ANC-jeugliga geskok oor Zille-uitlatings

Skermskoot van Helen Zille se Twitter-profiel

Skermskoot van Helen Zille se Twitter-profiel

Die ANC-jeugliga het sy skok uitgespreek oor Helen Zille, leier van die DA, se uitlatings oor twee joernaliste op Twitter.

“Ons kan nie verstaan hoe ʼn premier, ʼn ma en ʼn politieke ambisieuse Suid-Afrikaner só onbetaamlik kan optree om twee joernaliste in die openbaar te beledig nie,” het dr. Bandile Masuku, woordvoerder van die ANC-jeugliga, gesê. “Sy het bewys sy verwerp onafhanklike media en die reg om nuus vreesloos te dek,” meen Masuku.

Volgens Masuku het Zille getweet: “Sy [Carien du Plessis, joernalis van City Press] is só vreesbevange dat sy oor haar eie velkleur veroordeel sal word, dat sy agteroor sal buit om haar eie politieke korrekteheid te bewys.” Hy sê dit is ʼn bewys dat, indien enigiemand enige kritiek lewer oor haar party, of haarself, sy so laag sal daal om daardie persoon as ʼn selfveragtende witmens te beskryf. “Die DA het Du Plessis mishandel deur haar ras, identiteit, bedryf en geloofwaardigheid aan te val.”

Masuku sê Shanti Aboobaker, verslaggewer van Independent Newspapers, het berig dat die DA finansier word deur sakemanne wat hul geld verdien deur die mense van Palestina te onderdruk. Aboobaker het ook gesê Zille beplan om in 2015 uit die DA se leierskap te bedank. “Dit wil voorkom of die DA besig is om te verdrink en terwyl die party verdrink, sal die DA-baas onheilighede uitbasuin. Hierdie blatante lastering is die gedrag wat mens sou verwag van ʼn onvolwasse kind,” het Masuku bygevoeg. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.