ANC, IVP en DA wen groot in tussenverkiesings

(Foto: Maroela Media)

Die ANC, die IVP en die DA het landswyd groot oorwinnings in vandeesweek se munisipale tussenverkiesings behaal.

Die DA se suksesse was in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.

In Kaapstad se wyk 21 (dele van Bellville en Durbanville) het Hendri Terblanche (DA) 3 198 stemme getrek teen 185 vir die Kaapse Party, 75 vir die Organiese Menslikheidsbeweging, nege stemme vir die Demokratiese Onafhanklike Party, vyf vir die ANC en een stem vir die EFF.

Dit verteenwoordig ’n swaai van drie persentasiepunte teen die DA sedert 2016.

In Salt Rock aan die KwaZulu-Natalse noordkus (KwaDukuza wyk 22) het Privashni Naidoo (DA) die ANC met 1 843 stemme teen 117 geklop.

Dit verteenwoordig ’n swaai van agt persentasiepunte na die DA.

In Tugela Ferry wyk 2 (Kliprivier, byna in die middel van KwaZulu-Natal) is Thenjiwe Mbatha (IVP) die nuwe stadsraadslid. Sy het 1 732 stemme gekry teen die ANC se 906 en die EFF se 21 stemme.

Dit verteenwoordig ’n swaai van twee persentasiepunte weg van die IVP.

Die ANC-suksesse was in KwaZulu-Natal en Mpumalanga.

Dundee wyk 7 is die grootste deel van die dorpie Glencoe. Bashir Khan (ANC) wen die wyk met 676 stemme teen 468 vir die DA, 253 vir die IVP en 21 vir die EFF.

Dit verteenwoordig ’n swaai van vyf persentasiepunte na die ANC.

Die twee tussenverkiesings in Mpumalanga was albei in Bosbokrand.

Bosbokrand wyk 11 is in ’n gebied bekend as Violet Bank, en word gewen deur Kanego Malebela vir die ANC met 1 197 stemme. Die EFF het 182 stemme gekry, ’n onafhanklike kandidaat 170 en SANCTA 103 stemme.

Dit is ’n swaai van ses persentasiepunte na die ANC.

In Bosbokrand wyk 14 (nog ’n landelike gebied genaamd Boiketlo) was Godfrey Mashego (ANC) die oorwinnaar met 1 778 stemme, gevolg deur die EFF met 260 en SANCTA met 14 stemme.

Dit is ’n verbetering van 23 persentasiepunte vir die ANC sedert 2016.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

willem Botha ·

Ek sal graag wil sien wat die DA in Pretoria sal doen met n tussen verkiesing veral in die moot,sal baie interessant wees

Sarel ·

Sedert 2016 se Munisipale verkiesing toe ANC seer gekry het tyd gehad om te herorganiseer en net meer sinlose beloftes te maak wat deur die “massa”geglo word ten spyte van die bewese teendeel. Die volgende Munisipale verkiesing gaan ander prentjie skep. Die ANC volg belei van “populariteit”teenoor realiteit.

Julie Jansen van Rensburg ·

Hopelik met die munisiopppale verkiesings wat nog voorlê sal die Oos Rand (nou Ekurhuleni) ook liewer na die DA oorswaai want die ANC is treurig verby waar ek hier in Kempton park bly…

Julie Jansen van Rensburg ·

Jammer vir die spelfout – dit moet MUNISIPALE wees – soos iemand eendag gesê het – vingerprobleme…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.