ANC-jeugliga wil leierskap ontbind

Lede van die ANC-jeugliga het Dinsdag gesê hulle wil die leierskap van die jeugliga ontbind.

Lede het by die ANC-hoofkantoor Luthuli-huis in Johannesburg bymekaargekom om ʼn memorandum aan die sekretaris-generaal van die party, Ace Magashule, te oorhandig. Die ontstoke lede het gesê hulle sal buite Luthuli-huis wag totdat die leierskap beskikbaar is om hul memorandum in ontvangs te neem.

“Die ampstermyn van die leierskap het verstryk en die ANC moet ʼn nuwe struktuur aanstel wat ons by die 26ste konferensie kan lei,” het Kolobe Mamabolo, een van die betogende ANC-jeugligalede, gesê.

Ander griewe is dat die leierskap van die ANC-jeugliga te oud is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Iemand het wakker geword… wow… Maar ongelukkig werk die ANC se kop nie so nie.

Gert van Wierdapark ·

Dis vir nuus! Ek was nie bewus dat die a en see se jeugdigte liga ‘n leierskap het nie!

Elna ·

Kan die EFF jeugliga en BLF jeugliga nie maar ook ontbind nie asseblief. Dalk gebeur daar meer positiewe dinge in hierdie land miskien.

André Basson ·

Hulle jeug leiers is te oud net soos hulle “leerders” in die skole.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.