ANC in hof oor Mashaba

Thembeka Ngcukaitobi en Dali Mpofu vir Stad Johannesburg in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Die hooggeregshof in Johannesburg het Dinsdag ʼn aansoek deur die ANC aangehoor om ʼn mosie van wantroue teen Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, en speaker Vasco da Gama voor die raad te laat dien.

Regter Sydwell Shangisa het die aansoek van die rol geskrap aangesien die hof dit nie as dringend geag het nie en het beslis die ANC moet die regskoste van Mashaba en Da Gama betaal.

Die ANC wou gehad het die mosies moet Woensdag by die raadsvergadering gedebatteer word en nie eers by die raadsvergadering van 29 November nie. Die party het ook versoek dat die mosie van wantroue met ʼn geheime stemproses beslis word nadat dié versoek vroeër vandeesmaand geweier is.

Adv. William Mukhari vir die ANC het Dinsdag aangevoer die mosie van wantroue teen Mashaba en Da Gama moet dieselfde hanteer word as die mosie van wantroue teen die president. Hy het aangevoer die weiering van die speaker is onwettig en ongrondwetlik.

“Dit is ʼn poging van die speaker om raadslede te verhoed om hul verantwoordelikheid om die uitvoerende raad aanspreeklik te hou na te kom,” het Mukhari gesê. Die ANC wil hê Mashaba en Da Gama moet onderskeidelik van hul amp onthef word omdat hulle volgens die ANC nie behoorlike dienste aan inwoners kan lewer nie.

Mashaba het gesê die bewerings van die ANC is ongegrond. Hy het die skuld vir die stad se finansiële probleme voor die deur van die ANC gelê wat voorheen die stad regeer het.

Adv. Dali Mpofu, vir Mashaba, het aan die hof gesê die aansoek is nie dringend nie en die dringendheid waarop die ANC nou staatmaak, is self geskep. “Dít is die grootste misbruik van hofprosesse wat ek in my lewe gesien het. Daar is meer as genoeg bewyse dat dit ʼn mors van tyd dié is.”

Mpofu het gesê die boodskap moet duidelik aan die samelewing en politieke partye oorgedra word dat die misbruik van die hof nie toegelaat sal word nie. Adv. Tembeka Ngcukaitobi, vir Da Gama, het gesê daar is geen rede om die hof onder druk te plaas oor ʼn saak wat in die konstitusionele hof sal eindig nie.

Die ANC het hom nie laat afskrik deur die hofuitspraak nie en het gesê hy sal die konstitusionele hof oor die saak nader. “Ons is oortuig die speaker se weiering om die mosies vir debat en stem op die agenda vir die raadsvergadering op 27 September te plaas is ongrondwetlik en onwettig,” het die party in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MM ·

Die ANC doen alles wat die DA doen – Ai tog ANC – Hoe kan julle Mashaba onder dieselfde kam as zumatjie sit – Zuma het 783 korrupsie aanklagte en hoort en verdien defnitief nie waar hy nou is nie – Mahaba doen sy werk en haal julle korrupte ANC amptenare uit en nou wil julle hom uit he – HA ha ha en daar slaag julle nie – net nog meer skuld. Lekker man lekker

Blits ·

Dis nou interessant , Die ANC se dat ” Mashaba nie behoorlike dienste aan inwoners lewer nie” en dit kom nou van n klomp wat Johannesburg se koffers leeg gesteel het met korrupsie, met takeaway rekeninge van R40 000.00 en dit net vir een persoon n maand wat die inwoners moes opdok. Ek wil nie snaaks wees nie maar van 1994 af is die anc gekenmerk met optogte teen hulle ne betoggings teen hulle vir swak tot geen dienslewering nie, nou skielik wil hulle eiers le oor die DA wat inelke geval 90% beter diens lewer as die anc.

Skerp anc julle is soos kinders wat nie kan skryf nie maar julle kerm oor een wat kan skryf omdat julle die skrif nie kan lees of verstaan nie.

Shame kan julle maar net jammer kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.