ANC kap na Trevor ná uitlatings oor Winnie-huis

Winnie Nomzamo Madikizela-Mandela by die ANC se 54ste nasionale konferensie in Desember 2017. Foto: Ayanda Ndamane/ANA

Die ANC in die Vrystaat het Maandag volgehou geen fondse is wanbestee in ʼn projek om die Brandfort-huis waarheen Winnie Madikizela-Mandela deur die apartheidsregering na ballingskap gestuur is in ʼn museum te omskep nie.

William Bulwane, provinsiale ANC-sekretaris, het tydens ʼn mediakonferensie gesê van die R3 miljoen wat vir die projek begroot is, is R200 000 gebruik vir die ontwerp van die museum, terwyl sowat R2,7 miljoen herlei is om die Weslyan-kerk, die geboorteplek van die ANC, op te knap vir die party se eeufeesvieringe in 2012.

Bulwane het uitgevaar teen Trevor Manuel, voormalige kabinetsminister, wat tydens ʼn gedenkdiens vir Madikizela-Mandela verlede week in Kaapstad vir Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, uitgedaag het om vir mense te sê waarheen die geld wat vir die projek begroot was gegaan het.

“Dit is sleg en roekeloos van Trevor Manuel om die gedenkdiens in ʼn politiese geveg te omskep en die sekretaris van korrupsie te beskuldig sonder bewyse. Dit is met opset en verdelend en ondermyn die gees van eenheid en vernuwing,” het Bulwane gesê. Bulwane het gevra dat die ANC vir Manuel dissiplineer.

Manuel het Donderdag by die gedenkdiens by die St. Georges-katedraal bevraagteken hoekom dit 11 jaar geneem het om die Brandfort-huis te herstel terwyl Magashule vinnig goedkeuring vir die omstrede suiwelplaasprojek in die Vrystaat gegee het.

“Hy stel ons nou in kennis dat dié geringe projek in die huis waarheen ons moeder na ballingskap gestuur is 11 jaar geneem het? Waar is die geld wat begroot is?” het Manuel gevra.

“Ons moet ons kinders en openbare amptenare daarheen kan neem en hulle herinner aan Madiba se woorde by sy inhuldiging toe hy gesê het: ‘nooit, nooit en nooit weer nie’. Ons moet dit by die naam noem en nee sê daarvoor en ons moet aandring dat die huis in Brandfort ʼn herinnering aan Mam’ Winnie se pyn en lyding moet wees.”

Bulwane het gesê mense moet fokus daarop om Madikizela-Mandela se lewe te herdenk en nie modder te gooi nie.

Hy het bygevoeg dat die departement van kuns en kultuur die projek oorgeneem het. Volgens hulle sal die projek teen Maart volgende jaar voltooi wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Oom Kalahari ·

Korrupte amptenare wat hul sakke vul, ANC binnegevegte en so gaan die stryd oor geld en Magdiewiele laat afkom. Die soustrein is besig om vol te loop en min spasie oor aanboord.

Willie Nel ·

Ai, die agbare? ? ANC tog. Hul eie kader verstaan nie dat sy kollega onberispelik en volgens toekenningsvereistes van die fondse opgetree het nie. Waarom vra hy tog bewys van fondse aangewend.

Oom Kalahari ·

Korrupte amptenare wat hul sakke vul, ANC binnegevegte en so gaan die stryd oor geld en Mag die wiele is besig om af te kom. Die soustrein is besig om vol te loop en min spasie oor aanboord. Trevor is reg om Magashule te bevraagteken na al die ongerymdhede waarin hy betokke raak die afgelope paar jaar. Wonder net by watter skool is die selfverrykings skema opleiding?

Eish ·

Lekker skeletklets die tweetjies.
Bulwane sê in geen onduidelike taal dat die fondse herlei is.
Laat my dink aan my kinderjare op Parys in die Vrystaat.
Daar het ons twee keer per week leibeurte gehad.
Water is uit die rooidam losgelaat en dit het gekronkel deur die sementvoorstelsel aan die kant van die dorpspaaie. Elke huis het n 30 minute leibeurt gehad. Dan het jy die water in die voor geblok met n sluis en in jou erf ingelei. Ons het n waterfiskaal gehad wat fietspatrollie gedoen het om te verseker elke ou hou by sy leibeurt.
Die Vrystaatse provinsiale regering het nou wraggies uit hul leibeurt water geblok en “herlei” na plekke waar dit nie veronderstel is om te loop nie.
“Herlei” die skeletklets vir wanaanwending.

Cherokee ·

Jy laat my nou terugverlang na kleinweesjare. Ek het op 700morg opgegroei.

snoefie ·

alweer ace magashule! oral waar daar n klankie is, was hy! n maand gelede het al “mam winnie” se “kindertjies”, julius malema ook, n myl gehardloop as hulle die oumens gewaar het. nou skielik is sy n heldin sonder weerga! tweegesigte!

Alida ·

Nou gaan daar seker nog miljoene spandeer word om die “projek” klaar te maak en die skelm se bankrekening kreun en kom skotvry daarvan af.

SjN ·

Die fondse wat daarvoor begroot was is toe eers op Ace geplaas.

alwyn burger ·

Die Vader van die Nasie is nie na sy dood so opgehemel soos die dame met haar duister geskiedenis nie.!!!!?

Alwyn Burger

Kaaiman ·

Ek is nogal ontnugter! Lyk my alles wat in die verlede oor haar geskryf en gerapporteer is, was toe allietyd fopnuus! Sy was toe al die tyd ‘n held sonder weerga! Selfs bleekvelle kom nou na vore om te getuig hoe groot held sy vir ons almal was! Eish!

Denise ·

Dit is walglik hoe hulle geld mors en ons moet net betaal !!!!

Denise ·

Dit is walglik hoe hulle geld mors en ons moet net betaal !!!! Trevor weet seker wat aangaan dit is hoekom hy hulle aanvat!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.