ANC-jeugliga ontwrig Ahmed Kathrada-gedenkdiens

Ahmed Kathrada (Foto: Facebook)

Die ANC-jeugliga het Sondagaand erge ontwrigting by die gedenkdiens van die ANC-strydros, Ahmed Kathrada, in KwaZulu-Natal veroorsaak.

Dít ten spyte van ʼn interdik wat vroeër vandeesweek verkry is om te verseker dat die gedenkdiens nié ontwrig word nie.

Hoewel talle van die honderde jeugligalede, wat hulle vroeër die dag by meer as 1 500 ander mense aangesluit het, sedert die aanvang van die diens sigbaar dronk was, het die rumoer begin toe die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, sy toespraak wou lewer.

Lede van die ANC-jeugliga het tydens Gordhan se toespraak telkens die ANC se provinsiale voorsitter, Sihle Zikalala, se opdragte verontagsaam om te bedaar.

Gordhan het in sy boodskap gesê Kathrada se droom vir die land was een wat deur “die mense regeer” word.

“Ek raai die jonger kamerade aan om Kathrada se soort aktivisme, én die aktivisme van ander kamerade, te bestudeer. Jy moet presies verstaan ​​watter soort aktivisme en demokrasie dit verg om die ANC aan die lewe te hou,” het hy gesê.

Hy het ook gesê geen ander party buiten die ANC kan vertrou word met die welsyn van 55 miljoen Suid-Afrikaners nie.

“Beginselvaste eenheid is belangrik. Ons wil ʼn ANC hê wat verbind is daartoe om jong mense werk, opleiding en sakegeleenthede te gee.”

Hy is kort hierna deur ʼn jeugligalid onderbreek wat geskree het: “Dis my tyd om te praat, en joune om te luister.”

Gordhan het geantwoord deur te sê “kom ons leef ons beginsels”.

Die gehoor het hom toegejuig, terwyl die ANC-jeugliga hom uitgejou het.

Hierna het lede van die jeugliga “Zuma, Zuma, Zuma” begin skree en “protesteer”, en Gordhan het sy toespraak stopgesit. Die ANC-jeugliga se provinsiale sekretaris, Thanduxulo Sabelo, moes die groep stilmaak voor polisie ingegryp het.

Gordhan het sy toespraak voortgesit maar kortgeknip.

Talle lede van die gehoor het die gedenkdiens verlaat omdat hulle gevrees het vir geweld en protes.

Kathrada is op 27 Maart vanjaar in die ouderdom van 87 oorlede.

Kathrada word oorleef deur sy vrou, Barbara Hogan (67), ook ʼn ANC-veteraan en voormalige minister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

lw ·

Hoe die ANC veterane nog kan vasklou aan n politieke party wie skandalig optree, gaanmy verstand te bowe.
Die ANC jeugliga het geen respek vir enige iets behalwe hul prezzie nie.

Jan ·

Sluit die voorsitter van die ANCYL toe vir minagting van die hof. Hy het n onderneming gegee dat hulle , hulle sal gedra. Die ANCYL se woord beteken niks.

p botha ·

Nie eers die heilige oomblikke van dood en laaste groet kan sekere van die ANC en sy comrades weerhou van respek betoning nie. Die optrede gaan julle inhaal.

pieterdp ·

IN die ANC is daar maar altyd n groep krimenele en arem lastagis. Dit sal nie snaaks wees as dit polotiesie van ANC hul wel betaal het om te gaan moles maak.

Will i am ·

Hul word verbied om amok te maak deur hof. Doen dit in elk geval. Ek hoor nie van een wat gearesteer is nie. Wat gaan aan

MANIE ·

Kom nou Pravin. Julle ouer mense van die party het mos nou self n mooi voorbeeld gestel vir die jeug om na te volg. Ek verstaan nie julle krokodil trane.

Johanna Botha ·

Die geld is op mense daar is nou niks oor nie hehe ….so hulle kan maar praat wat hulle wil en ontwrig dit verander niks !

John ·

Gehoop op Gordhan? Hy is nog dieselfde man. Sy voete stewig in die ANC-kamp en ook een wat die herverspreiding van rykdom voorstaan. Hy gaan nou weer help veg teen rommelstatus… totale handomkeer…

Nico ·

So veel vir die integriteit van Hofbevele. Nie die papier werd waarop dit geskryf word nie.

magda ·

Kom ons kyk nou wat gebeur met die anc jeugliga nadat die hofbevel geignoreer en verbreek is – net mooi dadels gaan daarvan kom.
Ja, ons land is erg “gecapture” – inderdaad.

Renier ·

Wil vir my voorkom asof die jeugliga die ANC se beginsels uitleef. Regering deur die gepeupel is mos die beginsel. Die doel heilig die middele is mos die beginsel. Die meerderheid is altyd reg is mos die beginsel.

vermeende ·

Die ANC is n bende soos die op die Kape flate.

Al die oud stryders saam Pravin moet hulle self nie heilig hou nie, die jeug leer deur die voorbeeld wat vir hulle gestel is. Hoe het die ANC in bewind gekom, so sal hy tot sy val kom, sy jeug sal sy deure sluit.

Die ANC leer die jeug om gesag te ondermyn maar eis gehoorsaamheid, dit werk nie so in bendes nie.

Johann ·

Dit is oor die rede dat die anc tot ‘n verbode organisasie verklaar was

Gavin ·

Waarom sal hulle die gereg en ander mense se privaatheid resprkteur. Hulle weet nie wat die woord respektuer beteken nie. Hulle het perfekte leerders as jy na die anc parliament lede kyk. Presies die selfde gedrag. En hulle wil he ons moet hulle respekteur. “Respect in earned its not a given”

Anika ·

Skandelike gedrag van die ANC jeugliga. Maar dit is maar hoe hulle geleer is – dan praat hulle van ‘n demokrasie. Selfs gedurende die onlangse protesoptogte teen Zuma het hulle dit bewys. Almal het vreedsaam betoog, maar wie het klippe gegooi en dreigemente rongeslinger – A N C.

portius ·

af askies ek vra…., maar Hoeveel gedenkdienste gaan daar nog vir mnr katrada wees?

SARIE VAN HEERDEN ·

Enige verbasing oor die optrede van ontwrigting by die gedenkdiens, nogal van een van HULLE.
En kyk na die voorbeeld wat hul gestel word deur wat hul noem ‘n President! Hoeveel het HY hom noual gesteur aan enige hofbevel, of enigiets. As ek hy was en ek sien wat aangaan teenoor myself op televisie en die koerante het ek my kop in ‘n gat gedruk en ‘n klip voor gestoot. Eintlik sou ek die land verlaat het met ‘n doek oor my kop en gesig. Maar dis wat gebeur met mens as jy dom en ongeleerd is.

Blits ·

Dink so daaraan, die ANCYL is die toekomstige leiers in die ANC, wat erg bekommer, is dat hulle die selfde mentaliteit het as die huidige useless ANC leiers, maar wat verwag n mens van hulle, Hulle Zuma gee nie n vlenter om oor die gereg op die wette van ons land in enige vorm nie, onthou hy stel n voorbeeld en almal volg hom, mense wat se dat JUNk gradering goed is moet terug gaan na sub A toe omdat hulle die graad gedop het in klei speel. O die toekoms maar duister met mense wat hulle slef leiers noem wat so aangaan,

leon kaltwasser ·

Gordhan en mede veterane dink nog dat jy die ‘kanker’ in die ANC kan uitsny en die organisasie kan hervorm. Ek het nuus vir hom : Die ‘kanker’ is besig om hom en sy vriende te versmoor en uit te skakel. As jy die land op die regte pad wil bring moet jy van die ANC ontslae raak. ‘n Ander vraag wat nou ontstaan na aanleiding van Sondag se gebeure – sal die ANC die mag oorgee aan die DA of ‘n koalisie regering as hul in die 2019 verkiesing verloor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.