ANC-jonges bekommerd oor krisis by Eskom

Die taakspan sê Suid-Afrikaners verduur nou al 15 jaar “terreur” in die vorm van beurtkrag. (Argieffoto: Mujahid Safodien/AFP)

Die ANC-jeugliga se nasionale jeugtaakspan het sy diepe kommer oor die voortgesette krisis by Eskom te kenne gegee.

Die taakspan sê Suid-Afrikaners verduur nou al 15 jaar “terreur” in die vorm van beurtkrag, met verskeie omkeerplanne wat al voorgestel is, maar nog geen oplossing vir die probleem nie.

“Ons is aan die genade van volgehou onbevoegdheid by die kragvoorsiener uitgelewer wat nou weereens beurtkrag aangekondig het,” sê Sizophila Mkhize, woordvoerder van die taakspan.

Hulle voer aan die Eskom-bestuur neem Suid-Afrikaners hoegenaamd nie ernstig op nie en het geen voorneme om aan die land se nasionale kragbehoeftes te voldoen nie. Mkhize sê dit word benadruk deur die hernieude inwerkingstelling van beurtkrag terwyl gr. 12’s met hul eindeksamen besig is, mense gedwing is om van die huis af te werk en die ekonomie sukkel om ʼn volhoubare inkomste vir miljoene mense te verseker.

Mkhize sê selfs die pas afgelope plaaslike verkiesing is byna in die gedrang gebring deur beurtkrag.

Die taakspan het ʼn beroep op die regering gedoen om by die Eskom-leierskap in te gryp en Suid-Afrikaners ʼn oortuigende, praktiese en uitvoerbare kort- na langtermynplan te gee wat ʼn “einde aan die terreur van beurtkrag sal maak”.

Mkhize sê die taakspan is bekommerd omdat dit lyk of politieke leiers nie ʼn behoorlike strategie het om in te gryp en energievolhoubaarheid te verseker nie. “Die afwesigheid van ʼn duidelike plan om die nou amper 20 jaar oue Geïntegreerde Energieplan in werking te stel, bied rede tot kommer.

“Dit is selfs moontlik dat die plan nie meer sentraal in die regering se energiesekerheidstrategie is nie. Die traagheid van die regering om die probleem te hanteer, is onverskoonbaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Snowball ·

Dalk moet die jonges vir die oues sê om op te hou goedjies gaps. Hulle oues is besig om die land tot in bankrotskap te plunder.

Casper ·

Mnr.Mkhize verduidelik wat jy bedoel by onbevoegdheid by escom.Voor 1994 was daar nie so iets soos beurtkrag nie of kan ons tussen die lyne lees dat kader ontlpooing,BEE en eqegstellende aksie klaaglik misluk het en julle maar nie sonder blanke kundigheid en breinkrag kan klaarkom nie. Verstaan ek jou reg as jy së julle is onbevoeg om die werk te doen.

Blikke ·

Presies hoekom ek 25 diensjare in die water gegooi het by Eskom en elders n heenkome moes vind….van 1983 tot 2008……

Sobymykoolkop ·

Hulle moet eerder bekommerd wees oor ” our people ” wat hulle sakke volmaak sonder vrees vir vervolging.

Jacobus ·

Mkhize tell “ourp people” to stop steal and start to work for their money.

H.A. ·

Wie se skuld is dit nou ? Anc jeug liga dit is julle einste anc wat alles verwoes, dit vat julle15 jaar om agter te kom dat daar fout is met eskom. Word net n paar jaar vroer wakker.

Papsak ·

Ja dit is die jeugliga van anc wat plunder en verwoes nou moet ons in donkerte sit pateties ruk julle reg

Dup ·

Terreur in die vorm van beurtkrag!!!! Wat van Terreur in die vorm van Plaasmoorde/aanvalle?

Nie Verbaas ·

Die taakspan het ʼn beroep op die regering gedoen om by die Eskom-leierskap in te gryp en Suid-Afrikaners ʼn oortuigende, praktiese en uitvoerbare kort- na langtermynplan te gee wat ʼn “einde aan die terreur van beurtkrag sal maak”. Die einste ANC het Eskom oor jare vernietig en nou wil snuiter liga antwoorde hê?

Nicolaas Hendrik ·

ANC jonges kry vir julle, hoe se die oumense AS JY NIE WIL HOOR NIE, MOET JY VOEL KADERS

Jaco ·

Eskom word beheer deur die ANC-regering en behalwe vir André de Ruyter is eskom se bestuur vol ANC-kaders. So die ANC-Jeugliga is eintlik kwaad vir die ANC oor eskom se foute. Iets maak nie sin nie.

Martie Smartie ·

Cyyrrrilll het gedink deur n witman aan te stel en die plek in 3 korrupsie strome op te deel, sal almal bedindruk. Nou ja toe. Die groot gemors is begin deur Brian Dames destyds en voortgesit deur al sy opvolgers. As Andre de Ruyter nog 2 jaar daar vasbyt, sal ek verbaas wees. Dienslewering onder hom het nog NIKS verbeter nie, so dalk moet hy die ‘boot’ kry. Kyk as ‘n reuse skip eers halfpad gesink het, gaan geen kaptein hom red nie, maar geen.

henndrik ·

Die ANC het die probleem geskep en hulle stem nog steeds vir hulle so hulle is deel van die probleem

Jannie van Niekerk ·

Onnosel goed. Dis omdat die ANC Eskom oorgeneem het wat dit gebeur. Onbekwame ANC kaders in topposte veroorsaak orals chaos. Maar die ANC se beleid is mos: Niemand hoef die werrk te kan doen nie solank die aanstelling net ‘n swart ANC vryheidsvegter is. Net so belag;ik soos hulle kleinboetie, Onderkorporaal Joeljas met sy onoplgeleide rooi “soldate”

Di ·

Hierdie hele gemors spul kan maar net voor die kiesers wat ANC stem se deur gegooi word! Gaan kla by Ramaphosa

christo ·

Sorg liewer dat julle pelle nie onwettige aansluitings het nie, sodat dié wat betaal vir krag, se geld gebruik word vir die herstel van opwekking eenhede, ipv net bedryfskostes en salarisse.

annie ·

Watter naam gaan jul party hê wanneer jul jeugdige ooms en tannies die ANC-leerskool verlaat? Seker met ‘n atoomontploffing op ‘n vrolike rooi agtergrond vir jul vlag, want dit is die volgende magtige-mega-kragprojek wat oupa Mantashe MBA beplan. Gerus julself die Boemsie-$€€¥£’s noem?

Danie ·

Wat verstaan hierdie mense nie.
Wanneer iets op is sonder n reserwe is dit op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.