Twee ANC-raadslede is Dinsdag as speaker en burgemeester van Ekurhuleni aangewys ná die plaaslikeregeringsverkiesing op 3 Augustus.
Mzwandile Masina is aangewys as die nuwe burgemeester. Hy het 117 stemme gekry teenoor Ghaleb Cachalia van die DA se 106 stemme.
Cachalia beplan glo om ʼn formele klag in te dien om die verrigtinge ongeldig te verklaar. Die Demokratiese Alliansie het vroeër aangevoer Masina is steeds die adjunkminister van handel en nywerheid, en kan dus nie in aanmerking kom vir die pos nie. Masina hou egter vol hy het reeds uit die parlement en die kabinet bedank.
Patricia Khumalo van die ANC, die voormalige speaker van Ekurhuleni, het haar pos behou. Sy het ook 117 stemme gekry teenoor Shadow Shabangu van die DA se 106 stemme.
Die 117 stemme beteken dat die ANC ondersteuning van meer as twee opposisiepartye geniet het.
Die Demokratiese Alliansie was suksesvol in die ander twee metro’s in Gauteng, Johannesburg en Tshwane.
Ek het so gehoop die DA SAAM MET KLEIN PARTYE sou die een ook vat. Ek hoor hulle het wel Nylstroom en omgewing gekry, sal gaaf wees as Maroela hieroor berig. Ons weet nou van die Wes kaap en groot stede maar nuus oor waar die ANC onttroon is op kleiner plekke buite die Wes kaap is skaars.
Ek verstaan dat in die Vrystaat die ANC in Metsimaholo ook hulle maholo gesien het. Is daar enige bevestiging hiervan?
ja dit is waar hulle het daar verloor
Innige meegevoel en sterkte aan die inwoners van Ekurhuleni.
‘n Kwessie van tyd? Vyf jaar? Of sal daar nou vinger getrek word?