ANC-jeugliga loof Wits-studente wat wil terugkeer klas toe

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die ANC-jeugliga het Saterdag studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) geloof dat die meerderheid gestem het dat hulle weer lesings by dié universiteit wil hervat.

“Die ANC wil die studente van Wits graag gelukwens met hul besluit om na hul klasse terug te keer,” het Mlondi Mkhize, woordvoerder van die ANC-jeugliga, in ʼn verklaring gesê. “Ons loof hulle, omdat hulle, in ons mening, geluister het na die president van die ANC-jeugliga wat ʼn beroep doen op die jeug om te studeer, en dit is dus noodsaaklik dat die lesings moet hervat.”

Die jeugliga het gesê hy waardeer ook die feit dat die studente oor die saak moes stem, wat die “demokrasie verdiep kragtens die nasionale demokratiese revolusie”.

Die jeugliga doen ʼn beroep op alle studenteliggame om by die Wits-studente te leer en in hul spore te volg.

Maroela Media het vroeër berig altesaam 77% van studente en personeel het in ʼn peiling aangedui dat lesings moet hervat.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Hierdie terugkeer-stem is nie sommer so ‘n soet-student-aksie nie. Daar is duidelike tekens dat dit gebruik gaan word om nog meer druk uit te oefen omdat die rebelle nie langer geveel gaan word nie weens die toetrede van allerhande ander verdagte elemente. Die aksie het ook baie meer om die lyf as bloot klasgelde. Dit sluit totale lewenskoste en verblyf in. Die uiteindelike bedrag sal uitkring tot geweldige groot eise vir allerhande behoeftes. Die regering is nie bedag op die verreikende verlammende effek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.