ANC in KZN veroordeel ‘openlike geweld’

Skermgreep uit die video

Super Zuma, die ANC se sekretaris in KwaZulu-Natal, het die video waarin lyfwagte van Bheki Ntuli, streeksekretaris van Ethekwini, gewere rondswaai en gewelddadige uitlatings maak ten sterkste veroordeel.

Zuma het Saterdag gesê dié video, wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het, is onverantwoordelik en dra boonop by tot die persepsies dat KwaZulu-Natal ontstabiel, wetteloos en uiters gevaarlik is – iets waaraan die regering glo doelbewus werk om te verander.

In die video kan gesien word hoe die lyfwagte minstens drie gewere laai en herhaaldelik sê: “Die hond sal vrek vandag”.

Zuma het gesê hy het Vrydag met Ntuli vergader om meer oor die voorval te wete te kom, maar sy het geweier om die veiligheidsmaatskappy waarvoor die lyfwagte werk se naam bekend te maak.

Ntuli het die lyfwagte glo Donderdag reeds afgedank.

“Dit is ʼn onsmaaklike situasie en iets wat ons wil vermy. Jy kan nie met gewere speel nie, selfs al word dit op ʼn grappige wyse gedoen. Ons probeer baie hard om die persepsie omtrent KwaZulu-Natal te verander. ʼn Mens kan in die video sien dit lyk asof hulle net grap, maar jy kan nie oor sulke goed grappe maak nie,” het hy gesê.

Die ANC het vroeër vandeesweek gesê hy is “geskok en getraumatiseerd” deur die video.

“In ʼn provinsie waar ons sukkel met ʼn toename in politieke moorde kan sulke gedrag en openlike geweld nie toegelaat word nie,” het ʼn verklaring gelui. “Die ANC in Ethekwini sal die inhoud van die video bestudeer en indien dit waar is, sal stappe gedoen word.”

Aldus die verklaring wil die ANC in die streek dit ook duidelik stel dat veiligheidspersoneel privaat bekom word en dat hulle werknemers is van ʼn private maatskappy. “Dit is ook onmoontlik vir die streeksekretaris of enige ander leier om te weet wat veiligheidswagte of enige ander personeellede in hul afwesigheid doen. Daar sal in hierdie verband met die maatskappy ʼn gesprek gevoer word.”

Jacaranda FM het die video op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johanna Botha ·

Veroordeel …maar doen niks …presies hoe ons die anc ken !

Matmiet ·

Hulle sê veroordeel want dit klink goed, maar hulle gaan niks doen nie want dit hou hulle in beheer van hulle meester plan in power

Buitestander ·

Veroordeling is eending bestreiding ‘n groot en bevegting ‘n anderding.
Is veroordeling ‘n stop van geweld?

Esther ·

Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie.
Was dit ‘n blanke wat die grappies gemaak het was hulle lankal in hegtenis geneem.

Johannes van Staden ·

Dis onder doe anc wat daar laasjaar 3000 wapems van die polisie verlore geraak het . Die wapens wat gesteel is, is nie eers hierby ingereken nie. En dan praat ons nie eers van die R4 gewere wat die poliese uitverhuur nie. So verdoem die anc aan die eenkant maar waar dit saakmaak lek julle wapens uit aan die skelms. Dis net NOG n bewys van die onkunde en wetteloosheid van die anc ! Swak en PATETIES !

Johann ·

ANC LEGACY! Anargie en geweld om te vat en te behou wat die “elite” op versot is!

Bernard ·

Maar as dit blankes was, was hulle onmiddelik onder polisiebewaking in maksimum sekuriteit toegesluit en was hulle in al die media uitgekryt as rassiste.
Die polisie sisteem is pateties man.

marous ·

Veroordeel openlike geweld maar ondersteun veragtelike nagtelike geweld ten volle .

Ben Niemand ·

Super Zuma? Wil jy vir my sê daar is een nog erger as die een wat ons reeds ken?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.