ANC kap media oor fokus op stadion-getalle

Manifesbekendstellings (kloksgewys ANC, DA, EFF) (Foto saamgestel uit Twitter-foto's)

Manifesbekendstellings (kloksgewys ANC, DA, EFF) (Foto saamgestel uit Twitter-foto’s)

Die ANC het die media Saterdag veroordeel dat hulle op stadiongetalle fokus tydens byeenkomste van politieke partye.

Dit volg nadat ANC-ondersteuners twee weke gelede slegs ongeveer twee derdes van die 46 000-sitplek Nelson Mandela-stadion in Port Elizabeth gevul het vir die bekendstelling van die ANC se manifes vir die plaaslike verkiesing op 3 Augustus.

Voor enige ondersoek gedoen is, het die ANC beweer dat sy lede nie by die stadion kon uitkom nie weens ʼn logistieke probleem in kommunikasie en diegene wat in die stadion was, is weg weens blootstelling aan die son.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het Saterdag in ANC Today die media veroordeel dat hulle berig het oor die gebrekkige bywoning by die ANC se manifesbekendstelling, en gesê hul “beheptheid” met getalle is ʼn nuwe “stadionologie”.

Kodwa het gesê die groot groep joernaliste wat op die Nelson Mandela-baai metro toegesak het, het baie minder belanggestel in die inhoud van die manifes as die aantal leë sitplekke in die stadion. “Kommentator ná kommentator het op nasionale televisie gespekuleer wat die afwesige lede kan beteken vir die toekoms van die regerende party,” het Kodwa bygevoeg. “Rubriek ná rubriek het woorde van ANC-beamptes, wat die rede vir die gebrekkige bywoning verduidelik het, uitmekaar gehaal en as nonsens afgemaak. Die ANC is al lankal daaraan gewoond dat rubriekskrywers en intellektueles in Suid-Afrika enigiets wat die ANC doen of sê, bejeën met minagting, sinisme en ʼn bespotting daarvan maak.”

Terwyl Kodwa sy uitlatings Saterdag op die ANC se webwerf geskryf het, het Suid-Afrika se derde grootste opposisieparty, die Ekonomiese Vryheidsvegters, sy eie manifesbekendstelling by Orlando-stadion in Soweto gehou en bykans die 40 000 sitplekke volgepak.

Die Demokratiese Alliansie kon nie verlede week die Rand-stadion in Johannesburg met sy 13 500 sitplekke vul nie, alhoewel die party verwag het dat ongeveer 20 000 persone sou opdaag.

“Die beheptheid met sitplektellings by ANC-byeenkomste duur al voort sedert 1994,” het Kodwa gesê. “Dit is ʼn nuwe wetenskap van ‘stadionologie’. Dit sê veel meer van sy voorstanders as enigiets oor die ANC, wat nog steeds die ondersteuning van die meerderheid Suid-Afrikaners geniet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Veritas ·

Ai tog. Die nonsens wat politieke partye en die media soms kwytraak, kry my onder. Dit vat duidelik nie veel grysstof om een van dié twee beroepe te beoefen nie.

Tiger ·

Stadion getalle by politieke vergaderings vertel beslis iets van die betrokke party .Hier kom ‘n ding . . .

Irene ·

Hul moet ophou mense in verskillende provinsies aan te ry moet net fokus op prov dan sal ons die regte hoeveelheid mense sien hohoho

Andrea van Vuren ·

Ek sou graag wou weet. Verstaan die mense op die pawiljoene wat oor die luidsprekers gesê word? Is bywoning van sulke saamtrekke deel van die tropdiermentaliteit?

Leon ·

Dit is duidelik dat die regerende party by die dag meer paniekerig word oor die komende verkiesings. Dit sal eskaleer totdat hulle wel eendag iets reg kan doen!

Johann Marx ·

Ek’t gedog hoe langer jy aan die son blootgestel word hoe meer support jy die “ruling party”….let wel, nie “leading party” nie, “ruling party”!! Daar’s een enorme verskil tussen ‘n “leader” en ‘n “ruler”….

Dokter B ·

Die DA ry selfs harder ondersteuners aan, en gee hulle boonop ‘n “free meal”. Voëls van eenderse vere, net ander kleure – Ipv geel is hulle vere net blou.

Weskaper ·

Ja die waarheid maak seer, hoogtyd dat ANC begin besef daar is probleme in hul party. Raak ontslae van JZ voordat dit te laat is.

stephen ·

Die DA moet pres Zuma perse’ uitlos . Hy skiet homself en ANC in die voet en gaan hul stemme kos . Fokus ook op dinge wat saak maak en wat mense wil hoor soos onderwys , werkloosheid en gesondheid .Dit is hoekom EFF vol stadions trek

Jc ·

Die probleem is Stephen. Wat gaan gebeur as EFF die land gaan regeer?

Tiger ·

Stephan jy het dit mis met die EFF.Hulle is gladnie gepla oor werkloosheid nie.As hulle was sou hulle nie nasionalisering van al die myne propageer nie.Kyk wat se groot rol het hulle gespeel in die 5maande lange platinamyn staking wat op die ou einde tot duisende werks verliese gelei het.Hulle staan VIR grondgrype en die uitwissing van blankes (wat vir hul lede werke skep!).
Ja as hulle aan bewind kom SAL ons ontsaglike probleme in die land he want hulle gaan als wat blank is vernietig.My mening is hulle gaan met die volgende verkiesing oorneem by die DA as amptelike oposisie omdat hulle vir anargie is en so baie swartes ‘n burger oorlog WIL he.OF hulle die anc gou gaan uitstof is nog ‘n ander storie.

cobusp ·

Haha hoe lekker lag ek nou. Van wanneer kyk mens nie meer na bywonings getalle van politieke byeenkomstes? Die anc vertel net n klomp bog stories en empty promises hulle eie mense glo hulle nie eers mee nie. Die stadiums word al hoe leer tyd dat hulle zuma en sy bende fire. Viva die soustrein met lee beloftes viva

jf van rooyen ·

Die ANC huil oor alles wat nie na hulle sin is nie wonder wie het gesê ANC sal regeer tot jesus kom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.