Konst. Mncedi Mbombo, polisiewoordvoerder, het bevestig Dywili is laat Dinsdagaand noodlottig gewond in ʼn skietery en is op die toneel dood verklaar.
Dywili het as raadslidkandidaat vir die ANC gestaan in wyk 4 van die Walmer informele nedersetting.
Marion Harning, ʼn kollega van Dywili, het Dinsdagoggend ʼn huldeblyk aan hom op Facebook gepubliseer.
“Ons kandidaat vir wyk 4 van Walmer het gister nog saam met minister Sisulu in die gemeenskap ons verkiesingsveldtog gedryf, dieselfde plek waar hy laat gisteraand doodgeskiet is. Die voorval het ons woedend en bedroef gelaat. Ons het talle aangename herinneringe aan Dywili en die diens wat hy aan die ANC gelewer het. Ons gedagtes is met sy vrou en kinders. Rus in vrede Nceba Dywili, ons sal jou nooit vergeet nie”.
Die polisie het nie onmiddellik enige verder besonderhede oor die voorval gehad nie.
Die munisipale verkiesing vind op 3 Augustus plaas en ʼn fel stryd word verwag om die beheer van Nelson Mandelabaai, wat Port Elizabeth insluit.
Hulle het seker gedink hy wil oorloop.