e-tol moet gestop word.
Die ANC is die regering, maar die ANC vra die regering om hoë lewenskoste af te bring.
Is daar dan 2 ANC’s?
Iets maak nie sin nie.

Irma ·

Ag twak, dis weereens lee beloftes. Die land se President het dan genoem dat etoll wat uitstaande is saam met voertuig lisensies gevorder word as “skuld”. Hoe reken Makura kan die regering sonder daardie handige meevallertjie klaarkom. Die huidige lands regering is absoluut geld ingestel. Nie diens of verbetering van mense se lewensgehalte soos hulle so graag beloof nie. Hulle maak so maklik beloftes maar met hul selektiewe geheue’s vergeet hulle gou-gou daarvan sodra die voordeel in hul rigting draai.

Alida ·

Die ANC het nou net een doel voor oe en dit is om die verkiesing te wen. Daarna gaan daar net meer misdaad en anargie losbars.

Ja hoor ·

ja DIT IS AL HOE JULLE SO SKIELIK WEER OPGANG GEMAAK HET — beloftes aan ondersteuners oor WITTES se grond . .julle het minder as 54% steun gehad maar het gesien daardie GROND ISSUE is ‘n groot ene waarmee julle nog julle LAASTE slag kan slaan .. totdat dit ook nie slaag nie soos al die ander goed . dan brand die land weer …

Wragtag ·

Gisteroggend 10h00 het bestetters, 1Km van die konferensie by die St. George hotel, terwyl al dié besluite geneem is, diepad wat by St. George verbyloop, bande aan die brand getseek en motoriste met klippe gegooi!!! Die land is besig om totaal onbeheerbaar te raak!

Shame ·

En al wat die ANC ondersteuners gaan kry, is leë beloftes – en ‘n t-hemp van swak gehalte.

Afrikaanse Knaap ·

Gaap. Hierdie beloftes hoor ek al jare.
Onder die ANC sal geweld en misdaad vererger, die rand verswak, gesondheidsdienste verswak, infrastruktuur verswak, werkloosheid toeneem, rassisme en rasse kwotas die orde van die dag wees, en ou mensie nie hulle toelae kry nie.
Dan praat ek nie eers van SAA, SARS, Poskantoor en ESKOM se wanbestuur nie.

Elizabeth ·

Môre huil hulle weer oor huise wat in sinkgate geval het of besoedeling wat hulle siek gemaak het en dan moet die regering weer daarvoor pa staan … Daar is dikwels goeie redes waarom sekere grond nie vir behuising geskik is nie, Maar wie worry nou daaroor. Self bly die rykes mos nie daar nie, maar in Waterkloof en Houghton …

Hans ·

Tog interessant dat anc hulle konferensies in luukse hotelle en konferensies gehou word-intussen kry die gewone mense baie swaar.

KoosGrapJas ·

Dis die eienaardigste verskynsel tussen mense en politici, hulle lieg en die massas glo. Na die verkiesing gebeur niks. Dan brand hulle weer van voor af. Op die ou einde moet ‘n mens jouself vra wie se skuld is dit dat die land in so ñ gemors is? Die mense wat regeer of die mense wat gestem het dat daar so ñ regering aan bewind is?

Wilma ·

Hahaha. Oorwinning vi ANC.. oe ek lag my n papie dat ANC wil wegdoen met e tol. Kom reeds van ANC. Staatskaping Korrupsie moet stop. Ai ANC dan voor ini ry hulself met hieri oortredings.

jj ·

Ek wil net weet. Was daar nie al omtrent 20 jaar terug miljarde rande uitgesit vir grondhervorming nie. Wat het van daai geld geword. Nou moet die grond onteien word sonder vergoeding. Ongelooflik!

Leon ·

Ja daar was eers baie geld begroot en die is deur korrupsie opgeslurp deur kaders. Later begroot hulle minder sodat kaders lekker verder kan loot. Ek sal beslis nie toelaat dat hulle my goed vat omdat hulle net meer en meer wil loot nie.

GAB ·

Dis juis die selfde ANC SOE wat e tol ingebring het en nie wil verwyder nie. Nou hoe praat die man nou verby sy eie party?

Pietman ·

Die sirkus duur voort. In hoeveel miljoen stukkies grond gaan die regering die grond verdeel om vir almal hulle stukkie te gee? En op watter voorwaardes? En wie besluit wie kry wat en hoekom? En wat van nuwe aanspraakmakers op grond wat jaarliks in die stelsel inkom en hulle stukkie grond opeis? Sal bly wees as iemand antwoorde hierop kan gee.

Alida ·

Hoekom vergader in n hotel dit is geld mors. Die Uniegebou het mos raadsale en bedien toebroodjies met die tee. Laat hulle tuisgaan by die talle staatshuise. Elkeen van daai huise se spense bars van al die kos en elkeen het n sjef.

Nikita ·

Maar natuurlik maak hulle nou gereed om weer die verkiesing volgende jaar te wen. Wat hulle belowe is eenvoudig net die teenoorgestelde. Ja en gee ook die regeringsgrond terug aan die mense, sodat hulle dit net weer kan verkoop vir die geld. En so verarm die regering en wie moet opdok? Hulle blaas net bollie in die mense se ore. Belowe en doen is twee dinge. So word die anc se stemmers net weereens vir die gek gehou en sal als net weer n misoes wees. Amandla? PATETIES!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.