ANC Jeugliga vaar uit teen Johann Rupert

Johann Rupert (2004) Foto: Szekszter (eie werk) via Wikimedia Commons

Johann Rupert (2004) Foto: Szekszter (eie werk) via Wikimedia Commons

Die ANC-jeugliga het Donderdag uitgevaar teen die bekende sakeman Johann Rupert nadat hy ʼn beroep op pres. Jacob Zuma gedoen het om te bedank.

Thanduxolo Sabelo, provinsiale sekretaris van die party se Jeugliga in KwaZulu-Natal, het gesê die jeugliga sal binnekort “ʼn sterk boodskap aan Rupert stuur om hom daaraan te herinner om die sake van die regering oor te laat aan dié wat verkies is”.

Rupert het verlede week in reaksie op ʼn Netwerk24-berig gereageer op Zuma se bewerings dat hy [Rupert] uit die buiteland teruggevlieg het om met Zuma te vergader en te eis dat die besluite om Des van Rooyen as minister van finansies aan te stel, omgekeer word. Rupert het hierdie bewering ontken en gesê hy was trouens ten tyde van Van Rooyen se aanstelling in die land by ʼn gradeplegtigheid van die Universiteit Stellenbosch.

Hy het wel ʼn beroep op Zuma gedoen om “ter wille van ons kinders” te bedank.

Sabelo het Rupert ʼn “rassistiese imperialis” genoem en gesê Zuma is deur die ANC tot president verkies.

“Dit is slegs die ANC-takke wat hom uit sy pos kan verwyder, nie sommige faksie-verteenwoordigers of ʼn imperialis wat voortgaan om die hulpbronne van ons land te plunder nie,” het hy gesê.

Sabelo het ook beweer dat Rupert die Demokratiese Alliansie (DA) finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Mielie ·

Johan Rupert, wees gewaarsku, hulle gaan n sterk boodskap stuur. Ek sou dit as ‘n dreigement beskou.

JC ·

Ai, dom was nog nooit dom nie mens moet die arme ding eintlik jammer kry …

Kaspaas ·

So tipies enige iets wat n witte se teen die ANC of nie blankes se is rassisties. Daardie stelling is al so afgewater en beteken niks meer nie. As jy kyk is dit rasisties as jy n opinie het is dit rassisties volgens die regering kan slegs blankes rassisties wees. Wel noem my dan maar wat jy wil maar ek gee geld slegs vir wit organisasies, wit karwagte, wit bedelaars.

PJ ·

Al gesien as mense bedel kan jy maar kyk net wittes gee ongeag van kleur hoop tog nie ok nou weer rassisties

Gerrie ·

So as hy dan die DP finansier, wat daarvan? Wie finansie sie ANC? Dalk Ramaphosa?

Will i am ·

En Rupert sit vir hoeveel ANC ondersteuners kos op die tafel

Gert ·

WIE IS HY OM TE PRAAT VAN PLUNDER!!!Kyk hoe word die land afgebreek , afgebrand en geplunder!! Lyk my van die jeugliga se mense is al op pensioen.

Cilliers ·

Het enigiemand enige ánder reaksie van die ANCYL verwag? Ons weet en hoop almal Zuma wil sy halfdosyn vroue vat en in Nkandla se swembad gaan speel met hulle en wegbly uit die politiek. Rupert het maar net ons almal se wense verwoord, so die ANCYL is seker teen ons almal ook gekant. Kyk nou net hoe bewe my broekie!

Damager ·

As ek Mnr Rupert was sou ek ‘n saak teen hom gaan oop maak a.g.v. die blatante dreigement wat gemaak is en valse beskuldigings, vandag kan jy mos toegesluit word vir enige uitlating…… O wag, hy is wit……….. Hulle sal hom net af lag . Was dit anders om wel dan was ene mnr Rupert toegesluit….

Pietman ·

Wie gee werklik om wat die sg. ANCYL te se het. Word selfs in cANCer geledere as n klomp kEffertjies gereken. Geen uitsprake kan aan LOGIKA gekoppel word nie. Eerder breindood as diagnose vir al hul ‘leiers’ sou ek se?

Willem ·

Ek het geen simpatie met Rupert nie. Die bydrae wat die Rupert familie daartoe gemaak het dat die ANC vandag aan bewind is in hierdie land is welbekend. Ek onthou nog goed hoe sy pa gereeld loop en “Verwoerd moet gaan” skree het. Kry nou vir jou. En ek sou nie verbaas wees as hy vir die DA geld gee nie.

Eddy ·

Afrika politiek werk maar so,onse prez was mos die hoof van mk. Dit gaan nie oor wat se opvoeding en besigheids vernuf jy het nie,wat gewoonlik die imperialiste is,dit gaan oor hoe groot jou ” gunn”is. Geweld is die taal van afrika,nie kommensens nie.

Gerhard Smit ·

Ai Willem, Dr Anton Rupert was verhewe bo jou stelling.

Paul ·

Gerhard,
Verklaar vir ons wat het Harry Oppenheimer, Dr. Anton Rupert en Quinton Whyte op 27 Julie 1964 vanaf 16h30 tot 20h00 by Oppenheimer se huis in Parktown, Johannesburg dan bespreek.

Theo ·

Sabelo, gaan soek n eerbare werk en bring jou deel vir die armes.

Johann Marx ·

Theo? Hy sal dit nooit doen nie? Hy’s nie ‘n kerkmens nie?

John ·

Iets wat my nou al lank al baie laat wonder, is die term ANC-Jeugliga. Hoe kan mense wat oor die dertig is en al vroue en kinders het, as jeug deurgaan? Is dit ‘n soort van tweede parlement, ‘n buite-die-reels parlement, die voordansers of die ‘moeder’ van alle moeilikheid? Vorige Jeugliga-lede vorm later die EFF. Is dit die ultra buite-parlement; die stert van die skerpioen? Vir ‘jeug’ meng hulle darem vreeslik in by die grootmense se sake. Miskien is die ‘jeug’ deesdae die wyse gryses en die oues van dae die dom kindses.

Jonas ·

Ek begryp ook nie waarom die ANC ‘n jeugliga nodig het as die gróótmense hulle in elkgeval soos kinders gedra nie.

Tiger ·

Johann Rupert het ‘n goeie punt beet.Zumatjie moet maar liewer pad vat.

skaam ·

Enige mens MOET respek VERDIEN …om respek agv jou geld of posisie te wil ONTVANG werk NIE.

Marous ·

Glad nie lekker as jou maatjies teen jou draai nie… welkom by realiteit Geagte Meneer Rupert….

Dan ·

Kinders behoord in die skoolbanke en nie om hulle bekke te rek waar dit grootmense aangaan nie, dan word daar ook miljoene rande aan hulle betaal om hulle bekke te rek. kan hierdie dinge net nie verstaan nie.

Piet ·

Zuma kan self nie bedank nie. Hy is aangestel deur die ANC wat Mbeki uitgegooi het omdat die selfstandige idees gehad het en hulle hom nie kon manupileer nie. Hulle het iemand gesoek wat geen ruggraat of integiteit gehad het nie. Vir hulle poppespel het hulle ‘n marionet gesoek sodat hulle die toutjies kon trek en die puppet na hulle pype kon dans. Zuma was die man. Hy kan nie vir homself dink, nog self besluite neem nie. Al sy toesprake word vir hom uitgeskryf; hy moet hulle net voorlees. Trouens, sy hormone hou hom genoeg besig met ander dinge. Die toutjietrekkers, die ANC Kader en die Gupta’s broers weet dat as Zuma uit die kassie spring, hulle hul baie goedbetaalde werk met alle byvoordele kwyt sal wees. Dus laat hulle hom netnie toe om te bedank nie, ongeag hoeveel mense sê dat hy dit moet doen, en soos enige regeerder met integriteit in enige beskaafde land sou doen. Die kader gee nie ‘n snars om dat die land ten gronde gaan nie, ekonomies, gesondheid, natuurbewaring, die landbou, ens., die armes kan maar vrek en doodgaan. Wie gee om ? Nie hulle nie. Solank hulle self maar kan steel soveel hulle kan.
Vergeet van ‘n Zuma wat sal bedank. Miskien wil hy wel, maar hy kan nie. Hy is totaal afhanklik van die toutjes wat hom trek. Hy is maar net “n Puppet on a string.”

Penellope Jones ·

Die kinders praat weer sonder perspektief en sukkel met onderskeidingsvermoe.

Flippie ·

Kyk ek het niks teen Johan Rupert nie. Wat ek wel weet is dat sy pa nie van regse mense in sy organisasie gehou het nie. As hy vermoed het iemand is KP, HNP of AWB is diegene uit die organisasies uitgewerk.

Die Ruperts het die nuwe bedeling aktief en finansieël gesteun. Nadat die nuwe bedeling nie aan die Ruperts se verwagtinge voldoen het nie,toe gee hulle uit die land pad. En los die wittes wat dit nie kan emigreer in die gemors waaraan die Ruperts aan deel gehad het.

Los vir Rupert. Ons heil lê in mense wat in SA is en wat weet wat dit behels om in die helgat te oorleef.

Flippie ·

Is dit omdat Rupert ‘n groot Afriforum/Solidaroteit donateur is? Of is dit omdat hy Afrikanerbond is?

Oupa ·

Oom Anton, glo jy nóg in vryheid, gelykheid en broederskap wat uit alle oorde en met oorgawe omarm word?
Droom voort!

Oom Kalahari ·

Nou-ja toe wat is daar nou eintlik aan die ANCYL imperialistiese kadertjies dat hul altyd wil loop en geraas maak, want ons weet al hul is bekend as die houtwerkers Ikone soos Julias. No1 (JZ) is op die soustrein en te dikvellig om enige tuig neer te wil lê, want daar is 8 mammas en 25 suigelinge wat nog hoofere poste moet kry om te kan skep van die soustrein.

Ouman ·

Die jeugliga kyk nie na ouderdom nie, jou ouderdom kan 30 if 40 jaar wees solank jou IK onder 21 is kwalifiseer jy vir lidmaatskap. Hulle praat van ‘n sterk boodskap maar al wat hulle het is ‘n sterk reuk.

Henri ·

Die Bybel praat mos van gekke en dwase. Val hierdie ouens nie in daardie kategorie nie?

Griki ·

Die ANC-jeuglike het onstaan toe die domstes van die dommes en die luistes van die luies bymekaar gekom het en besluit het om ‘n groot bende te stig. En om in jou dertigs te wees en steeds te kwalifiseer as jeug onderstreep dit.

Griki ·

Die ANC-jeugliga het onstaan toe die domstes van die dommes en die luistes van die luies bymekaar gekom het en besluit het om ‘n groot bende te stig. En om in jou dertigs te wees en steeds te kwalifiseer as jeug onderstreep dit.

kobus ·

Mooi gestel Griki. Wil net by se daar is ongelukkig nie medisyne vir kleinbrein sindroom

Annette vd Merwe ·

My familie het blykbaar in die 1660’s na SA gekom. Die Guptas het eers in 1992 hierheen gekom. Nou is ek nie ‘n Afrikamens nie en die regering wil van my ontslae raak!!!!! Ek gaan nerens nie, en onthou die ‘koloniste’ wat in die 17de eeu hierheen gekom het was die rebelle van Europa. Die swakkelinge het agter gebly. En toe word ons die Afrikaners…die enigste nasie wat na Afrika vernoem is. Wees trots op ons en omhels ons en gebruik ons “guts”…. Luister asb. na ons en waardeer ons. En soos ek se, ons gaan nerens nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.