ANC kap Msimanga steeds oor Taiwan-besoek

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

Die ANC het ʼn verklaring uitgereik waarin hy Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, streng veroordeel vir sy onlangse besoek aan Taiwan.

Die ANC eis onder meer dat amptenare se amptelike en diplomatieke paspoorte teruggetrek word indien bevind word die amptenare het die land se buitelandse beleid ondermyn.

Volgens die ANC het Msimanga met sy onlangse besoek advies van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) geïgnoreer én Suid-Afrika se buitelandse beleid in oneer gebring.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het gesê Msimanga vind dit heeltemal natuurlik en nodig om verhoudings te laat herleef met een van die Nasionale Party se “stoerste vriende”, Taiwan. Kodwa het gesê dit wys ook die DA respekteer nie die Grondwet soos wat dié party verkondig nie.

Volgens Kodwa erken Suid-Afrika sedert 1997 die Republiek van China as die wettige regering van die gebied wat bekend staan as China. “Die regering van die Tshwane-metro is nie ʼn selfstandige staat wat net op sy eie kan optree buite regeringsbeleid nie.”

Die ANC het Msimanga se besoek aan Taiwan vroeër as hoogverraad beskryf en gesê dit oortree die “Een China”-beleid tussen Suid-Afrika en China.

Samkelo Mgobozi, woordvoerder vir Msimanga, het die kritiek van die hand gewys en gesê die burgemeester is deur sy eweknie in Taipei genooi en hy het sy persoonlike verlof en tyd gebruik om beleggingsmoontlikhede in die land te ondersoek. “Dit moet bo partypolitiek geag word om geleenthede vir ons mense te skep en dit moet ʼn gesamentlike poging wees om alle geleenthede te ondersoek om ons mense van armoede te bevry.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hasie ·

En as die ANC se Zuma regeringsopdragte ignoreer is dit maar oraait, soos met Bashir.

Netso ·

Netso en Gupta, en en en ons kan vir dae aanhou en al sy ondermynings uitwys.

John ·

Klink ook na suurdruiwe soos by die Demokrate in die VSA wat nou na allerhande maniere soek om Trump te teister. Die ANC behoort liefs die Sjinese aan te vat oor hul gesmokkel met Afrika se skaars wildsoorte…

Jan ·

Jy praat nou. Dis nou seker nie die plek hier nie, maar met die debakel met die Russiese diplomate wat die land moet verlaat, gooi Obama al sy speelgoed uit die kot, hy blaas van kwaad wees vir die Russe, plaas dat hy sy eie veligheidsdiense afdank omdat hulle vir meer as ‘n jaar lank nie kon optel dat die Russe disinformasie aan die demokrate voer nie.

Jaco ·

ANC moet eerder die miljarde wat in Pretoria se stafsraad wan bestee is terugbetaal.

Lance ·

Ag kap maar wie gee nog om wat die sinkende party nog tese het met so n korrupte leier en SA wat in so n gemors is dat ons nou op die rand van rommel status is …probeer eerder iets reg se sodat mense hier wil belê en mense kan WERK kry !

Rynhardt ·

Ek is nie n bewonderaar van die DA en sy mense nie, maar die Anc is die laaste een om vinger te wys na ander.Die Anc se geheime ooreenkomste met China moet menigte laat regop sit in SA! Waarmee die Anc en sy ondersteuners nie rekening hou nie, is dat dit vir hul geliefde China, net gaan oor China! Dit maak China net meer gevaarliker!

Johann ·

Ons winkels is vrot van als van China af, als, skoene, klere, selfs in die wildtuin se winkels is klerasie wat in China gemaak is, self grondbone in sekere kruideniersware winkels kom van China af, dan het ons in die land probleme met ons ivoor en renoster horings. Mag mens twee en twee bymekaartel?

jaco ·

deel van die ANC se China-beleid, is dat Taiwan ‘n selfregerende provinsie van China moet word, baie soos wat die huidige status van Hong Kong is. Daarmee saam is die ANC ook ten gunste van ‘n eie staat vir die Palestyne. So as die ANC nou verder konsekwent wil wees, moet hulle ook ten gunste wees van ‘n eie staat/selfrerende gebied/provinsie/volkstaat vir wit Afrikaners of dan wit mense in SA. Behandel ons soos die wit mense die swart volke in die ou SA behandel het: vat ons stemreg weg en dwing ons om almal na die Wes-Kaap te skuif. gee ons dan ‘n mate van selfregering daar.

Koos ·

Maar niks keer jou dan om sommer self Wes-Kaap toe te trek nie. Maar om selfregering te kry moet jy êrens meerderheidsbesetting bewerkstellig. Waar gaan jy dit in die Weskaap doen?

jaco ·

die ANC kan die tyd wat hulle so mors om Msimanga aan te val, eerder sinvol gebruik deur by China te leer hoe om behoorlike wet en orde toe te pas. Die misdaadsyfer in China is baie laer as in SA en die doodstraf word gemiddeld 1000 keer PER JAAR daar toegepas. Openbare oproer soos met ons fees must fall betogings is ongekend in China: die weermag word ingestuur met n shoot to kill beleid.

Koos ·

En as ons Afrikaners eendag protesteer of in opstand kom, moet ons ook voor die voet doodgeskiet word?

pieter ·

ANC praat vd grondwet hulle verbreek dit elke flippen dag so gaan speel op die snelweg ANC

Jy is reg ·

Mnr Msimanga, mens moet weier kyk en met n vrot regering wat nie eens 1 grondwet reel kan gehoorsaam nie, moet mens maar jou appels in verskeie mandjies plaas.

BEN ·

Die ANC se kitaar het lankal nie meer snare nie. Nou het hulle weer iets – wat eintlik maar ‘n pot str*nt is- gekry om op te tokkel. Tokkel maar lekker op die een snaar want julle hele band het lankal sy agterstewe gesien. Min mense geniet ‘n one man band!

Jan ·

Ek lees nêrens wat die eksperte oor die grondwet, soos Proffe Wiechers, De Vos, emd, by die universiteite oor hierdie aangeleentheid te sê het nie. Waar is hulle? Die ANC kan mens nie glo nie, want hulle maak ‘n politieke kwessie daarvan om die DA in ‘n swak lig te stel, ook om te probeer beheer neem en die ander party te ‘ bestuur’.

Ampie ·

Nou wonder ek net: Msimanga het na sy verkiesing onmiddellik alle buitelandse trips afgestel, en hier vlieg meneer nou na Taiwan om “geleenthede” te ondersoek! Wat op aarde het Taiwan met Pretoria te doen? Plaas hy hom besig hou met probleme in Pretoria. Maar net soos die ANC kaders…

Jan ·

Hy is ‘n burgermeester , wat de hel gaan maak hy in Taiwan ? Mors belastingbetalers geld.

Ampie ·

Jan stem saam. My kommentaar hieroor het iewers verlore geraak. Hy het met groot fanfare aangekondig na sy verkiesing dat buitelandse uitstappies uit is: en nou neuk hy in Taiwan rond. Net soos sy ANC tjommies.

Johan R ·

Jan, lees weer die berig. Die burgemeester is deur Taiwan se burgemeester genooi, (geen belastingbetalers geld gebruik) plus hy het sy verlof dae gebruik

Manie ·

Daar staan hy is genooi deur Taipei. Nêrens staan daar dat hulle vir sy vlieg rit betaal het. Hierdie man sal dopgehou moet word. Ek het lankal gesê hulle (DA) is wolf in skaapsklere

Jan ·

Alhoewel die berig dit nie hier bo sê nie, berig die Engelse pers wel dat Samkelo Mgobozi, die woordvoerder van Msimanga, dit bevestig het dat die stardsraad nié vir die reis betaal het nie, maar dat Msimanga dit self finansier het.

Judy ·

Ja ek dink ook dit is politiese suur druiwe. Dit gister alreeds.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.