‘ANC is in die moeilikheid’ sê Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Twitter / @MYANC)

Die uitslag van verlede jaar se verkiesing is net een van die aanwysers dat die ANC in die moeilikheid is.

“Die swak toestand van ons ANC-beheerde munisipaliteite en die wydverspreide voorkoms van korrupsie in ons geledere is net ’n paar van die diep ontstellende aanwysings,” het pres. Cyril Ramaphosa Sondag gewaarsku tydens die slotrede van die ANC se Mpumalanga-verkiesingskonferensie in eMalahleni (Witbank).

Hy het verwys na die ANC se Mbombela-kantoor wat verlede maand deur ’n “gegriefde ANC-lid” aan die brand gesteek is en dit beskryf as ’n metafoor vir die stand van sake in die ANC. “Die huis is aan die brand. Nie net die dak of die mure nie, die hele huis.”

Ramaphosa het ook verwys na al meer ANC-lede wat die party voor die howe daag, geweld by takvergaderings en ANC-raadslede wat aangeval of selfs vermoor word weens wedywering tussen politieke partye sowel as binne die party self.

“Ek vra julle kamerade, watter boodskap stuur ons aan die Suid-Afrikaanse mense wat ons belas het om hulle te lei? Dit stuur die boodskap dat ons te besig is om ons eie interne brande te blus om aandag te gee aan die dringende program om hierdie land reg te ruk en die lewe van sy mense te verbeter. Ons sien ontevredenheid in diensleweringsbetogings, waarvan baie gewelddadig word.”

Volgens Ramaphosa kon dit ook gesien word in die kiesersopkoms in verlede jaar se verkiesing, wat die laagste was van enige verkiesing in die post-demokratiese Suid-Afrika.

“Nog nooit tevore het die ANC die dringende program van vernuwing wat ons aangepak het, nodiger gehad nie. Nog nooit was dit dringender dat ons die vertroue van Suid-Afrikaners herwin nie, want kamerade, ek herhaal, die huis is aan die brand.

“En as die plaaslikeregeringsverkiesing ’n barometer is van dinge wat voorlê, sal die nasionale verkiesing in 2024 soortgelyke, indien nie slegter resultate vir ons as die ANC oplewer nie.”

Dit is die ANC wat die verantwoordelikheid het om mense se lewens te verbeter, het Ramaphosa gesê.

“Dit is nie ’n verantwoordelikheid wat ons kan uitkontrakteer, of op die agtergrond kan plaas terwyl ons ons interne probleme oplos nie. Gegewe die omvang van die taak, en die hoeveelheid werk wat gedoen moet word, het ons drie dinge nodig.

“Die eerste is ’n vlymskerp fokus op die taak op hande, vry van alle afleidings wat ons oë van die bal neem. Ons weet almal wat hierdie afleidings is. Dit is binnegevegte en interne twis, faksies en teenstrydighede wat gewortel is in gevegte oor toegang tot mag en hulpbronne. Die tweede is om heropbou en herstel aan te dryf om werk te skep en groei te bevorder, en daarvoor het ons niks minder nodig nie as ’n bekwame, sterk en verenigde ANC. Die derde, en die belangrikste van alles, is dat ons die vertroue van die mense nodig het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Martie Smartie ·

Met ander woorde, hy sê: ‘Mense, ek, my kabinet en my party is totaal onbevoeg, skelm, korrup en geweldadig, en daar is ‘n magdom van onomstootlike bewyse’. Dit is presies wat hy sê. En hulle bly aan bewind.

Cherokee ·

Dit is nie sulke goeie nuus as waarna dit lyk met die eerste oogopslag. As dit ‘n neiging sou meebring weg van die ANC, is die kritieke vraag ‘waarheen’.

Chris ·

Nêrens in die geskiedenis het ‘n terroriste beweging na ‘n suksesvolle politieke party gegroei nie. Nie dat die ANC ook juis ‘n suksesvolle terroriste bende was nie. Hulle het aan bewind gekom deur poltieke druk vanuit die westerse lande. Die bewyse is reeds lankal daar dat die groepie se dae gestel en die skrif aan die muur is. Hebsug, afguns en persoonlike verskille (etnisiteit) dra by tot die verval en val van die bende.

Schalk ·

blah blah blah. Mooi woorde maar die ore wat moet hoor , die hande wat moet gee pleks van neem ontbreek. Die prioriteit van alles op die verlede plaas vir rede tot mislukking moet verander na maak die toekoms reg en wyk af van die politiese interne beleid van ” ek verdien dit because I was part of the struggle”

Wondermaarnet ·

Goed gestel. Die mentaliteit van “I want, I want” moet uitgeroei word. Jy werk vir wat jy wil hê.

Wondermaarnet ·

Is die gegriefde anc lid agter tralies vir saakbeskadiging? Seker nie en hoe lank het dit CR gevat om agter te kom die anc is in die moeilikheid? Hulle is nie net in die moeilikheid nie, hulle veroorsaak NET moeilikheid.

Deon ·

Hy weet lankal hulle is in die moeilikheid, die dat hy oral waar hy gaan om te “campaign” vra vir nog n kans

Misky ·

Die meerderheid se oë begin hopenlik oopgaan. ANC is hul eie grootste vyand.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, die ANC beskik nie oor die nodige intelligensie of integriteit om die land te bestuur nie. Punt. Jy het jou kaders aangestel en dit sal ook jou ondergang beteken. Geniet dit.

Wielspore ·

Doen die regte ding en staan opsy en gee die bestuur van die land aan bevoegte mense, geen kleurskema, net bevoegte mense.

Nardus ·

Maar die huigelaar satan van ‘n president noem nie, dat lewenskoste veral brandstofpryse wat hy saam met sy kabaaltjommies in die hoogte laat inskiet ook hul gewildheid laat taan nie. Cyril Ramaphosa is ‘n sluwe skurk ek sal dit vir hom in sy gesig sê.

Samuel ·

Ek weet nie of CR besef dat hy eintlik sy eie hopeloosheid bevestig nie. Die mense wie se vetroue hy wil wen is beslis nie die witmense s’n nie, maar our people. Die ANC is hopeloos. Vrot.

Darkwing Duck ·

Ek weet nie of jy vir ou honde nuwe toertjies kan leer nie CR, so sterkte met jou vernuwingsplan. Julle het hierdie mentaliteit van vat tot daar nie meer is nie gekweek en noudat dit in julle gesigte ontplof, is dit skielik ‘n probleem. Dit was goed en wel toe dit vir julle gewerk het.

Frikkels ·

En nie een van hierdie 3 dinge is haalbaar vir die anc nie. Staan op ñ kant laat bekwame mense die vrot regering oorneem!

marius ·

Julle het die land in sy peetjie in verguis , en dit sal NOOIT herstel kan word nie . Blameer maar wie en wat julle wil . Dit is bedrog , korrupsie , self verryking en gulsigheid en dit was JULLE . Punt .

Dup ·

Praat…praat….praat.As SA deur narre regeer word dan kan dit net in ñ sirkus ontaard.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het geen vertroue in en respek vir enige ANC-leier van die verlede en hede nie. Suid-Afrikaners verdien ‘n beter toekoms as wat die ANC en EFF enigsins kan aanbied. Finish en klaar!

miavos ·

Ek is bly hy sê dit, en hoop dat hy sal ophou goedkoop taktieke gebruik om die ANC se guns te probeer hou soos in sy laaste ge-‘rant’ oor rassisme wat nog in SA bestaan vanuit wittes se kant. Dit was so ooglopend vals en sy agenda so ooglopend duidelik.

Erika ·

Dit is n Volslae Klug. spul- Die Woord se Jy kry nie Onoselgeid Uit n Idioot Uitgestamp nie

Owlie ·

Wowing as dit werklik bedoel word na Vrydag se Humans Rights Council is dit tyd om op te staan, raak ontsla van die hele ANC kabinet, al die so called bestuurders, vat die helfde van hul oskette en stoot dit in om reg te maak waar verbrou is daar buite en vervang kabinet met n derde opreg kwalifiseerde mense van wat daar tans is en doen dieselfde by diensdlewering – verminder ook hierdie kabinet en bestuurders se salaris pakette/voordele Staan n slag op vir die titel LEIER en beskerm die land en elke men’s vsn alle kleure/tale/nasies en skrap die nonsens vsn rasisme/power ,& control

Casper ·

Dit is die eerste waarhede wat uit sy mond kom sedert 1994.Wie sit agter alles die Zumpie vriendelike raadslid wat Rampie aangestel het.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die ANC en sy EFF kuiken het met hul National Democratic Revolution die Nationalist African Communist National Democratic RETBabwe tot stand gebring – een groot boggerop. Sies!

Papsak ·

Wakker skrik Ramaposa dit is reeds te laat vir jou en jou korrupte ANC kaders julle klaar SA in die modxer laat weg sink nou wil jy kom groot bek raak jy en jou ANC moet vinnig verdwyn dan kan SA dalk reg kom

Heinrich ·

Te veel woorde in die opskrif; dit moet lees “Die ANC is die moeilikheid”. Die kaders het die vryheid van stroping van die belastingkoffers gesmaak, geen manier hulle gaan dit opgee nie.

Swerwer ·

Nou ja, om te erken hul het volslae misluk en iets te doen om dit reg te stel is 2 totaal en al verskillend.
Waarom het hul nie lankal iets begin om dit reg te stel nie, hul staar hul blind teen die velkleur van aanstellings net soos baie van die Unversiteite waar alles op skrif duidelik uiteengesit is dat geen blanke in ‘n pos aangestel mag word nie. Die ANC se boontjie rank het nie Hemel Hoog gegroei nie maar gevrot.

Aanhouer ·

Nee, jý het as leier van die ANC misluk. En het geen beheer oor jou party nie. Gevolglik ly die res van die land daaronder. Bedank nou maar en tree uit. Dan kan die res van jou kabinet, jou volg.

Swerwer ·

Mnr die geagte president Ramaphosa, waarom is jy nog in die ANC? Dit verklap mos alles as jy weet die ANC is aan die brand maar jy ploeg voort met jou kader

koos ·

Op Moneyweb het Senseo geskryf dat die Amerikaanse weermag niemand in diens neem wie se IK laer as 80 is nie. Hulle meen die mense is onopleibaar en ‘n gevaar vir mede soldate. In SA is hietdie egter die majority voter. Dus kan ou squirrel sê wat hy wil, ongelukkig sal die cANCer aanhou vreet aan ons!

Di ·

My genade! Kom hy dit nou eers agter na meer as 20jaar se verwoesting en korrupsie. Geen wonder die land is in sy glorie in met hierdie onbevoegde, blinde regering nie. Meeste van hulle is te besig om korrupsie te pleeg, het geen begeerte om die werk te doen waarvoor hulle miljoene rande betaal word nie. Glo nie eers hulle is bevoeg om hulle werk te doen nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.