ANC-jeugliga wil EFF hof toe vat oor slagspreuk

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die ANC-jeugliga dreig met regsaksie teen die Economic Freedom Fighters (EFF) nadat laasgenoemde glo hul slagspreuk gesteel het.

Thanduxolo Sabelo, die ANC-jeugliga se sekretaris in KwaZulu-Natal, het Sondag tydens die jeugliga se verkiesingskongres in Midrand gesê die EFF het die jeugliga se slagspreuk oor ekonomiese vryheid gesteel.

“Dit is wat mens plagiaat in ekonomiese terme noem – om ander mense se werk te vat en dit jou eie te noem. Die NUK [nasionale uitvoerende komitee] moet alle moontlikhede ondersoek om regsaksie in te stel,” het Sabelo gesê.

Julius Malema het die EFF op die been gebring nadat hy uit die jeugliga geskors is. Die EFF se slagspreuk is “ekonomiese vryheid in ons leeftyd”. Volgens die jeugliga is dit sy beleid en het die EFF dit gesteel en sy eie gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ANDRÉ ·

Ag, ‘seblief! Ek het nou net mooi genoeg van hierdie klomp idioote gehad!

Elizabeth ·

‘n Geval van pot noem ketel swart – steel sal hulle steel, tot die melk uit jou koffie as jy durf waag jou oe knip.

iemand ·

Eks nog jonk en verstaan nog nie lekker all die ins and outs van Suid Afrikaanse politiek nie, maar is daardie lyn van “om ander mense se werk te vat en jou eie te noem” nie iets wat die ANC al te lekker doen met al die regstellende aksie ens nie? Soos die plaase in limpopo, en al daardie goed nie?

Dave ·

Wanneer ek hierdie soort van goed lees lag ek hardop vir die witmense wat die holruggeryde storietjie keer op keer herhaal van ‘blankes wat nie kan saamstaan’.

Nou wat nou ·

Dave, soos jy die reaksie sien, is dit die waarheid. Ons kan net nie saamstaan nie. Hier verskil jul nou van mekaar! I rest my case?

Anti-Haas ·

Kry vir julle nou van jul eie soort medisyne……..
Almal klein mamparra’s wat wil meer hê en vat.

ANDRE ·

Ha ha ha , ander hof toe sleep omdat hulle kastig ander mense se werk vat en hulle eie noem , ha ha ha , dit is presies wat die ANC met alles doen ! Dit wat jy uitdeel sal jy kry !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.