ANC-jeugliga eis Gordhan se kop

Pravin Gordhan. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pravin Gordhan. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die ANC-jeugliga het Vrydag gesê die Nasionale Tesourie het versuim in sy plig om ʼn oorsigtelike rol te speel by banke en daarom moet Pravin Gordhan, minister van finansies, en sy topbestuur afgedank word.

Die jeugliga het vir die eerste keer in die openbaar geëis dat Gordhan vervang moet word. Njabulo Nzuza, sekretaris van die ANC-jeugliga, het gesê finansiële instellings geniet steeds beskerming van die tesourie en dien steeds die behoeftes van “wit monopolie-kapitaal”.

“Ons soek nou ʼn ander tipe kaliber kader wat die benadering, om banke in Suid-Afrika te beskerm, sal afbreek,” het Nzuza gesê. “Dis nie net Gordhan nie, ons kom vir al die personeel by die tesourie.”

Collen Maine, president van die jeugliga, kon egter nie bekend maak met wie sy organisasie Gordhan wil vervang nie. “Die aanstelling van ministers bly die president se prerogatief,” het hy aan verslaggewers in Johannesburg gesê ná die ANC-jeugliga se nasionale uitvoerende komiteevergadering.

Die jeugliga se veldtog teen die Barclays beheerde Absa het verlede week voortgeduur toe duisende betogings na die bank se hoofkantoor in Johannesburg opgeruk het, en geëis het dat Absa miljarde rand uit die apartheidsera moet terugbetaal wat hy uit die fiskus ontvang het.

Nzuza het gesê Absa is ʼn “gewoonte oortreder” en sy banklisensie moet hersien en teruggeroep word.

Die land se Mededingingskommissie het vandeesweek gesê hy het bevind dat minstens 17 banke sedert April 2015 betrokke was in prysvasstelling en markallokasie in die handel van buitelandse valuta en die rand. Die banke wat geïmpliseer word, is onder andere Absa, Investec en Standard Bank. Die kommissie het die saak na ʼn tribunaal verwys vir vervolging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Petrus ·

Ek wens hulle wil die grootmense uitlos en hul fopspene gaan suig.

Hasie ·

ANC Jeugliga, sê liewer niks, dan dink die publiek julle weet nie wat aangaan nie, nou gee julle jul opinie, nou verklap julle dat julle niks weet nie.

w ·

Maine asb vat jou toys en gan speel buite saam die kids onder die bome. Suk jy dalk Absa “miljarde” in jou of jou kaders se sakke

Carel ·

Die slim mannetjies! Net jammer nie een van hulle is geskik vir ‘n kommersiële pos nêrens in die wêreld nie. Net ‘n geblaf in die wind.

Nita ·

Nou wil die sterte die hond swaai?? Maar versigtig kyk waar is die voormalige stert. Besig om die hond te swaai binne in die parlement.

Jakes ·

Verbeelding speel ‘n GROOT rol by die opvoeding van ‘n kleuter
Julle moenie te lank in die son staan nie , julle melktande gaan suur word

AL ·

Die jeugliga besit duidelik nie oor sakekennis en breinselle.
Pravin Gordhan is hands off! Dit het Zuma deeglik besef in Desember 2015, jy lol nie met die ekonomie nie.

Janneman ·

Dit is interessant om te let dat bitter min mense in die anc, ancyl, ancwl, bflf, en die eff engels magtig is.

Ek glo SA het n kultuur en waarde stelsel botsing, nie noodwendig n rasse botsing nie. Ek skakel heel gemaklik met mense soos Mmusi maar vind swape soos Zuma, Malema, Maine, Dlamini, ens, aanstootlik.

Laat ons hoop dat met tyd beter geskoolde mense beter leiers sal lewer en Sa van die huidige wanhoop verlos!

John ·

Raai, raai wie steek hulle op? Wie bly is hierdie probleem het opgeduik. Gaan die ander lande ook die sowat 17 ander banke se deur sluit om die eerbare GZ-bende gelukkig te maak?

Sê maar net ·

Hierdie is nie dpeletjies nie hoor.
Die banke het dJZ se Gupta pelle se rekeninge gesluit met Gordan se “goedkeuring”.
Hierdie kamtige saak van samespanning deur die banke word deur jz en die guptas georkestreer en hy gebruik nou die mededingings kommissie en jeugliga en andere om die banke te probeer breek en sodoende vir Gordhan ook by te kom.
Hulle besef nie met watter gevaarlike speletjie hulle besig is nie. Hulle soek beheer oor die banke en tessourie.
Hoop daar is iemand wat die banke gaan bystaan en hierdie sameswering stuit anders is ons onderdeur.
Hulle het voorheen ook die kontrakteurs wat die 2010 stadiums gebou het aan kamtige “samespanning ” skuldig bevind. Dit het tot gevolg gehad dat Murry en Roberts nou 100% deur swartes oorgeneem is. Hulle het onttrek!!
Iemand sal die banke moet bystaan anders loop hulle dieselfde paadjie.
Moet nie vir Jz en sy trswante onderskat nie.

snoefie ·

die anc of dalk net die leier van die anc wil iets hê wat gordannie wil gee nie.. dalk se hy (gordan) ook tersiëre opleiding, lopende. water, krag, baksteenhuis, sweeftuie en Johnny walker double black is ALMAL luukses wat met harde kontant nie garde eise nie, bekom word.

Jan maak n plan ·

Wys n mens daar glaf nie diepte en integriteit by die ANC leiers van more nie.

Frik ·

Moet nie verbaas wees JZ en sy trawante hier agter sit om hom op die steek om solank voorbranding te doen vir kabinets skommeling wat voorle nie. Ons weet almal Gordon staan breed in JZ en sy trawante se pad.

AL ·

Die ANC is te papbroekig om van zuma ontslae te raak – net omdat die opposisie so se. ANC speel so reg in Zuma se hand!

Frederik ·

Ek lees gister in een of ander koerant dat Brian Molefe ontplooi gaan word parlement toe. Die doel daarvan, en dit is reeds voorheen genoem, is om Gordhan met Molefe te vervang.
Hou dus Zuma se volgende kabinetskommeling dop.

AL ·

MM moet berig oor daardie SANDF lid wie bedrog gepleeg het in sy werk wat se hy het korrupte staatsamptenare se voorbeeld gevolg deur korrupsie te pleeg. Ek se lankal ons staatsleier hits nie net rassehaat aan nie maar ook wetteloosheid van sy landsburgers.

Grassie ·

Ek glo Zuma is besig om al hierdie kwaad te stook teen Gordhan. Hy wil “openbare mening” gebruik as motivering om van Gordhan ontslae te raak en dan vir Molefi of sy eks vrou aan te stel. Met Gordhan uit die pad kan hy en die Guptas weer die staatskas rustig plunder.
Dit lyk vir my die verslag van staatskaping deur Madonsela gaan ook maar deur haar opvolger onder die mat ingevee word.
Zuma is beslis die slinkste, mees geslepe “leier” wat hierdie land ooit opgelewer het. Dan dink ons hy is dom omdat hy nie kan tel nie.

Heleen ·

Die land is baie naby om kommunisties te word..die ANC wil álles hê

susan@ ·

Het enige van julle nog kaskarre ek dink die kinders soek speelgoed!!Dit sal hul dalk besig hou. Werk op my verdomde agressie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.