ANC-kandidaat in KZN doodgeskiet

ʼn ANC-wykskandidaat en nog ʼn persoon is Vrydagaand in Durban, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Die voorval het in Cato Crest plaasgevind en volgens die polisie is twee mense ook in die skietery beseer.

Die provinsiale ANC het bevestig sy kandidaat vir wyk 101, Siyabonga Mkhize, is een van die oorledenes.

“Ons weet steeds nie wat die presiese besonderhede van die voorval is nie. Ons betuig namens die ANC ons meegevoel met die Mkhize-familie.”

Volgens die ambulansdiens Emer-G-Med het paramedici kort ná 18:00 met hul aankoms op die toneel twee mans met verskeie skietwonde in ʼn bakkie aangetref. Hulle is op die toneel dood verklaar.

“Nog twee mans is met beserings na ʼn hospitaal gehaas. Hul toestand is onbekend.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wielspore

Familie lid van ons is verbonde aan die SAPS op Richardsbaai en hy het al verskeie kere genoem dat hoeveelheid politieke gemotiveerde moorde heelwat meer is as wat in die media berig word. Veral nou dat kanidate (persone) geidentifiseer word vir die minusipale verkiesing. As die opposisie vermoed dat jy ‘n sterker kandidaad is in ‘n wyk word daar ‘n prys op jou lewe geplaas. Vuil ANC politiek

Shakespeare

Cowboys en Crooks en aangesien daar nie Cowboys in die ANC/EFF is nie word hierdie nou ‘n Crooks en Crooks geveg.

Strandloper

Iewerste wil n probleem homself oplos?

Pablo

Ons beweeg al hoe nader aan die ANC afgrond. Maar die “mense” stem nog vir hulle want hulle wil alles verniet hê. Eish alles apartheid se skuld. Self Kenya en Ethiopië steek ons nou verby.

KB

Ons is nou in die Afrika-tegniek van verkiesing hou. Robert Mugabe vs Morgan Tsvangirai (Zimbabwe) het ‘n motorongeluk tot gevolg gehad waarin Tsvangirai se vrou dood is.
Hierdie is niks anders as sluipmoorde nie. Dit sal my nie verbaas as dit die geval was met JHB se burgermeester (Jolidee Matongo) en die premier van Noordwes (Bushy Maape) se mptorongelukke nie. Nou was dit die ANC kandidaat (Siyabonga Mkhize) in KZN wat dood geskiet is. Iewers is ‘n slang in die gras.