ANC Jeugliga: ‘ANC het die struggle vergeet’

Argieffoto

Argieffoto

Collen Maine, leier van die ANC Jeugliga, het Saterdag gesê die ANC het die struggle vergeet ten koste van die armes.

“Die probleem met die ANC, volgens die jeugliga, is dat ons te gemaklik is; ons het vergeet hoekom ons met die struggle begin het,” het Maine by die jeugliga se eThekwini-verkiesingskongres by Howard Kollege in Durban gesê.

“Ons word gedryf deur ons begeerte om Duitse motors te ry en ons vergeet van alles anders. Ons vergeet dat ons mense arm is en saans gaan slaap sonder om te eet,” het hy gesê. Hy het bygevoeg dat revolusies nie deur “die oues” gelei word nie en daarom moet die jonges die ANC oorneem sodat hulle dinge anders kan doen.

“Daar is leiers in die ANC wat mal is oor mediadekking ten koste van die ANC. Te veel pratery en te min aksie is die probleem met die ANC.” Hy het gesê daar word na hierdie “kollig-leiers” in die ANC as “springmielies” verwys omdat hulle net opduik wanneer die media teenwoordig is.

Maine het gesê die probleme wat die ANC in die gesig staar is “dodelik” en indien dit nie dringend aandag kry nie, sal die party dieselfde pad stap as ander bevrydingsbewegings.

“Ons het die boodskap gehoor wat die mense in die afgelope [munisipale] verkiesings vir ons gestuur het. Daarom kan ons nie toelaat dat ons leiers springmielies binne die ANC is nie. Die enigste manier wat dit gaan verander, is as die jeug die ANC oorneem. Dit is tyd vir ons om die ANC oor te neem sodat ons die organisasie van homself kan red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

lettie ·

Maine se mediaverklarings spring ook soos springmielies rond waarna hy ander partylede beskuldig. Met die mosie van wantroue wat die DA wou instel het hy weer bankvas agter Zuma gestaan in die openbaar. Dis was juis n guldige geleentheid om die party te vernuwe. Hul politieke dinamika maak mybdom.

Annemarie ·

Miskien verstaan hul nie hul eie politieke retoriek nie??? Is die jeugliga vandag nie juis die “bevrydes” nie??? Wonder maar net….

Jan ·

Hy sê die ANC het van die armes vergeet, maar hyself bly al 4 jaar lank in ‘n huis van R5.4 miljoen rand! Watter deel van dubbele standaarde verstaan jy nie, Colin ?

bakoor ·

Is die huis waar hy woon nie ook een van die Guptas se geskenke gewees???

White trash ·

Nou wanneer is die struggle dan nou eendag afgehandel? Wanneer die hele land afgebrand en alles vernietig is?

jaco ·

die duur duitse motors en die lekker lewe as kapitaliste lei wel tot reusagtige korrupsie, misdaad ens ens, MAAR ons wit mense moet in ‘n mate bly wees dat die ANC se leierskap eerder na daardie leefstyl gegryp het as na volle sosialisme na hulle aan bewind gekom het. ons oorleef darem nog redelik OK na 22 jaar. In Angola en Mosambiek is sosialisme toegepas letterlik vanaf die dag wat die liberation movements daar aan bewind gekom het, en binne 6 maande het hulle al die wit mense vermoor en weggejaag. Onthou wat sê die Bybel in Lukas 16 vers 9: “Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon”.
Eerlikwaar, ek verkies Mammon bo Marx.

Gert ·

Jy kan maar vir jou vriende maak deur mammon, en saam hulle ondergaan ook. Ook word daar al die afgelope 22 jaar ‘n guerilla-oorlog teen ons gevoer, word tog wakker .

GES ·

My waarneming is dat sommige mense “struggle” ter wille van “struggle”. Hulle het ʼn gulde geleentheid deur hulle vingers laat glip met die wantroue mosie. Hulle kon die verrotting hok geslaan het maar solank jy met jou hart stem en nie jou verstand gebruik nie moet jy maar swaar kry.

Theo B ·

Ag Helene, jy praat sommer nonsens. Kom bietjie uit jou omgewing. Daar is vandag ‘n hele paar honderduisend blankes in plakkerskampe in SA.

Natie van Rooyen ·

Die ” struggle ” is verby . Nou moet julle struggle on Zuma en die Guptas te stop en die land n beter plek te maak vir almal.

Delta Mike ·

Verbasend hoe julle almal die boodskap wat hy uitstuur miskyk. Die beloftes wat die ou kringkoppe aan die jeug destyds gemaak het vir stemme word nie meer deur die jeag aanvaar nie, 24 jaar se beloftes van die uitwissing van blankes, blankes se huise en weelde wat oorgeneem gaan word was alles net praatjies vir stemme volgens die jeug, hulle is verby ongeduldig en eis nou die vervolmaking van daai langdurige beloftes. malema se nuutste UHURU uitlatings wys ook sy ongeduld met verdere wag, in kort – die oues moet verwyder word sodat die nuwe bloed die beloftes kan begin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.