ANC in Gauteng sê e-tol ‘werk nie’

e-toll

Argieffoto.

David Makhura, die ANC se voorsitter in Gauteng en dié provinsie se premier, het Donderdag meer duidelikheid oor die party se siening oor e-tol verskaf.

Volgens Tasneem Motara, woordvoerder van die ANC in Gauteng, het Makhura gesê e-tol is nie deel van die toekoms van Gauteng nie en ʼn ander oplossing moet gevind word om die padnetwerk in die provinsie in stand te hou en uit te brei.

Makhura het die uitlatings Donderdag gemaak teenoor ANC-lede en ondersteuners buite die Germiston-burgersentrum ná ʼn mislukte mosie van wantroue teen Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni.

Motara het gesê vrae oor die ANC in Gauteng se besluit om e-tol te skrap het opgeduik ná Tito Mboweni, minister van finansies, se mediumtermynbegrotingsrede.

“Die ANC in Gauteng se 13de provinsiale konferensie het ooreengekom dat die e-tol-stelsel geskrap moet word in Gauteng en het vir Makhura die mandaat gegee om met pres. Cyril Ramaphosa en die nasionale regering te skakel om die ooreenkoms te bespoedig,” het Motara gesê.

“Laat daar nie verwarring hieroor wees nie, dit is nie deel van die toekoms van die provinsie nie. Ons sal moet uitwerk hoe ons vir die paaie gaan betaal, maar nie deur e-tol nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Anoniem ·

Dit is suiwer diskriminasie om te verwag die mense van Gauteng moet betaal vir etol terwyl die vrystaat kzn en kaap provinsies nie hoef te betaal nie.

Daan ·

Probeer Bloemfontein toe ry. Jy gaan deur ‘n paar tolhekke. Dit is net die Kaap wat na Apartheid goeie paaie geerf het. Die toekenning vir die ou Kaap Provinsie was baie meer per kapita as die noordelike provinsies. Dit is feite wat na gegaan kan word.

Derick ·

Verkiesing foefie ……. die storie sal aan trek tot volgende jaar se verkiesing ……. blah blah …. DON’T PAY

Nettie ·

Verander hulle skielik hul deuntjie nadat COSATU, as deel van die 3-party-alliansie, gesê het as hulle nie die e-tol skrap nie, gaan COSATU sy lede aanbeveel om nie ANC te stem nie, nè???????

Chris Ws ·

Tito Mboweni is stok blind.Hoe kan hy aanvaar dat slegs R7 uit R100 van e-tol inkomste in die land bly en R93 landuit gaan??Dis verregaande.Ek woon in Noordwes maar die premier van Gauteng het my ondersteuning !Raak ontslae van e-tol!Die brandstof heffing gee die regering + – R100 miljoen PER DAG so daar is genoeg geld om nuwe paaie te bou en ander in stand te hou.Geen verskonings.E-tol is ‘n euwel!Dis NOU tyd vir ALLE motoriste wat deur e-tol geraak word om om betaling te staak.Die hele Gauteng hoort in opstand te kom teen e-tol en hulle premier ondersteun.

Nettie ·

@Chris Ws – gelukkkig woon ek in die Wes-Kaap, so ek voel ‘n veer vir die Gangers’ Paradisers” wat moet e-tol betaal.

Elna ·

Ek stem saam. Wat ek nie verstaan nie is : hoekom moet ons e-tol betaal as ons alreeds so DUUR vir tolhekke betaal??wat is die rede? Hoekom word net sekerre paaie instand gehou maar die res voel hulle n veer voor? Maar jou belastings is goed genoeg? Is die munisipaliteite nie verantwoordelik om AL die paaie in die HELE Suid Afrika in stand te hou nie?

Paul ·

A ha, die munt het nou nie meer twee kante nie, hedendaagse tegnologie word nou ingespan om dit na ‘n reënboog te laat lyk. ‘n Prisma is ‘n mooi bog. Dis nou nie meer water uit ‘n klip tap nie, nee dit toor nou met ‘n veelkantige prisma soos die 64Bit kleure van Windows.

Cherokee ·

Ek is verbaas oor jul klagtes oor tolpaaie. Het gedink dit bestaan nie meer nie en dat julle nie betaal nie, maar (van) julle betaal dus steeds. Gauteng is ‘n welaf provinsie. Ek dink dit is niks minder as reg dat die e-tol wat by julle gevorder word, ook ingeploeg word in KZN se paaie. Tydens vakansies ry julle buitendien ons paaie voos.

Gemaskerde Sopbeen ·

Tito se begrotingsrede was spot-on behalwe vir EEN woord wat hy nie gebruik het nie. In plaas van “Pay for what you use” moes dit lees “EVERYONE must pay for what they use!!” Ek sal e-tol betaal sodra die taxi’s ook begin betaal…..en ek sal my elektrisiteitsrekening met liefde betaal as almal in die informele nedersetting naby my (met 300 000 mense en shacks wat elkeen ‘n DSTV skottel op het) ook begin betaal vir hulle verbruik……

Tommie ·

Heeltemal reg, ek stem saam met jou. Baie geldige punte wat jy aanraak. Waarom word daar gediskrimineer – party moet betaal, en ander nie. Dit is mos nie vry van diskriminasie nie!

De Villiers ·

Waarom wonder Makura nou watse manier hulle kan inspan om die paaie mee te betaal? Ek dink dit was Cosatu wat so ‘n paar jaar gelede die uitlating gemaak het dat indien korrupsie heeltemal die nek ingeslaan word in Suid-Afrika, sal daar meer fondse beskikbaar wees as wat e-Tol veronderstel is om te maak, al het alle motoriste hul e-Tol tekening betaal. Nou daar is die antwoord.

Ek sê ·

E-tol is daar, dis maklik om die wat nie betaal nie te laat betaal.
Reik ń lisensie kaart uit wat mense wie se e-tol op datum betaal is magtig om brandstof in te gooi en die wat nie ń lisensie kaart het nie kan nie brandstof ingooi nie.
Genoemde kan nog werkgeleenthede skep en ekstra fondse daarstel indien ń fooi gehef word op die uitreik van ń brandstof lisensie kaart.

Phil ·

Goeie idee. Dit verskuif enter die regerig se onus na die private vulstasie bedryf. Dit is nie regverdig dat private vulstasie operateurs die straat se polisiering moet toepas nie. Die probleem moet voorkom word deur huidige beslastings korrek toe te wend vir instandhouding vir paaie.

anton ·

Ag regtig hoor!!!
Jy is seker een van die stommes wat graag jou toll betaal ne, nou wil jy hê ander moet ook!!!

Tokkie ·

@ Ek sê – wat ‘n absurde idee. So die mense wat nie van tolpaaie gebruik maak nie, moet ook nou lisensiekaarte kry??

OMW ·

Die regering kan skaars die huidige infrastukture behartig. Om so n stelsel in te bring gaan miljoene kos en nog meer van ‘n bolsop wees as etol. Die regeeing het nie die fondse om dit te behartig nie.

Salamander ·

@Ek sê, jy moet maar omrol en dit vat soos ‘n man. Ek dink almal is bereid om te betaal, maar ek vir een, gaan my nie laat rol nie. Ek sal betaal, maar ek gaan nie afgepers word nie.

Ellisras ·

Ek bly in Limpopo en het ‘n E tol skyfie. Terloops ‘n tag is skyfie vir die wat Afrikaans is. My oplossing is om naby die Menlin afrit tol hekke op te sit vir die wat nie skyfie het nie. Ek WAARBORG dat na 10 dae betaal 90% van die mense met skyfie.

Poot ·

@Ek sê
En vir die wat nie die tol paaie ry nie? Gaan jy my verhoed om petrol in te gooi omdat ek nie ‘n sogenaamde kaart het nie. Droom voort.

Nettie ·

@Ek sê – hoe dom kan mens dan nou ook wees?

Moet die vulstasie-eienaars dan nou boet as mense nie meer brandstof kan ingooi nie, omdat hulle nie opbetaalde e-tol-lisensies het nie? Hoeveel werksgeleenthede sal dán tot niet gaan, want vir seker sal sekere vulstasies moet toemaak!

Ja swaer ·

Jy is seker ‘n ryke wat so kan betaal. En so graag wil. Skokkend. Tel jou woorde een vir een. Woorde het mag.

Anita (die eerste) ·

Al die ampenary op alle regeringsvlakke wat vet salarisse vir mahala kry, en boonop hulself met allerlei luukses en korrupsie beloon, veroorsaak dat die belastinglas op die gewone man en vrou ongehoort hoog is.
In SA kry regeringsamptenare meer as in die privaat sektor. Laasgenoemde is al deur die jare oor en oor uitgewys en bewys.
En waar in die wêreld is daar ‘n groter én onbevoegder lot amptenare?
Natuurlk is daar wel mense in die liga wat probeer om ‘n normale werksetiek te handhaaf.
Dan is daar SAL , Poskantoor, Transnet, SABC en vele ander wat eintlik net deur belastinggeld en geleende geld aan die gang gehou word.
Wat ‘n klug! En indien daar agter die skerm gekyk word wie agter die e-tol bedryf sit, dan kom mens af op ou maatjies van die Zuma-era. Nóg geld onder deur die tafel wat ‘n ingewikkelde paadjie loop.
Daar is soos hande wat vetgesmeer moet word dat dit bykans onmoontlik sal wees om die rysmierkolonie uit te roei.

Elbie Naude ·

Was dit nie juis die ANC regering wat die tolpaaie goedgekeur en laat bou het nie? Jy kan maar vir seker weet ‘n hele paar vet dollars het in iemend se sakke beland. Noudat die affere ‘n klaaglike mislukking is wat soveel onnodige las op die vuisvose publiek geplaas het, moet dit eweskielik geskrap word. Yep, verkiesingsfoefie wat ‘n myl ver gesien word.

Koos de Meyer. ·

Die persoon wat sê dat ons lisensie moet kry om brandstof in te gooi om vir e toll te betaal moet sy kop laat lees.

Ellisras ·

Ons het beter paaie gekry. Iemand moet vir dit betaal. As jy nie van die beginsel hou nie bly van die tolpaaie af. Ry die alternatiewe pad. Die kultuur van nie betaal kan nie selektief geld nie

Daan ·

Mooi Koos. Los die lisensie kaart. Ons sit tol hekke op. Op die R21 lughawe toe. Een by Waterloof Hoërskool. Nog een in Midrand. As y nie ‘n skyfie het nie. Wat is die wet van Transvaal nou weer?

Elize ·

‘n Lisensiekaart vir brandstof. Dit is nou die mees onnoselste stelling in jare gehoor. Ek ry nie e-tolpaaie nie maar moet betaal. Die een wat dit voorgestel het ry seker vir die genot daarvan die e-tolpaaie en nou moet almal betaal. Dink weer hoor

Marcel ·

Die ANC het e-tol ingebring toe sê almal vir hulle dit gaan nie werk nie. Miljarde rande spandeer om nou net self te sê dit werk nie……As die weg gevat word, wat dan van al die mense wat betaal het? Gaan hulle vergoed word of “score” die mense wat nie betaal het nie dan nou maar. Dit gaan ‘n lelike prentjie skep, mense gaan ophou betaal vir als en verwag dit moet dan net weg val. Wat het die regering in elk geval gedoen voor e-toll? Dis nie asof die paaie nou in so goeie toestand is nie….

User fails to pay ·

Ek sien ons slim minister v finansies probeer die etol ding vinnig onder die mat invee deur te sê ‘user must pay’. Regtig meneer? En elektrisiteite en water in townships? Word taxis nie gesubsidieer tov tolgeld nie? Nou watter users moet betaal en watter word geteiken om droog gemeld te word? Hooggeplaaste amptenare het nie eintlik n saak met die petalje nie want hulle ry verniet om belastinggeld die hele wereld vol. Ek dink egter ook mnr Makhura se tjank gaan een of ander tyd afgetrap word. Hoekom kan die paaie nie deur brandstofheffings finansier word nie? Alle petrol wat in Gauteng ingegooi word, ongeag wie dit ingooi, behoort ‘n heffing af te staan vir die paaie. Ongeag of jy die snelweg gebruik of nie, as jy in Gauteng bly, moet jy aanvaar dit is deel vd infrastuktuur en dra by tot die provinsie se ekonomie. Mens betaal in elk geval belasting wat vir baie goed aangewend word waarby mens nie direk baat vind nie. Ek betaal bv ook ‘n maandelikse heffing om die strate skoon te hou in Tshwane, maar waar ek bly in Centurion is die sypaadjies en paaie permanent vuil en bestrooi met papiere (dankie DA).

Foxi ·

N flater op flater. Sover ek weet is daar honderde wat nie of gaan betaal nie. Wat gaan e-tol doen? Ons in die tronk stop? Hulle sal dan dadelik moet begin om groter tronke te bou. Of jou bestuurs lisensie wegvat, jou persoonlike besitting kom opskryf ensv. Hoeveel vervalste nommerplate is nie net op voertuie nie! My motor se nommerplaat is op n bakkie wat ek nog nooit gehad het nie en nie eens kan bekostig nie! Ons kry nie ander pos afgelewer nie, maar e-tol se pos word afgelewer soos die blaaie van n telefoonboek. Ha ha. E-TOL julle mors julle tyd en die bietjie geld wat julle oorhet.

Geweeg en te lig bevind ·

Wanneer die kaders ophou stroop en staatsbesteding drasties ingekort word sal daar oorgenoeg wees om alles te doen wat die Staat veronderstel is om te doen. Roei die wortel van die kwaad uit en hou op om die simptome te dokter. As mens tandaarts toe gaan gee hy jou nie net ‘n pilletjie vir die tandpyn nie.

Sien Tito is nou bang dat hy dalk die IMF moet nader vir hulp en IMF dan die Staats finansies oorneem en bestuur. Volgens my sal dit die beste wees wat ooit met hierdie land gebeur. Christine Lagarde sal hierdie mob vinnig uitsorteer.

alida ·

Hoekom werk die Gautreinprojek? Kundige mense met verstand het dit goed nagevors en weldeurdagte besluite geneem deur EERS die betaal metode te bestudeer. Jy sal nie op daardie trein klim as jy nie betaal het nie en dit is hoe dit moet wees. Hulle het nie net geld gesien en gekyk wie kan bevoordeel word deur die regte tenders toe te staan nie. Met E-tol het hulle eers die geld gesien en toe links en regs gespandeer sonder om aan die gevolge te dink. Ek dink dit is nou bietjie laat om te verwag die mense moet nou die agterstallige gelde betaal. Niemand het nou geld vir bog nie. Slim het weereens sy baas gevang. Die ANC kan nie verwag ons moet betaal vir hulle foute en die feit dat biljoene rande voete gekry het nie. Raak eers ontslae van al die onbevoegde mense met lang vingers dan eers kan die land regkom.

Tiger ·

E-tol is ‘n euwel.Die brandstofheffing bring genoeg geld in om paaie mee instand te hou.So hou die e-tol en skrap dan die brandstofheffing wat brandstof aansienliker goedkoper sal maak.Of gebruik die brandstofheffing waarvoor dit bedoel is en skrap die e-tol wat dan onnodig sal wees.Hou een van die twee nie altwee nie!

alida ·

Die ANC probeer nou om al die biljoene wat voete gekry het verhaal. Nice try.

Cherokee ·

Julle behoort te weier om e-tel te betaal want niks, soos in geen van daardie e-tol word op KZN se paaie gespandeer nie. Wel tot dusver het ons geen score gemaak daaruit, al ry die Gautengers ons paaie voos. So, plaas ‘n ultimatum, ‘n voorwaarde. KZN se paaie moet ook daaruit geservice word anders betaal julle nie.

Ella Jansen van Vuuren ·

Die mense wat so vinnig se betaal dit net. Ek betaal klaar elke oggend R 10.50 om by Zambesi op die n1 te klim en weer in die middag so hoekom de hel moet ek nog etoll ook betaal vir dieselfde pad? Werk bietjie die kostes vi julself uit. Tolhek – E-toll en die masiewe brandstof prys. Dit sal vir party mense beter wees om eerder met n bord by n robot te staan en bedel want dit is al klaar so duur om by jou werk te kom.

SoosDitIs ·

Is daar mense wat e-tol betaal? Want ek weier. Die regering is besig om ons in die afgrond in te regeer en nie een van ons gaan een van die dae enige iets kan bekostig nie.
So nee, ek het van die e-tol nonsense begin het, nog nie n sent betaal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.