ANC-jeugligaleier geskiet

Argieffoto

Argieffoto

Boy Mamabolo, die ANC-jeugligaleier van Limpopo, is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy en drie van sy vriende Sondagaand in Polokwane geskiet is.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, het die skietvoorval omstreeks 21:00 by Waterworld plaasgevind, tydens ʼn geleentheid wat deur Metro FM aangebied is. “ʼn Man het op die slagoffers losgebrand,” het Mulaudzi gesê. “Die polisie het reeds ooggetuies ondervra. Ons weet wie die verdagte is en is op soek na hom. Hopelik sal hy besluit om homself aan die polisie oor te gee.”

Mamabolo is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in ʼn provinsiale hospitaal. Sy drie vriende is reeds ontslaan.

Hy is ʼn voormalige vriend van Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga en tans leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).

Mamabolo staan tereg op 72 aanklagte van bedrog wat verband hou met sy voorsitterskap van die provinsie se geografiese naamkomitee.

Hy was ook verlede jaar in ʼn hofstryd met Malema gewikkel oor ʼn SMS-dreigement wat hy na bewering aan Malema gestuur het. Hy het glo in die SMS geskryf hy gaan Malema se ma se liggaam opgrawe en haar oorskot sy ouma se huis in Seshego neem. Dit was glo uit weerwraak vir Malema nadat die EFF-leier glo van sy bondgenote gestuur het om Mamabolo se meisie te verlei. Die saak is verlede jaar voorlopig van die hofrol geskrap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

elsa van der walt ·

Ja so is my kleinkind se vriend deur n dwaal koeel getref saterdag aand op die higway oppad na die lughawe hy is op die oomblik in steve biko sodat hulle die koeel kan verwyder te veel mense het vuurwapens wat hulle nie weet om dit te gebruik nie

Drieks ·

Jammer wat jul moet deurmaak Elsa, ek voel diep saam met jul familie.

monika ·

ja ken jou aan jou vriende…… Waar Malema is wonder jy altyd wat volg. Jammer om te hoor van die onskuldige kind wat geskiet is. Dit is nie die vuurwapens wat gevaarlik is nie, dit is die mense wat dit misbruik…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.