ANC-jeugliga vra SA om alle bande met Israel te verbreek

Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)

Die ANC-jeugliga het Woensdag ʼn beroep gedoen op die regering om alle diplomatieke bande met Israel te verbreek.

Mlondi Mkhize, woordvoerder van die ANC-jeugliga, het die “lafhartige aanvalle, beserings en moord op Palestyne deur die apartheid- Israelse magte” veroordeel en doen ʼn beroep op die jeug van Suid-Afrika om in solidariteit saam te staan met hul Palestynse eweknieë.

“Die ANC-jeugliga eis dat Israel se ambassadeur in Suid-Afrika uit die land geskop moet word en dat die ambassade se status met onmiddellike effek afgegradeer moet word. Dit is ʼn meer radikale standpunt wat die regering kan inneem in solidariteit met die mense van Palestina,” het Mkhize gesê.

Die ANC-jeugliga het ook die afsterwe veroordeel van talle Palestyne, wat vandeesweek saamgekom het om te betoog teen die skuif van die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem. Die groep het ook die reg geëis dat hulle na hul land kan terugkeer wat “onwettig van hulle afgeneem is, 70 jaar gelede toe die staat Israel gevorm is”. “Talle onskuldige Palestyne is Dinsdag in Gasa vermoor en meer as 2 000 is beseer. Sedert die aanvang van die betogings op 30 Maart 2018 is 100 Palestyne al vermoor.”

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdagoggend die parlementêre perskorps toegespreek oor die regering se besluit om die Suid-Afrikaanse ambassadeur uit Israel te herroep. Maroela Media het vroeër berig die regering het Maandag sy ambassadeur in Israel met onmiddellike inwerkingtreding onttrek. Sisulu het Dinsdag gesê behalwe vir die Suid-Afrikaanse ambassadeur wat onbepaald uit Tel Aviv teruggeroep is, is die toekoms van die Israelse ambassade in Pretoria ook onseker, met die afgradering daarvan wat al meer na ’n uitgemaakte saak lyk.

Lees alle vorige berigte oor Israel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

PJC ·

Hierdie ANC regering en sy aanhangsels is niks anders as ń spul onbevoegde narre.

Msp ·

Snaaks dat die anc jeugliga nog altyd glo hulle is die cowboys van Suid Afrika. Hoop net hulle besef hulle praat nie namens Suid Afrikaners nie. Israel behoort aan die Jode en Jerusalem is volgens hulle hul hoofstad. Dis hulle Land en verseker nie die anc of hul jeugliga of Lindewe Sisulu sin nie. Hull verdedig hulle land net teen mense wat vrede haat.

Koos ·

Dalk, net dalk, kan hierdie koue skouer ons in die toekoms bevoordeel…

Oom Kalahari ·

Dink die jong kind van ANC liga en Mev. Sisulu dat Israel omgee of bang is vir hul dreigemente. Jerusalem is en was nog altyd deel van Israel en sal so bly en Israel sal veg daarvoor. Lyk my die mars indringers bly vassteek by die ou holgeryde woord van “Apartheid”. Niks weerhou die Palestyne wat hul grond gebied het om self te onwikkel en voort te bou op hul eie en so hul staat te ontwikkel. Waarom altyd indring of kan hul nue self ontwikkel en die mas opkom nie. Hamas is al jare besig om uitlokkend te wees teenoor Israel. Die ANC praat nie namens baie van ons teen Israel nie en hoop ons kan ook ons name op ‘n lys plaas ten gunste van Israel as Christen gelowiges.

humor ·

Dit is nou mense wat nie langer as wat hul neuse lank is dink nie.

Natasha ·

WIE DINK DIE ANC JEUGLIGA IS HULLE OM SULKE BELAGLIKE VERSOEKE TE STEL?!?!
Hoekom het ons nie ‘n stem nie? Dis altyd die ANC voor en die EFF agter, maar wat van ons in d middel? Wanneer begin ons meer vereis van die staat om iets drasties te doen om ons boere en behaardes te beskerm. En wanneer gryp die regering in om die belaglikheid aan te spreek van ‘n man en pappa wat sy gesin beskerm en nou VREES vir sy lewe?
Ek’s bevrees, ons gee te veel “blootstelling” aan die ANC en hulle snert!!

Kaufman ·

ALLE bande breek? Dink mooi waarvoor julle wens, dan gaan daar bittermin produkte en dienste oor wees om te koop.

Marie van Rooyen ·

Ek stem. Sonder die Jode se besighede en beleggings sal SA onder gaan. As ons terug kyk sal ons opmerk dat al die lande waar Jode uitgetrek het, het die land tot niet gegaan. Moenie aan God se nasie raak nie want God slaap nie.

Adrian ·

Klomp narre , Israel het nie SA nodig nie …. besef dit…. daai klein landjie omring deur miljoene arabiere en palesteine sal NOOIT bes gee nie …. daarvoor saluut ek die dapper Israelis

Johan ·

Hoekom was Suid-Afrika se ambassadeur nie in Zimbabwe herroep nie, met die vergryping van die wit boere se grond?
Hoekom is daar nie aangedring dat Suid-Afrika alle diplomatieke bande met Zimbabwe verbreuk nie?
Is dit nie dubble standarde nie?

Of is dit omdat Israel ?? wit is? ANC wys openlik hoe rassisties hulle is.

Koos ·

Israel is wit sê jy?

Meer as 1 uit elke 5 Israeli’s is Arabiere. Daar is tienduisende Ethiopiese Jode ook woonagtig. As jy Israel dan wit noem mag die buuteland Suid-Afrika swart noem?

Willie ·

Die een groep probeer meer idioties wees as die volgende groep oor die Israel kwessie. Nie gedink daar kan so baie mamparras wees nie

JaNee ·

Gaap. Die ANC ‘jeug’ weet niks en sal ook niks leer – hulle ken glad nie geskiedenis nie. “Dream on”.

Bul ·

Ongelukkig skaar SA se regerende party hom meestal saam met die muishonde van die wereld. Veral hang hulle enige retoriek met ‘n “victim” kultuur sterk aan want hulle vind aanklank by die idee dat die wereld hulle iets verskuldig is. Dis gewoonlik iemamd anders se skuld dat hulle is waar hulle is……

White Rhino ·

Ja, die onheil en duiwel floreer in S A. Dit kom sterk na vore.

Koos B ·

Ek dink dit is tyd dat die anc jeugliga hulle los maak van Suid Afrika.

Lola ·

ISRAEL is min gespin oor julle BANDE met hulle .. julle boelie ISRAEL al so lank as wat julle die BOERE boelie, en hulle is nie bang vir julle soos die boere in SA vir julle is nie .. VREEMD dat dit die einste ISRAEL is wat al die jare die swartmense GEHELP het — nou is hulle aan die Palestyne se kant .. STANK VIR DANK . maar ISRAEL julle moet ook nou maar julle lessies leer …

Nico ·

STANK VIR DANK nadat die Israeli’s se neefs hulle so getrou gehelp het in die struggle. Sonder hulle sou julle struggle nie eers van die grond af gekom het nie. Ons dink aan die regsfirma wat Mandela onder hulle vlerk geneem het Witkin, Sidelsky en Eidelman. Nelson se eerste bleek vriend kommunis Nat Bergman en Tvl ANC president J B Marks. Vriende saam gevang by Rivonia Denis Goldberg, Lionel Bernstein, Bob Hepple, Arthur Goldreich, Harold Wolpe en Jimmy Kantor. Almal van hulle het weggekom behalwe arme ou Goldberg. Die getroue opstellers van die Freedom Charter 9 uit 12 Ethel Drus, Ruth First, Albie Sachs, Jossel Slovo, Helen Joseph, Helen Suzman, Lionel en Hilda Bernstein. Die verdediging by Rivonia Nat Levy, Arthur Chaskalson, Joel Joffe en Harry Schwartz. Onbaatsugtige steun van besigheids manne soos Harry Oppenheimer, Mendel Kaplan, Donald Gordon, Sol Kerzner, Susman van Woolworhs, Ackerman van Ackermans, Mauberberger en vele meer. Baie van tannies van Black Sash, Nadine Gordimer, Ronnie Kasrils, arme Rosalie Bloch (onlangs vermoor) en vele vele meer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.