ANC: ‘Kaapstad het darkies probeer weghou’

Ondersteuners by die ANC se 103de verjaarsdagvieringe in Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2015 Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Ondersteuners by die ANC se 103de verjaarsdagvieringe in Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2015 Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Die ANC is van plan om of die Menseregtekommissie of die parlement te nader oor die manier waarop die stad Kaapstad glo die party behandel het in die aanloop tot sy 103de verjaarsdagvieringe.

“Die stad het voorwaardes aan ons opgelê om ons te frustreer en te verseker dat ons byeenkoms nie suksesvol is nie,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê. “Alles wat ondemokraties is, is deur die Wes-Kaap gedoen om alle darkies uit Kaapstad te hou en Kaapstad onbesmet te hou.”

Kodwa beweer die stad het die party versoek om van Computicket gebruik te maak vir kaartjies vir verlede week se byeenkoms by die Kaapstad-stadion. “Dit is onprakties, jy kan nie dit implementeer nie. Die meerderheid van ons mense het nie toegang tot Computicket of die internet nie.”

Kodwa beweer verder dat die ANC se plakkate vir die byeenkoms ook gereguleer is en dat hulle die plakkate weer moes laat druk nadat die stad nie tevrede was met die eerste lot nie. Hy het gesê smouse is verbied om enigiets by die stadion te verkoop en dat mense se bewegings ingeperk is.

Kodwa het gesê die ANC gaan of ʼn klag by die Menseregtekommissie indien of die parlement versoek om ondersoek in te stel en uit te vind wie die stad opdrag gegee het om die beperkings af te dwing.

Zara Nicholson, woordvoerder vir die Kaapstadse burgemeester, het die ANC se versoek vir ʼn ondersoek verwelkom. “Ons het die afgelope week gesien hoe ongemaklik die ANC se leierskap is wanneer hulle ʼn regering beleef wat goed bestuur word en voldoen aan wetgewing, beleide en kontraktuele verpligtinge,” het sy gesê.

“Ten spyte van die ANC se histerie, hul oordrewe gevoel van geregtigdheid en die ongekende druk wat hulle op die stad se amptenare geplaas het, het ons ten alle tye met respek opgetree en gehou by wetgewing, beleid en die stadion se verhuringskontrak … en daarom verwelkom ons enige ondersoek . ”

Nicholson het gesê dit is kommerwekkend dat die ANC goeie bestuur interpreteer as ʼn vorm van sabotasie. Sy het gesê enigiemand wat die stadion vir ʼn byeenkoms gebruik, word aan dieselfde bepalings en voorwaardes onderwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CHRISTA CONTINO ·

Dit verbaas my nie. ANC = Anarchy Nepotism Crime of is dit All the Nation’s Criminals? Hulle weet nie wat wet en orde is nie. Hulle voel net tuis as alles om hulle chaos is.

ellabad ·

Die bewerings oor mense wat nie kaartjies kan koop by Computicket oor hulle nie internet het nie is ongegrond. Mens kan by Shoprite ook Computicket kaartjies koop, so hul mense sou juis makliker kaartjies kon bekom.

Philip ·

Die ANC is so gewoond om byeenkomste reel net om later nie daarvoor te betaal nie, is dit n bitter pil om volgens voorwaardes alle gelde voortydig te betaal.

JZ ·

DIE ANC beweer dat die stad Kaapstad die stad onbesmet wou hou.As dit so is drae dit nie dalk meriette nie ,die ANC is mos beken vir hul afbreekende gedra vir beleid en orde.

Hannes ·

Hulle sal volgende keer 2 keer dink voor hulle in die Kaap wil “party” hou. Ek hou van die “onbesmet” uitdrukking, komende van die ANC. Gaan kyk wat se HAT van die woord.

zahn ·

Di tis nogal waar, nê? Deur die woord te gebruik, erken hulle nie direk dan dat hulle plekke besmet nie, of lees ek dit verkeerd? Stem nogal saam met jou.

pop ·

Ag ek is so trots op Kaapstad. Waar die ANC was is gewoonlik n varkhok en gaos. Pleks hulle probeer het om n les te leer oor hoe dit gedoen moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.