ANC-jeugliga-lid kap restaurant-eienaar

Velvet Lounge, Durban Foto: Zomato

Velvet Lounge, Durban Foto: Zomato

ʼn Lid van die ANC-jeugliga wat glo versuim om ʼn restaurantrekening van R83 000 te betaal, beskuldig die eienaars daarvan dat hulle gewildheid najaag deur sy naam te skend, berig die Sunday Independent.

Themba Dlomo sê hy was vriende met Chris Munsamy, die eienaar van die Velvet Lounge in Durban wat intussen ʼn saak teen hom oopgemaak het. “Ek verstaan hulle is desperaat om gewild te word, maar dit moenie ten koste van my wees nie,” het Dlomo gesê.

Munsamy het Dlomo se bewerings verwerp. “Ek probeer nie gewildheid bekom nie, ek wil net hê die rekening moet betaal word,” het hy gesê.

Die Sunday Independent het verlede week berig dat die restaurant twee partytjies vir Dlomo en sy vennoot, Bongumusa Gumude in April gehou het. ʼn Skenker sou glo die rekening betaal. Klik hier om meer te lees.

Dlomo het aan die koerant gesê hy was verbaas toe hy later die teksboodskap van Munsamy oor die rekening gekry het. Hy het dit na die skenker aangestuur. -SAPA

Lees ook:
ANC-jeugliga betaal glo nie R83 000-restaurantrekening nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

‘n Ete vir tien persone teen R8 300 per persoon. Liewe genade wat het die mense ge-eet? Geen mens kan so baie eet nie. As hulle regtig vir die jeug omgegee het, kon hulle ‘n wa-vrag vol kospakkies aan baie honger kinders uitgdeel het.Was seker ‘n groot gesuipery as jy my vra.

Carel Venter ·

Baie groot. En die manne het ook nie eers tyd gemors met Bell’s en J&B nie. Niks minder as Johnnie Walker Blue Label vir die mense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.