Mvuzo Mxenge, ʼn streeksekretaresse van die ANCYL, het die voorval bevestig, maar wou geen verdere besonderhede verskaf nie. “In hierdie stadium is dit beter om die privaatheid van die nuwe ma te beskerm. Dit is ʼn sensitiewe saak en sal ook so hanteer word,” het sy gesê. “Al wat ek kan sê, is dat ons byna in Johannesburg was en die voorval het nie lank terug gebeur nie.”
Meer as 390 Oos-Kaapse afgevaardigdes het Woensdagmiddag vanaf agt punte regoor die provinsie vertrek. Die nuwe ma het deel gevorm van ʼn groep wat in Mthatha opgelaai is.
“Niemand was daarvan bewus dat sy binnekort moes kraam nie. As ons dit geweet het, sou ons haar gevra het om agter te bly,” het een van die afgevaardigdes wat op dieselfde bus was, gesê.
© RDM News Wire
Dit is seker die volgende MINISTER van vervoer wat op die nuwe soustrein ry. Sy naam sal seker”MAN” of”POWERSTAR” wees.
GREAT DRIES, GREAT!!! Ek hoop net daar gaan nog ‘n soustrein vir hierdie een oor wees. Soos hulle nou aangaan sal daar net scrap metal van die soustrein oor wees om te verkoop (as hy nie voor die tyd ontspoor nie)!!!
ek wonder wats so wonderlik dat een van Zuma se trawante gekraam het op n bus, die kleintjie gaan seker die volgende president wees. dis vir my so snaaks die mense in die lokasie sneuwel van ellende maar o hete stem sal hul stem vir die ANC………
Wat n grap ! Het nie geweet sy is swanger nie ? Rerig ? Seker windbestuiwing gewees ! Hahaaaa !
Nie geweet nie? Almal daar was seker blind ook>
Nee jong julle verstaan almal verkeerd. Sy was oppad na n kongres met ander woorde gratis verblyf en gratis kos wie gaan nee se vir dit. Kleintjie moet maar wag om te kom.