ANC-jeugliga: ‘Laat soldate los op EFF’

julius malema eff

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die ANC-jeugliga het gesê hy sal verhoed dat die EFF “die land destabiliseer”.

Collen Maine, president van die ANC-jeugliga, het gesê hulle sal met pres. Jacob Zuma as opperbevelvoerder van die land se gewapende magte vergader om “soldate op die EFF los te laat” ná Julius Malema, EFF-leier, se omstrede uitlatings oor hoe hulle Zuma uit sy amp sal verwyder.

“Ons is ʼn konstitusionele demokrasie en ons as die jeugliga het nie wapens nie aangesien ons nie finansier word deur Johann Rupert en almal anders nie. Ons sal op die staat en sy masjinerie staatmaak om dit te doen,” het Maine aan verslaggewers gesê na afloop van die jeugliga se vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee.

Op ʼn vraag aan Maine of só beroep nie sal neerkom op ʼn burgeroorlog nie, het Maine gesê die jeugliga sal nooit ʼn beroep vir oorlog doen nie. “Die jeugliga het gesê dat wie ook al vir Zuma wil veg, dit deur ons sal moet doen. Ons sal egter enige pogings om ʼn burgeroorlog in die land te bewerkstellig teenstaan.”

Malema het in ʼn onderhoud met Al Jazeera gesê dat die demokraties verkose regering “deur die loop van ʼn geweer” omvergewerp sal word. Die ANC het hierna aanklagte teen Malema by die Hillbrow-polisiestasie aanhangig gemaak.

Nathi Nhleko, minister van polisie, het tydens ʼn mediakonferensie by die parlement Malema se uitlatings as “roekeloos” en as “opstokery” beskryf en gesê dit het die potensiaal om “die land in chaos te dompel”. Nhleko het gesê die saak word nou deur die Valke ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Rupert Ashford ·

Alles goed en wel, maar kom blatante leuens en verbuiging van die reels om hulle kaders te beskerm nie maar amper op dieselfde neer nie?

Gert ·

Die ekonome en slim mense het gewaarsku , die land moet stabilieseer en mense moet werk en bou aan die land om “Rommel status” te voorkom , kyk wat gebeur nou . Vir die buite wereld lyk dit of burger oorlog op pad is , dan gaan ons af gegradeer word na Rommel toe . Liewe hemel kan die klomp nie dink nie ??????????

Pieter dp ·

Gert Die volk wat die voor vaders aanbit is ge doem. Hulle kan nie regeer of redeneer nie. Hulle het net een ding op hul brein en dit is verteer vernietag. Hoop die wěrild sien dit nou vir eens en altyd in.

Rynhardt ·

Anc se jeugbrigade en EFF knor vir mekaar soos twee honde, maar op die ou einde stap niemand met die groot been weg nie!!

Pappa Beer ·

Ek se laat die lot mekaar uitsort met hulle gewere, MAAR hoelank voor daardie geweer lope en vissiere op die blanke en afrikaners gerig word?

Rupert Ashford ·

Hulle sal eerste die witmense aanval en dan mekaar. Gaan kyk na alle revolusies. In Rwanda waar die volksmoord kastig gegaan het oor die een klomp bang was die ander spul gaan hulle weer domineer wanneer hulle terugkeer uit ballingskap, het hulle eers hulle “vrees” oorkom deur die (wit?) Belgiese soldate dood te maak en toe pak hulle mekaar. Julle sit op ‘n kruitvat. ..

John ·

Afrika-staatshoofde regeer dmv hul weermag se ysterhand. Waar in Afrika is nie opstootjies waar die weermag nie figureer nie. Dit wil lyk asof die ANC nie sy troetelkinders keer om nie ook van soldate en oorlog te praat nie. Wat is die verskil?

Koos ·

Hier kom n ding, hulle pleit behoorlik vir oorlog. Sal nie verbaas wees as hulle deur huidige top struktuur aangepor word nie

Tiger ·

Ek se ook laat hulle mekaar “uitsort” .Ons moet net uit die pad uit bly maar as hulle ons wil takel nou ja “it takes two to tango” .Glo my ek en my man gaan NIE sagte teikens vir hulle wees en met gevoude arms sit en hulle smeek om ons asseblief tog net uit te los want “ons is godsdienstige en vredeliewende mense” nie!Daar’s nie ‘n manier nie!

vierkleur ·

Stem saam,as daai lope van die vuurwapens na ons volk gerig gaan word,
moet hulle vat wat na hulle kant toe kom.

Cherokee ·

Witmense in die land doen nie moeite om vuurwapens aan te skaf nie. Hulle sien nie kans vir die proses om vaardigheidstoets te doen nie en skryf net briefies in forums oor die regering wat die blankes wil ontwapen. As jy in hierdie land in ‘n alleenstaande huis woon moet jy ‘n vuurwapen hê.

Johann ·

Eendag was dar n sandput.al di ANC maats het lekke binnen die sandput gespeel. Torlat n wrede bokwagter inni sandput sring.Party wou uitklim mari bokwagter het geweet wiet ini sand gepipi egedrieg hy gaan vir almal se wie het in die sandput gepipi. Entoe wip n klomp anctjies en an-dogterkies hulle en klim uit.toe party van hulle wil trig klim toe maak hulle maikies gemaak of hulle hulle nie ken nie. En toe pipi anctjies wat uitgeskop is van buite oppi sandput.Die wrede wolf het sy stortkeppi aangetrek omi nat te wordti. Anctjies en an-dogterkies wat ini sandput gebly het wou almal saam die bogwagter onder sy stortkappie wegkruip. Mari bokwagter se kepi qas vol zuptaikie.toe begin die wind te waai nou weet almal nie rerig wie die mees of natste of beste van binne of buite pipi nie en almal word nat en die bokwagter skud sy keppi so bes hy kan om droog te bly maar sy zuptazaaaaainkies het sy keppi mislik stikind gebyt. O gattapatatta… En dis hoe die HELE speelparkie waar die sandput in was ook pippi spatsels gekry het van al die gepipi en geskud en wind se gewaai. Fluit fluit…skuus ma al die pipi is noggi uit.

Pappa Beer ·

Johann! Daai is n epiese storie, skryf net in regte afrikaans en nie sms-taal nie! Dit het my n maand gevat om uit te “figure” wat jy se! Hahaha! Ek stem saam met jou sienspunt!

John ·

Ek hoop nie Pipi Langkous was ok in die sandput nie. Sy sou ….

lynette ·

Hulle is nie gewapen want hulle word nie deur Johann Rupert en almal anders gefinansier nie??? Wie word deur Johann Rupert en almal anders gefinansier??? Wie is almal anders?????

Japie Botha ·

Suid Afrika verval weer in pre-koloniale tradisies van stamgevegte om te bepaal wie sit op die miershoop. Dingaan gaan vir Shaka van die miershoop af stamp dan sit hy op die miershoop tot iemand hom weer onttroon. Die Bybel is reg; niks is nuuts op aarde nie. Geniet dit Dingaan, jou beurt kom.

Marous ·

Hoe gaan die soldate dit doen ? Almal met ‘n rooi keps skiet? Julle redenasie is nes ‘ n passer … al om sy eie gat!

Anoniem ·

ANC Jeugliga moet ook ondersoek word. Lees hul berig mense…Dreig ook – Ek gaan aan uit die berig …….”Sal op die staat en masjinerie staatmaak” Wonder watse masjinerie!!!!!!!! Daardie woorde weerspreek hulself daar waar hul se hul sal nie laat n burgeroor,og uitbreek nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.