ANC-jeugliga vra SA om alle bande met Israel te verbreek

Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)

Die ANC-jeugliga het Woensdag ʼn beroep gedoen op die regering om alle diplomatieke bande met Israel te verbreek.

Mlondi Mkhize, woordvoerder van die ANC-jeugliga, het die “lafhartige aanvalle, beserings en moord op Palestyne deur die apartheid- Israelse magte” veroordeel en doen ʼn beroep op die jeug van Suid-Afrika om in solidariteit saam te staan met hul Palestynse eweknieë.

“Die ANC-jeugliga eis dat Israel se ambassadeur in Suid-Afrika uit die land geskop moet word en dat die ambassade se status met onmiddellike effek afgegradeer moet word. Dit is ʼn meer radikale standpunt wat die regering kan inneem in solidariteit met die mense van Palestina,” het Mkhize gesê.

Die ANC-jeugliga het ook die afsterwe veroordeel van talle Palestyne, wat vandeesweek saamgekom het om te betoog teen die skuif van die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem. Die groep het ook die reg geëis dat hulle na hul land kan terugkeer wat “onwettig van hulle afgeneem is, 70 jaar gelede toe die staat Israel gevorm is”. “Talle onskuldige Palestyne is Dinsdag in Gaza vermoor en meer as 2 000 is beseer. Sedert die aanvang van die betogings op 30 Maart 2018 is 100 Palestyne al vermoor.”

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdagoggend die parlementêre perskorps toegespreek oor die regering se besluit om die Suid-Afrikaanse ambassadeur uit Israel te herroep. Maroela Media het vroeër berig die regering het Maandag sy ambassadeur in Israel met onmiddellike inwerkingtreding onttrek. Sisulu het Dinsdag gesê behalwe vir die Suid-Afrikaanse ambassadeur wat onbepaald uit Tel Aviv teruggeroep is, is die toekoms van die Israelse ambassade in Pretoria ook onseker, met die afgradering daarvan wat al meer na ’n uitgemaakte saak lyk.

Lees alle vorige berigte oor Israel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
PJC

Hierdie ANC regering en sy aanhangsels is niks anders as ń spul onbevoegde narre.

Msp

Snaaks dat die anc jeugliga nog altyd glo hulle is die cowboys van Suid Afrika. Hoop net hulle besef hulle praat nie namens Suid Afrikaners nie. Israel behoort aan die Jode en Jerusalem is volgens hulle hul hoofstad. Dis hulle Land en verseker nie die anc of hul jeugliga of Lindewe Sisulu sin nie. Hull verdedig hulle land net teen mense wat vrede haat.

Pietman

Wat aan die berig is nuuswaardig?

Koos

Dalk, net dalk, kan hierdie koue skouer ons in die toekoms bevoordeel…

Oom Kalahari

Dink die jong kind van ANC liga en Mev. Sisulu dat Israel omgee of bang is vir hul dreigemente. Jerusalem is en was nog altyd deel van Israel en sal so bly en Israel sal veg daarvoor. Lyk my die mars indringers bly vassteek by die ou holgeryde woord van “Apartheid”. Niks weerhou die Palestyne wat hul grond gebied het om self te onwikkel en voort te bou op hul eie en so hul staat te ontwikkel. Waarom altyd indring of kan hul nue self ontwikkel en die mas opkom nie. Hamas is al jare besig om uitlokkend te wees… Lees meer »