ANC-jeugliga betaal glo nie R83 000-restaurantrekening nie

anc jeugliga‘n Restauranteienaar in Durban, KwaZulu-Natal beweer dat twee lede van die ANC-jeugliga partytjies by sy restaurant gehou het sonder om die rekening van R83 000 te betaal, berig die Sunday Independent.

Een van die direkteure van die Velvet Lounge-restaurant, wat anoniem wil bly, het aan die koerant gesê dat Emmanuel Bingumasa Gumede en Themba Dlomo hom genader en versoek het om twee partytjies vir die jeugliga te hou op 5 en 6 April.

Hy sê die eerste partytjie se rekening het R27 000 beloop vir ‘n tafel van 10 mense. Dlomo het glo R8 000 met sy kredietkaart betaal en gesê hy sal die uitstaande bedrag tydens die volgende partytjie betaal.

Die direkteur beweer die restaurant se onderste vloer is vir die volgende partytjie uitgeboek en dat BBP’s op die boonste vloer onthaal is. Die uitstaande rekening vir die aand is glo R82 583, insluitend R24 000 vir whiskey en R10 000 vir sjampanje.

Dlomo het aan die Sunday Independent gesê dat hy slegs as ‘n “fasiliteerder” opgetree het vir ‘n “finansier” om die eienaar van die restaurant te ontmoet. Die Sunday Tribune het intussen glo bewyse van ‘n SMS wat deur Dlomo uitgestuur is. “Wanted to tell you that am hosting ANC youth league party tonight at 7pm @Velvet Lounge Florida Road, as my comrade kindly attend,” lees die SMS glo.

Die restauranteienaars het intussen besluit om ‘n saak by die polisie aanhangig te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.