ANC in Gauteng maak u-draai oor Zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: ANC/Twitter

Pres. Jacob Zuma. Foto: ANC/Twitter

Die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) het besluit om pres. Jacob Zuma se verskoning te aanvaar na aanleiding van die konstitusionele hof se uitspraak dat hy die grondwet verontagsaam het.

Die PUK het Sondag in ʼn verklaring gesê Zuma, die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) en “die hele beweging, moet voortgaan om oor die saak na te dink”. Die PUK het ook besluit “geen provinsie het die magtiging om vir ʼn ander provinsie te sê watter besluite om te neem oor aangeleenthede binne die organisasie nie”.

Die PUK het vroeër vanjaar na die konstitusionele hof se uitspraak gesê Zuma moet “diep besin en die regte ding doen” om die krisis, waarin die ANC hom bevind, op te los.

In die nuutste verklaring is die PUK egter van mening die regering, onder leiding van die ANC, het ‘n trotse rekord van prestasies. “Ons is hard aan die werk om die lewens van al ons mense te verbeter en bly daartoe verbind om dit te doen.”

Die provinsiale bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes sal op 4 Junie by die FNB-stadion in Johannesburg plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Schalk ·

Die ANC is permanent in n u draai. Al wat hulle sien en jaag is hulle eie sterte. Mnr Zuma het sekerlik weer poste beloof.

Johann ·

Gepraat van U Draaie…wel padgebruik. Oppad tuis vanaf Bloemfontein gister laat oggend op die N1. 12 ANC “branded ” bakkies met “custom” klanktoerusting agterop, in konfooi agter n nuwe C klas Merc. HEELTYD in regterbaan, gee nie kans vir iemand om verby te kom nie…want sien: hulle besit alle reg van toegang EN reg van honderde duisende rande se geld blaas op bakkies en PA Systems vir the people….W JY!

Xa ·

Einste pad waar hulle groot busongeluk was as gevolg van hulle roekeloosheid. Kan ook maar nie leer nie.

Theuns ·

Wat kan die redes wees dat die ANC in Gauteng net so 180% grade omspring en Zuma in hul kuil verwelkom. Kan dit wees dat Gauteng kaders self op die soustrein is? Vrees dat hulle hul ander byvoordele sal verloor? Vrees dat ‘n bietjie ontboesimning van Zuma oor geraamtes in die onderskeie kaders se kaste kan die kaders dalk sink? Die ANC is ‘n organisasie wat erger as die Mafiosie is!!!

Ben Prinsloo ·

ANC kultuur. Probeer my uit elke situasie uitlieg. So ken ons hom. Wat anders kan ons verwag?

Leeukop ·

Laat ons een ding van die ANC leer, en dit is die krag van saamstaan.

John ·

Eitlik is dit ‘n ‘Me’-draai. Diegene aan die woord by die byeenkoms sit almal in ANC-poste op lekker vetgestopte kussings, vandaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.